|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 143
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer in die arm herberg van die basaltstad
143 Daarna reis ons rustig verder, bereik die stad nog `n uur voor sonsondergang en word daar deur `n ortodokse Judeër, wat hier `n herberg besit, vriendelik ontvang; ons kry dadelik brood en bietjie wyn, wat die inwoners van hierdie stad geweet het om self uit in die wild groeiende wyndruiwe te berei en wat ook baie geskik was om die dors te les.
[2] Die herbergier merk wel aan enkele leerlinge dat die wyn vir hulle nie so goed smaak nie, en daarom sê hy ook: “My beste vriende, ek sien wel dat ons wyn nie al te goed vir julle smaak nie; maar tog kan ek julle geen ander aanbied as die nie, welke ons skrale streek voortbring. Om beter wyn hierheen te laat bring, ontbreek die middele ons, en daarom dank ons die Heer dat Hy ons sulke wyn gegee het, waarmee ons op hete dae ons dors beter kan les as die mense in die groot stede, wat die beste wyn alleen drink om hulle verwende verhemeltes `n groot genoeë te doen. Ons leef hier in hierdie stad, wat baie ver van Jerusalem lê, nie op die manier van die wellustige veelvrate nie, maar op die manier van arm herders, en daarby is ons gesonder en meer tevrede as die rykes in die groot wêreldse stede, wat die hele dag sit te bedink hoe hulle die oorvloedigste kan swelg, maar geen tyd het om aan God te dink en Hom alleen die eer te gee nie. Drink ons wyn dus maar; sy sal julle egter nie skade doen nie!”
[3] Toe die leerlinge dit van ons herbergier hoor, loof hulle sy gelowige trou aan God, eet toe met graagte die koringbrood en drink met veel genoeë die wyn, wat natuurlik `n bietjie suur was.
[4] Toe ons onsself aldus spoedig versterk het, vra die herbergier ons of ons miskien handelaars was uit die een of ander streek, waarmee ons handel dryf en hoe lank ons van plan was om hier vanweë sake te bly.
[5] Ek sê: “Vriend, ons is inderdaad `n soort handelaar, maar ons handel in ware wat jy nou nie met jou oë kan sien nie, vandaar dat jy sou kan dink dat Ek `n grappie maak; tog is dit nie so nie, maar dit is werklik soos wat Ek vir jou gesê het!
[6] My ware is werklik onsigbaar en het tog die hoogste waarde vir ieder mens wat die ware met `n gelowige hart en suiwer wil van My wil aanneem.
[7] Maar sodat jy kan sien waaruit My onsigbare ware bestaan, moet jy nou die een seun van jou, wat blind en lam is, na My toe bring, dan sal Ek hom in `n enkele oomblik siende en reg van ledemate maak!”
[8] Toe die herbergier dit van My gehoor het, sê hy: “Dan is U dus `n Heiland, en die gesond maak van siekes is U onsigbare ware? Ja, as dit die geval is met U en U metgeselle, sal U by ons seker uitstekende sake doen; want by ons is daar geen gebrek aan allerlei siekes, wat nie deur ons artse gehelp kan word nie. Ek sal my blinde en lam seun onmiddellik self hierheen bring!”
[9] Daarop gaan die herbergier sy seun haal en sit hom voor My neer.
[10] Toe hy hom op `n bed voor My bevind, vra Ek hom of hy siende en nie meer verlam sou wil wees nie.
[11] Die seun sê: “Heer, as U dit kan - waaraan ek nie twyfel nie - bewys my dan die barmhartigheid!”
[12] Ek sê: “Dan wil Ek, dat jy op die oomblik siende en reg word!”
[13] Sodra Ek dit gesê het was die seun ook al siende en wat sy liggaam betref, heeltemal reg.
[14] Die herbergier slaan sy hande voor sy bors en sê: “Nee, dit is geen gewone manier van genees nie! U moes dit deur die Gees van JaHWeH gedoen het, en U moet derhalwe `n groot Profeet wees.”
[15] Daarop spreek die geneesde seun, wat goed tuis was in die Skrif en veral in die profete: “Vader, vir sover ek weet het die profete, wat ook van tyd tot tyd wonders gedoen het, nooit gesê: “Ek wil, dat dit of dat gebeur nie!”, maar altyd: “JaHWeH sê, en dit is Sy wil dat dit of dat gebeur en sal plaasvind, as die volk Israel hulle nie van hulle sondes sal afkeer nie!”. Maar hierdie Heiland het gesê: “Ek wil dat jy siende en reg word!”, en kyk, in één oomblik het ek siende en reg geword in al my ledemate, waarvan die verlamming my al verskeie jare en vir `n deel ook al van kindsbeen af aan gekwel het!
