|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 17
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
RafaEl verklaar sy mag
17 Die geselskap, waarby ook ons Ebal, Kisjona en Philopold nog steeds was, bly saam met RafaEl, wat ook by hulle aan tafel gebly het, byna tot die oggend. My Jakobus die Oue was daarby die meeste aan die woord, omdat hy My al vanaf My geboorte goed geken het en steeds die meeste in My omgewing was. RafaEl verklaar weer, wat vir die ander raaiselagtig skyn te wees.
[2] Teen die oggend vra die kommandant aan RafaEl: “Noudat ons al soveel heerlike en grootse dinge uit jou mond gehoor het, wil jy miskien vir ons drie Romeine, so goed wees om uit te lê wat se wese jy eintlik is, en wat die stof was, waaruit jy die dinge van die sigbare hemel so meer as pragtig vir ons gekonstrueer het, met al die ontelbare dinge wat hulle daarop bevind!”
[3] RafaEl sê: “In die eerste plek is ek in alle opsigte `n mens soos wat jy is, maar wel met die belangrike verskil dat ek die liggaam, wat jy nou kan sien, in my suiwer geestelike wese kan verander, en dat ek as mens van vlees en bloed reeds byna vierduisend jaar gelede, nog voor die sondvloed van Noag, in troue oorgawe aan God gedurende baie jare op hierdie aarde geleef en gehandel het.
[4] Nou is ek egter `n burger van die hemele van God en vir ewig Sy dienaar en kneg. My mag is God se mag; daarom kan ek alles doen wat die Gees in my wil. As jy dit nou weet, sal jy ook goed weet van welke stof ek die dinge van die sigbare hemel vir julle gemaak het.
[5] Daar is geen ander stof in die hele oneindigheid as alleen die wil van God nie. Alles wat jy sien, hoor, voel en deur een of ander sintuig waarneem, is gedagtes van God, en as Hy dit wil, bestaan hulle ook dadelik.
[6] Wat God as die oerewige Gees in Homself en deur Homself in staat is om te doen, kan die Gees van God ook in die mens doen. Want God Self is in Homself die suiwerste liefde, dus in Homself ook die suiwerste lewensvuur, sodoende ook die suiwerste en helderste lig en derhalwe in Homself die hoogste Wysheid en daardeur ook die hoogste alom werksame Mag en Krag.
[7] Die volmaakte wyse orde van hierdie hoogste Mag en Krag is die ewige wet, waarna alle dinge hulle moet rig. Hierdie wet heers ook oor die liggaam van die mens; maar aan die siel van die mens is `n vrye wil gegee en die wet is aan haar geopenbaar, sodat sy dit in haar sal opneem en haar wil daarvolgens rig, daarvolgens leef en handel, om so die volledige gelykenis met God te bereik, wat haar bestemming is.
[8] Aan die siel is egter in hierdie wêreld, wat tot haar ontwikkeling dien, slegs `n baie klein deel uit die wet van die goddelike orde toevertrou om in ag te neem; as julle in die klein deeltjie getrou is, sal julle ook oor groter dinge gestel word - maar nie voordat julle in die toepassing van die kleine, haar geopenbaarde deel van die wet van die orde so `n groot vaardigheid verkry het, dat dit haar volledig eie en as’t ware aangebore is. Want anders kan sy in haarself immers ook nie tot die innerlike bewussyn van haar vrye selfstandigheid kom en derhalwe ook nie werklik waarneem wat die goddelike wil alles in haar en deur haar in staat is om te doen nie.
[9] Waartoe ek, wat ook maar `n mens is, deur die volle mag van die goddelike wil in staat is, daarvan hoef ek julle geen verdere bewys te gee nie. As jy `n groot vaardigheid wil bereik om die goddelike wil op te volg, wat jy hier volkome leer ken het, en ook om jouself volkome te verloën in alle dinge van die wêreld wat jou bekoor, sal jy in jouself ook gewaar word wat se mag jou siel verkry het.
