Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 234

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer getuig oor Homself en Sy sending

234 Ek sê aan die herbergier: “Jy het met jou oordeel wel heeltemal gelyk, maar jy moet ook bedink dat jy in die ander kamer Jerusalemmers as gaste het, van wie daar miskien één jou in die geheim afluister en jou vervolgens allerlei probleme en vervelende toestande sal besorg!”

[2] Die herbergier sê: “Beste, wonderbaarlike vriend, wees maar heeltemal nie besorg daaroor nie, want die meeste Jerusalemmers van stand en aansien ken my goed en weet baie goed dat `n Romeinse soldaat nie vir hulle bang is nie! Ek het hulle al baie ander waarhede in die gesig geslinger, en dit moes hulle in hulle sak steek, omdat hulle goed geweet het met wie hulle in my te doen het. Ek sal dus ook vir hierdie twintig Jode geen vrees toon nie, want ek het nog my swaard, waarmee ek dit sal aandurf om `n honderd van hierdie Jerusalemse lafaards ylings op die vlug te jaag!”

[3] Ek sê: “Ek ken die opregtheid, regverdigheid en moed van die Romeine goed, netsoos die valsheid van die Jode, wat al byna tot die onbegrensde reik, veral van die tempeldienare in Jerusalem - maar tog bly hierdie die uitverkore volk van die enig ware God, in wie ook julle Romeine glo, aangesien julle vir hierdie enig ware God `n tempel gebou en dit die naam gegee het: Die tempel van die onbekende God. Tog bly, soos gesê, die Judese volk die volk van God, wat die enig ware God al vanaf die allereerste begin van die mensdom van hierdie aarde uitverkies het.

[4] Maar Ek sê vir jou ook dat hierdie titel weldra van die volk afgeneem sal word en aan julle heidene gegee sal word. Dié volk, wat hulle nou so groot en hoogmoedig gedra, sal oor die hele wêreld verstrooi word, en hulle sal tot aan die einde van die tye geen land en geen koning uit hulle stam besit nie.

[5] Ek weet dat die volk My bo alles haat en vervolg, en tog sal Ek na Jerusalem moet gaan en My nie meer kan en wil onttrek aan hul groot haat en woede teen My nie; en die offer wat deur My gebring word, sal vir alle mense van die aarde die poort na die ryk van God open.

[6] Tot nou word geheers deur die wet, wat te alle tye aan die mens gegee is, nog altyd die ou dood en die sonde, waardeur die dood in die wêreld gekom het; maar na My offer sal die lewe heers deur die volle vryheid van die geloof, deur die leer van Hom, wat geoffer word.

[7] Iedereen wat die waarheid soek, sal dit maklik en verseker vind, en sal daardeur die volkome vrye, ewige lewe in hom hê.

[8] Ek is een van die eerstes wat hierdie leer in die wêreld gebring het. Ek het na Myne toe gekom, maar hulle het My nie herken en het My nie opgeneem nie, maar hulle vervolg My oral in die hele land - daarom sal Ek My aangesig ook van hulle afwend en dit na julle heidene keer.

[9] Jy is `n heiden en Ek is `n Judeër - en tog het Ek met My hele skare leerlinge by jou My intrek geneem. En soos jy weet, het Ek net goed aan jou gedoen, en wat Ek vir jou gedoen het, het Ek al vir vele van jou stam gedoen en sal dit voortaan tot aan die einde van die tye doen!”

[10] Daarop sê die herbergier: “Uit U woorde, wonderbaarlike Heer, waai `n besondere gees, en ek het die indruk dat U veel meer is as somaar `n profeet van die Judese volk, oor wie ek ook al baie groot dinge gelees het! Ook hierdie profete het meer of minder wonders gedoen; maar van die soort soos wat U dit gedoen het, het ek nog nooit iets gehoor nie. Ook het hulle nie U woord gehad nie, want soos wat U praat, het nie een van hulle gepraat nie. Die twee grootstes van die ou Judese profete was onteenseglik Moses en Elia. Vanuit die Gees van God wat in hulle was, het hulle `n groot leer onder die mense in hierdie wêreld gebring en het ook tekens gedoen wat groot was; maar vergeleke met U, lyk hulle tog maar net na baie klein mense, wat aan hulle medemense gegee het, wat hulle self ontvang het.

[11] By U skyn dit egter heel anders te wees; want U spreek as te ware vanuit Uself en handel vanuit geheel eie krag en mag wat in U woon. Die ander profete moes vra om die woord en om die mag waarmee hulle dade kon verrig - U hoef nie te vra nie, maar handel soos `n Heer, wat aan niemand hoef te vra of `n hoër goddelike wese hom die woord wil ingee en hom wil versterk om dade te doen nie.

[12] Kyk, wonderbaarlike Heer, ek as heel ervare, ou Romeinse soldaat het dit by U opgemerk, en ek dink dat ek my, in my oordeel oor U, nie in die minste vergis het nie; ek sou daarom graag uit U mond self wil hoor wat U oor Uself sê!”

[13] Ek sê: “My beste vriend, daarvoor is die dag van môre bedoel; dan sal jy My van naderby leer ken, netsoos ook jou bure! Vandag wil Ek, wat dit betref, niks sê nie, vanweë die fariseërs en ander Jode, wat in die gastekamer hier langsaan aanwesig is en hul buike, wat eintlik hul gode is, volprop met brood, wyn en ander voedsel; want geeneen van hulle glo meer in die enig ware God van Abraham, Isak en Jakob nie, en omdat hulle nie in Hom glo nie, glo hulle ook nie aan Moses en die profete nie, en in My nog veel minder! Daarom doen ons daar nou die beste aan om nog ietwat wyn, brood en vleis te neem, elkeen volgens behoefte, en as ons tussendeur bietjie praat, laat ons dan oor verskillende ander dinge praat en dit wat My betref, vir vandag laat rus!”

[14] Daarmee was die herbergier dit eens en hy vul ons bekers met wyn, en ons neem daarop weer bietjie brood en vleis en drink die wyn daarby.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205