Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die ware verering van God en afgodediens

191 Ek sê: "Laat dit maar agterweë; want My tempel is oral, veral in die harte van die mense wat in My glo, My bo alles liefhet en My gebooie hou!

[2] Bekyk die aarde eers met alles wat sy dra en bevat, en ook die uitspansel! Dit is ook alles My tempel, wat Ekself gebou het; daarom het Ek geen tempel nodig wat deur mensehande gemaak is nie. Maar as jy glo dat Ek die Heer is, keer jou dan af van jou afgode en jou tempels, wat deur mensehande gemaak is! As die mense, wat die gode met hul hande gemaak het en toe tempels vir hulle gebou het, waar hulle offers bring en aan die mense wat ook offers bring, allerlei voordele belowe, nie eers soveel mag besit om ook maar die allereenvoudigste mosplantjie uit die aarde te laat groei nie - wat moet dan julle gode en tempels, wat deur hulle gemaak is, as mag besit?

[3] Die priesters besit wel `n slegte mag, naamlik die van bedrog en die mag om `n baie duister bygeloof in die gemoed van die mense op te wek; die mag is afkomstig van die owerste van die duiwels, wat weet hoe om langs sy geheime weë die harte van alle mense te verduister, om daarna sy ryk met hulle te verryk en te vergroot.

[4] Maar wee diegene wat wel weet dat dit wat hulle die mense leer, niks voorstel nie, maar nietemin die mense die duisternis inlei om hulle in die sweet van hulle aangesig vir hulle te laat werk en hulleself deur die offers wat hulle van hulle verlang, `n buitengewoon goeie wêreldse, moeitelose en sorgelose lewe te verskaf!

[5] Ek sê julle dat Ek My wel oor die arme, misleide mense sal ontferm, maar nooit oor diegene wat mislei nie; want dié weet wat hulle doen - maar die ander weet dit nie.

[6] Jyself het nog nooit ernstig in een van jou gode geglo nie, maar tog het jy ander mense gedwing om daarin te glo, wat jy al `n lang tyd as `n pure fabel van die oues beskou.

[7] As jy jouself van ondergang wil red, keer dan al jou gode die rug toe, onderrig die mense wat deur jou bedrieg is oor die een, ware God van die Judeërs; dan kan jy ook eenmaal deel hê aan My ryk, wat nie van hierdie wêreld is nie, maar van die geestelike wêreld aan die anderkant, waarvan jy geen kennis het nie!”

[8] Hierop sê die Apollopriester: “O Heer, Heer en God, dit sal moeilik vir ons word! Want die mense is nog te baie deurdring van die ou waan dat ons gode in alle realiteit bestaan; en as ons die teenoorgestelde gaan onderrig, sal ons die gevaar loop om deur die volk vervolg en mishandel te word.”

[9] Ek sê: “As julle self in My glo, sal daardie geloof julle die krag verleen om ook die onmoontlike maklik moontlik te maak!”

[10] Die Apollopriester sê: “Ons het nou gesien dat niks vir U wil onmoontlik is nie; as U wil, kan U ons afgodstempels in één oomblik vernietig. Ons is dan aan die volk geen verantwoording verskuldig nie en kan dan des te makliker aan die volk oor U begin te spreek. Want dit ontbreek hier nie aan getuies oor dit wat U is nie; ten eerste is ons opperstadsregter `n volkome geldige getuie, verder die herbergier en sy huispersoneel en ook die Judeërs daar.”

[11] Ek sê: “Dit sou wel kan gebeur - maar dit is beter as julle eers die volk by goeie geleenthede oor My onderrig en dat die volk dan self die tempels en die heilige bosse daaromheen aanpak, wat op sigself eerder `n dor struikgewas as vername heilige bosse is.”

[12] Daarop sê die Apollopriester: “Heer, Majesteit en God!”

[13] Na die uitroep sê Ek aan hom: “As jy met My spreek, noem My dan net Majesteit en Heer; maar noem My eers God, as jy in jouself besef wat die Godheid is. En nou kan jy verder spreek!”

[14] Toe sê die Apollopriester: “Maar hoe het al die gode ontstaan? Ek sal dit nie hê oor die klein gode, die bygode en halfgode, en netso min oor die vroulike godhede nie; maar die manlike godhede, wat sover ons herinnering reik, die oudste Egiptenare al vereer het, moet tog enige betekenis hê - want hierdie gode kan tog nie somaar uit die niet in die voorstellingsvermoë van die mense gekom het nie! U, o Majesteit en Heer, sal dit beslis geheel en al weet!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205