[10] Maar vir alles geld: Oefening baar kuns; as die mens te min oefen, bly hy `n ewige knoeier en kan hy vir niks groots en buitengewoon gebruik word nie. Of sou jy as Romeinse kommandant, wat goed deurknie is in die krygskunde, aan iemand `n belangrike amp toevertrou, voordat jy jou daarvan oortuig het dat hy alle kennis besit wat vir die amp vereis is?
[11] God hoef die mens nie op allerlei maniere te toets en op die proef te stel om Hom te oortuig of hy al bekwaam is vir `n groot en belangrike amp nie; want Hy weet altyd baie duidelik hoever `n siel dit in haar innerlike lewensvoleinding gebring het. Maar laat die siel haarself ondersoek, in hoeverre sy gevorderd is in alle selfverloëning wat die bekoorlikhede van hierdie wêreld betref, in hoeverre sy geheel en al één geword het met die verkose en metterdaad die opgevolgde wil van God en of sy nog `n knoeier is of miskien al `n meester - en dan sal JaHWeH God nie aarsel om die mag van Sy wil in haar kenbaar te maak nie.
[12] Kyk net na die verskillende leerlinge van die Heer! As hulle iets sou wil doen vanuit die wil van die Heer, wat in hulle al baie magtig geword het, sou die een of die ander van hulle ook in staat wees om iets te doen wat vir jou vas en seker nie minder wonderbaarlik sou voorkom as dit wat ek by julle gedoen het nie; maar hulle egte liefde vir die Heer en hulle ware deemoed teenoor Hom sê hulle: “O, hoe is ons nie nog swak leerlinge nie, vergeleke met U!” En daarom wag hulle nog tot die Heer hulle sal sê: “Gaan nou die wêreld in, onderrig alle mense in My wil en doen werke in My Naam!” Dan sal julle, waar dit nodig is, ook dieselfde tekens doen as wat die Heer nou Self doen, en ook ek van tyd tot tyd doen deur die wil van die Heer in my.
[13] Die mag van die goddelike wil word vir die mens egter nie ingegiet, soos wat die melk byvoorbeeld by `n kind is nie, maar hy moet dit self met sy eie wilskrag, wat by elke mens volkome vry is, as’t ware met geweld na hom toe trek.
[14] Dat dit so is en nie anders nie, blyk duidelik uit die feit dat die Heer Self, vir wie alle dinge tog moontlik is, Sy leerlinge onderrig, hulle na Hom toe trek en hulle laat sien wat hulle moet doen om hulle Sy wil tot hulle eie wil te maak, wat as vir ewig aan hulself toebehoort.
[15] Wat die, deur die Heer Self uitverkose leerlinge moet doen om in hulleself volledig na God te lyk, moet ook elke ander mens doen, as hy die mag van die goddelike wil in sy siel wil verkry.
[16] Ek het jou nou baie duidelik getoon uit welke stof ek die dinge van die sigbare hemel vir julle gevorm het; maar sorg julle nou dat julle mettertyd word wat ek nou is. Die “hoe” het ek julle getoon. - En nou kan julle nog vir `n kort tydjie julle liggame rus gaan gee; want die oggend sal nie lank meer op hom laat wag nie!”
[17] Na hierdie woorde van RafaEl staan die drie Romeine op, bedank RafaEl vir hierdie les en gaan vol goeie voornemens na die huis, waar hulle alles in die gewenste orde aantref; maar al drie rus weinig, omdat hulle in die gees van hulle natuurlike verstand nog te besig was en nie geweet het hoe hulle dit moes aanwend om hulle wêreldse amp te verenig met dit wat hulle van My en ook van RafaEl as My wil verneem het nie.
[18] Onder baie heen-en-weer gepraat word dit vol oggend, en die kommandant moes die soldate bevele gee vir hierdie dag. Die soldate verwonder hulle in stilte oor die feit dat die kommandant, wat anders meer as streng was, vandag alleen maar baie sagmoedig en mensvriendelike bevele uitdeel, en hulle dink dat daar iets baie besonders moes gebeur het. Maar hulle laat natuurlik wyslik nie merk dat die sagmoedigheid van die kommandant hulle opgeval het nie; want hulle het immers ook eerder `n maklike diens as `n sware.
|
|
|
|
|