[16] As hierdie Heiland dit alles deur die mag van Sy woord en wil tot stand kan bring, moet Hy onteenseglik meer wees as `n profeet.
[17] Die wonder wat hy nou gedoen het, laat my sterk dink aan die betekenisvolle woord van `n profeet, wat uit die Gees van JaHWeH die volgende gesê het: “Wanneer die groot Held, die Leeu van Juda, die Koning van die konings, die Heer aller leërskare in hierdie wêreld sal kom, sal die blindes siende word, die dowes hoor, die krommes regop, en die verlamdes sal rondspring soos herte, en dit sal Hy alles doen vanuit Sy mag en Hy sal `n ryk vestig, waaraan geen einde sal kom nie.”
[18] Wel nou, dit kom heeltemal ooreen met die manier van handel en spreek van hierdie Wonderheiland, en ek dink dat ek my nie vergis as ek beweer, dat in Hom die so gereeld beloofde en deur alle ware Judeërs met vurige verlange verwagte Verlosser skuilhou nie.
[19] Reeds Sy eerste woorde, wat Hy tot my gerig het toe ek nog blind en verlam te bed gelê het, het my so opgewek, dat ek nie meer daaraan kon twyfel dat Hy my sou genees nie, en so twyfel ek nou ook nie meer daaraan dat Hy die Beloofde is nie; en omdat Hy na ons toe gekom het, het ons huis en daarmee ook hierdie hele plek `n groot heil ten deel geval. Die tyd sal leer of ek my vergis het.”
[20] Die herbergier, die vader van die geneesde, sê: “My seun, jy sou wel eens baie gelyk kan hê; want ook ek het stil in myself op die gedagte gekom! Maar laat ons nie al te vinnig oordeel nie; want hierdie goeie Wonderheiland sal verseker wel bereid wees om ons volgens waarheid meer uitsluitsel oor Homself te gee!”
[21] Ek sê: “Dit sal Ek ook doen, en dan sal julle jul baie daaroor verheug. Maar, herbergier, gaan eers in jou voorraadkamer kyk of jy nog `n paar visse in voorraad het! Die moet jy op julle manier laat voorberei en hulle vir ons op tafel sit; en jy en jou seun sal julle ook daarmee versadig!”
[22] Toe die herbergier die wens van My hoor, word hy heel verdrietig en sê: “O wonderbaarlike Heiland! Daarsonder moes ons dit al baie lank doen; want van hier na die Meer van Galilea is dit te ver, netsoos na die rivier Jordaan, en nie minder na die Eufraat nie. Ons twee klein strome, waarvan ons die water in `n vywer versamel vir ons huisdiere, is nie geskik om visse in te hou nie, en so het ons in hierdie stad eerlik gesê, geen enkele vis nie.
[23] In vroeër tye moes hulle in die omgewing van hierdie stad wel `n paar baie groot vywers met soet water gehad het, wat baie ryk aan vis was. Maar as gevolg van herhaaldelike aardbewings, waardeur hierdie streek elke jaar getref word, het die vywers hulle water en daarmee ook hulle visse kwytgeraak, en daarom het ons hier in die wye omtrek geen visse nie en sal ek nou dus nie aan U wens kan voldoen nie.”
[24] Ek sê: “Maar op die groot binneplaas van jou huis het jy tog `n bron wat soet water bevat, en daarnaas `n behoorlike groot vywer, wat in die klipperige bodem uitgekap is en die water goed vashou. Waarom teel julle geen visse daarin nie?”
[25] Die herbergier sê: “Dat U in my huishouding van alles op die hoogte is, het ek al afgelei uit die feit dat U dadelik, toe U my huis binnekom, van die siekte van my seun geweet het; en so is dit ook met die bron en die klipvywer, wat baie verseker `n groot hoeveelheid vis sou kan bevat. Maar waar moet ek die visse vandaan kry om in die vywer te sit? In alle rigtings is dit te ver om lewende en volkome gesonde, vars visse hierheen te bring en hulle in die vywer te plaas om hulle verder te kweek. Omdat dit duidelik vergeefse moeite sou wees, het my vywer dan ook die hele tyd sonder vis gebly - en om verstaanbare redes my voorraadkamer dus ook!”
[26] Ek sê: “As jy kan glo, gaan dan tog maar net na jou voorraadkamer kyk, dan sal julle daar sekerlik soveel visse vind wat reeds geslag en skoongemaak is, dat daar voldoende sal wees vir vanaand; en voortaan sal jou vywer steeds `n goeie hoeveelheid edel visse besit!”
[27] Hierop sit die herbergier heel verbaas groot oë op, en hy gaan kyk hoe dit met die visse staan.
|
|
|
|
|