Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die nagevolge van die storm en die aardbewing

80 Toe ons onsself op die genoemde heuwel bevind, sien ons in die ooste, op `n afstand van enkele ure, op verskillende plekke rook uit die aarde opstyg, en hier en daar spring daar ook `n vlam op, maar slegs vir enkele oomblikke, en dit duur nie soos die rook voort nie.

[2] Ons kyk `n rukkie na die natuurlike skouspel.

[3] Toe ons so te sê versadig was om daarna te kyk, kom die kommandant na My toe en sê: “O Heer en Majesteit, kyk, die natuurgeeste het nog geen rus nie, en soos wat ek al herhaaldelik meegemaak het, duur die rook-en vuurverskynsels na so `n storm, soos wat ons dit vannag beleef het, dikwels nog verskeie dae en dikwels selfs enkele weke, en daarby voel mens van tyd tot tyd duidelike waarneembare trillings van die aarde, wat nou nie bepaald geskik is om `n swak menslike gemoed opgewek te stem nie. Waarom moet die nagevolge van `n groot storm eintlik so lank voortduur?”

[4] Ek sê: “Vriend, in Pella, waar jou eintlike verblyfplek is, het jy `n taamlike groot visvywer, wat jy vir baie geld laat aanlê het! As jy in die vywer goeie en gesonde vis wil kweek, moet jy van tyd tot tyd die modder daaruit laat haal. Daarvoor moet jy hom egter eers heeltemal laat leegloop. As die hoof afvoer van die vywer geopen word, stort die water aanvanklik ook met baie geweld uit die vywer deur die geopende afvoer; geleideliker stroom dit egter rustiger, en vir die einde sien jy die water slegs druppelsgewys uit die afvoer stroom, en nou kan jy met die reiniging van die vywer begin. Ja, waarom het jy by jou vywer eintlik nie so `n soort afwatering sisteem aangebring, dat by die oopmaak daarvan al die water van die vywer in één oomblik sou kan wegstroom nie?

[5] Kyk, vriend, alles in die wêreld gebeur binne `n bepaalde tydgebonde orde, waarsonder daar niks kan gebeur nie; en as daar hier en daar iets nie volkome binne die korrekte kronologiese volgorde gebeur nie, het dit steeds `n daarmee samehangende versteuring tot gevolg.

[6] Julle kortsigtige mense sorg by julle handelinge en werk vir `n bepaalde orde om met sekerheid die doel te bereik wat julle vir julleself gestel het, en julle sê dat vinnige en slordige werk nêrens goed voor is nie - sou God, die ewige Werkmeester van Sy groot werke, dalk minder wys en verstandig wees as julle mense? Laat alles dus maar gebeur soos wat dit gebeur, dit is wel goed so!”

[7] Daarmee stel die kommandant hom tevrede, en hy bedank My vir hierdie les.

[8] Ook die twee bure wat hierdie woorde van My met groot aandag aangehoor het, sê vir die herbergier: “Dit lyk wel of die Galileër nog baie wyser is as ons kommandant! Ons het weliswaar nie begryp waaroor dit eintlik gaan nie, maar soveel het vir ons wel duidelik geword, dat die kommandant, wat die een, enige ware God stellig goed ken, vind dat die lastige natuurverskynsel te lank duur; maar hierdie Galileër het hom met `n skitterende voorbeeld die orde getoon, wat God by al Sy handelinge steeds in ag neem, en waarom. En kyk, die kommandant bedank die wyse Galileër ten seerste vir hierdie les!

[9] Maar wat sal die Galileër nog meer wees? Want hoewel ons kommandant origens `n buitengewone goeie en opregte man is, sê hy nie maklik “meester en majesteit” vir iemand nie, en ook glad nie vir `n Judeër nie! Waarom bewys hy hom so `n hoë eer?”

[10] Die herbergier sê: “Dit begryp julle nou weliswaar nog nie; maar daar sal nou waarskynlik baie gou `n oomblik kom dat julle dit sal begryp.”

[11] Die woorde maak die twee bure van die herbergier nog baie nuuskieriger oor wie en wat Ek eintlik was. Maar hulle waag dit nie om die kommandant en nog minder vir My daarna te vra nie.

[12] Daar begin nou `n taamlike harde wind uit die ooste te waai, en dit duur nie lank nie, of ons kry die sterk na swawel en pik ruikende rook te verduur, en die kommandant, sy dogter en sy ondergeskiktes, asook enkele van My leerlinge, wat `n afkeer het aan die rook, vra My of Ek die wind wil gebied om die bose swawel- en pikdamp na `n ander kant te laat waai, waar geen mense was nie, en hulle vra of ons onsself andersins in die herberg kon terugtrek om nie hier te verstik nie.

[13] Ek sê: “Kyk maar net terug na die stad, dan sien jy `n menigte nuuskieriges ons toestroom om te kyk en te luister na wat ons hier doen! En vooraan loop die heidense priesters en ook die twee rabbi’s en enkele Jode, wat ons by ons aankoms teëgehou het; hulle stoot My meer af as hierdie uit die ooste waaiende swawel- en pikdamp.

[14] Daarom het Ek nou as’t ware die wind laat kom om ons die lastige bespieders van die lyf af te hou. Kyk maar hoe hulle al begin om om te draai om weer na die stad terug te gaan, omdat hulle bang is dat die saak nog erger sou kan word! Hulle sal hulleself merendeels na die stad en na hulle huise begewe, en dus het ons `n vryer speelruimte vir wat ons doen.”

[15] Daar staan rondom die heuwel egter ook enkele inwoners van die stad wat saam met ons die stad uitgegaan het, en die kommandant wil hulle deur `n onderoffisier flink duidelik laat maak dat hulle hulle ook na die stad moes terugtrek.

[16] Maar Ek sê vir die kommandant: “Dit is beter siele; hulle moet maar hier bly as getuies vir die ander!”

[17] Daarmee stem die kommandant ook in, en hulle wat onder rondom die heuwel plaasgeneem het, bly.

[18] Die twee bure van die herbergier staan steeds meer verstom en sê vir hom: “Luister eens vriend, dit is tog `n hoogs merkwaardige man! Hy wat in `n sekere sin die wind beveel om die onwelriekende damp uit die ooste hierheen te drywe, om die lastige, massas na ons toe stromende gaste terug te drywe; en toe die kommandant die mense wil wegstuur wat rondom die heuwel gaan sit en wat, volgens ons kennis, arm maar egter eerlike siele is, wil die man nie daarvan hoor nie, en die anders nooit so toegeeflike kommandant, gehoorsaam hom op sy woord!

[19] Ook ken hy al van ver die karakter van die mense, behou hy die goeies en dryf op wonderbaarlike wyse diegene weg, van wie ons ook weet dat hulle geen goeie mense is nie, wat behalwe aan hulleself, nog nooit aan iemand `n weldaad bewys het nie.

[20] Werklik, `n besondere man, die Galileër! Hy moet God wel baie beter en nader ken as ons origens baie wyse kommandant. Nou, ons is tog wel baie nuuskierig oor wat nog daaruit sal voortkom!”

[21] Die herbergier sê: “Dink aan wat die man julle in die stad buite die herberg gesê het, dan sal julle die punt, waar julle jul nou bevind, weldra beter en duideliker leer ken!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205