Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die woorde van die bure oor die mag van die Galileër

81 By hierdie geleentheid het almal, wat deur `n bose nuuskierigheid uit die stad na ons gedrywe was, hulle weer na die stad begewe.

[2] Toe die omgewing aldus gereinig was, beveel Ek die wind met `n luide stem, sodat hulle wat hulleself rondom die heuwel bevind het, dit goed kon verstaan, dat hy die swawel- en pikdampe nie meer na ons toe, maar van ons weg na die woestyne van die Eufraat moes dra.

[3] En onmiddellik draai die wind, sodat ons binne enkele oomblikke van die dampe bevry was.

[4] Toe die twee bure van die herbergier dit merk, sê hulle vir die herbergier: Nou is dit tog wel duidelik dat die man in baie innige verbinding moet staan met `n God en hom van Sy allerhoogste mag kan bedien, wanneer hy wil. Dit is nou bokant die minste twyfel verhewe; maar hoe, waar en waardeur kan `n mens tot so `n verbinding kom?

[5] Julle Judeërs het uiteindelik tog gelyk dat julle aan slegs één God glo; want die een God sal wel die enige ware wees, wat deur die mag van Sy alwyse wil alles geskape het wat ons met ons oë kan sien en met ons ander sintuie kan waarneem.

[6] Maar hoe gebeur dit tog dat julle Judeërs self so weinig moeite doen om die enige ware God van julle nader te leer ken en julle handelinge volgens Sy wil, wat tog aan julle bekend moet wees, sodanig in te rig dat ook julle met Hom in net so `n verbinding te staan kom soos hierdie baie te vereerde Galileër, wat ook `n Judeër is?

[7] As julle wel die weë ken om die onskatbare doel, `n skat der alle skatte, te bereik en julle tog nie inspan om dit julle eie te maak nie, maar die verganklike, dooie skatte van hierdie aarde dikwels nog meer najaag as ons blinde heidene, is julle baie beklaenswaardige dwase.

[8] Ons wil jou nie tot die reeks van Judeërs reken soos wat ons dit in ons stad het en maar al te goed ken nie - maar ook wil ons van jou weet ten aansien van jou enige ware, een God, of jy ook die nodige vertwyfeling het; want die beste aan jou was dat jy geen huigelaar was, net soos die ander van jou stam nie.

[9] Maar merkwaardig is dit wel van die ander Judeërs, en in die besonder van hulle priesters, wat doen en preek asof dit enkel van hulle sou afhang wat God sou mag doen - en tog is hulle net so min soos ons priesters in staat om iets tot stand te bring wat soos `n suiwer goddelike mag lyk.

[10] Dit, vriendelike buurman, is vir ons nou des te meer `n raaisel, omdat ons by hierdie Galileër self dit kan vasstel dat hy met die een, enige ware God in `n baie noue, innige verbinding moet staan, omdat die wind hom andersins nie sou gehoorsaam het soos `n soldaat sy veldheer nie!”

[11] Nou sê die herbergier: “Vriende, julle het volkome gelyk dat julle in jul verbasing oor die mag van God één stryk deur so praat en vrae stel oor ons Judese dwaasheid en blindheid; maar noudat ons met mekaar praat, swyg die ander wat oor die ware saak meer weet om te sê as ons, en dit is ook nie `n wyse handeling nie! Daarom sal ons `n ander keer oor al die dinge praat en nou die ander laat praat en handel.”

[12] Met die opmerking van die herbergier was die twee bure dit volkome mee eens en hulle vra verder niks meer nie, maar wag tot Ek iets sou sê of doen.

[13] Nou sê die kommandant vir My: “Heer en Majesteit, kyk, die mense daar onder rondom die heuwel weet nie wat hulle nou moet doen en wat hulle van U moet dink nie! Sou dit nie tyd wees om een van my mense na benede te stuur om hulle ietwat opheldering te gee nie?”

[14] Ek sê: “Laat dit nou nog maar! Ek sal eers nog `n teken doen, en daarna sal ons weer na die herberg gaan. Hierdie mense sal ook na hulle families in die stad terugkeer en met baie ywer vertel wat hulle gehoor en gesien het; daardeur sal hulle onder mekaar baie gaan nadink, soek en gis, en dan sal dit ook tyd wees om hulle geleidelik steeds meer te toon wie Die Een is aan wie die elemente gehoorsaam was.

[15] Maar nou wil Ek die baie bedekte oggend volkome helder maak en die natuurgeeste, wat hier en daar nog aktief is, tot rus bring; want tot nou toe het daar werklik voldoende bevry geraak.”

[16] Hierop beveel Ek die dampe op die aarde en die digte wolke in die lug om te verdwyn en die son te laat skyn en te straal.

[17] En onmiddellik gebeur wat Ek beveel het. Dit word dadelik `n baie mooi en sonnige oggend, en mense geniet tot in die wye omgewing `n stralende uitsig.

[18] Maar uit die splete en skeure in die aardbodem, wat in die nag ontstaan het, skiet hier en daar - weliswaar op `n taamlike afstand - nog steeds vlamme omhoog, wat ondanks die feit dat die oggend plotseling helder geword het, die verbaasde heidene benede aan die heuwel nie so goed beval nie.

[19] `n Halfuur later beveel Ek ook hierdie vuurgeeste om hulle geheel en al ter ruste te begewe; en hulle doof uit, en daar was, waarheen die mense ookal hulle blik geslaan het, geen vlam wat uit die aardbodem opskiet, meer te ontdek nie, nóg naby nóg in die verte. Ook die wind het gaan lê, en so ver die oog reik was die aardbodem heeltemal skoongevee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205