Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die middagmaal en die afskeid van die Heer

69 Almal bedank My vir hierdie les, en die burgemeester staan op van die tafel om weg te gaan, omdat hy sien dat die oudste sy personeel opdrag gee om die middagete op die tafel te plaas. Maar Ek vra hom om te bly en saam met ons die middagmaal te gebruik; en hy bly en eet saam met ons.

[2] Toe hy die edel visse sien, vra hy aan die kommandant of hierdie Judeërs die vis miskien uit Genésaret of Gadara verkry het, en wanneer.

[3] Maar die kommandant sê: “Vriend, ek het dit nie gedoen nie, maar enkel en alleen die Heer, vir wie - waarvan jy jou vandag al voldoende kon oortuig - alles moontlik is - en so is hierdie vis ook `n teken van Sy goddelike mag en heerlikheid! Eet jy, en versterk jou daarmee na jou liggaam en in die hart van jou siel!”

[4] Hierop neem die burgemeester `n vis en eet hom dadelik op, aangesien dit buitengewoon goed smaak; maar hy neem geen tweede meer nie, omdat hy deur die een vis al volkome versterk voel.

[5] Tydens die maaltyd word daar nog baie oor die verskynsels en dinge in die natuurlike wêreld gespreek, en die burgemeester beleef groot vreugde daaraan.

[6] Die gesprek kom ook op drome, en Ek Self verklaar hulle die innerlike wêreld van die drome en toon hulle daarby die goddelike, skeppende krag wat in die siel nog nie ontplooi is nie en deur trou te handel volgens My leer haar hoogste ontwikkeling en volmaaktheid kan bereik.

[7] Dit verheug ook die Griek, net so ook die kommandant, en hy sê: “O, die mense weet met al sy dinge tog absoluut niks, en wat stel hulle tog niks voor vergeleke by U, o Heer en Leraar!”

[8] Ek sê: “Daarom het Ek na julle toe in hierdie wêreld gekom, om julle die weg te toon waarlangs julle al voortwandelend die volmaaktheid in alle dinge sal bereik, wat Ek onveranderlik en van ewigheid af aan besit. Ek is alles in alles, en alles is in My en uit My! En so sal ook julle as My kinders met My wees!

[9] Ek sê vir julle: Geen oog het ooit gesien, geen oor gehoor en in geen menslike gedagte het ooit opgekom watter salighede daar berei is vir hulle wat My liefhet en My gebooie getrou onderhou nie! Wees dus nugter, ywerig in al die goeie en ware en werksaam met alle liefde en geduld, sodat My Gees in julle sal ontwaak en opstaan en julle in die helderste lig die innerlike goddelike wêreld in die hart van julle siel sal toon; want daarin lê vir die uiterlike mens onontdekte salige oneindighede verborge, en niemand behalwe Ek ken die weg daarheen nie! Maar Ek het julle die weg getoon; volg dit dus, sodat julle die goddelike wêreld in julleself mag bereik!”

[10] Na die woorde van My sê die Griek: “Dit is wel `n baie diep innerlike wysheid; maar ek het dit nie heeltemal begryp nie, omdat ek in alles nog `n mens is wat op die uiterlike dinge gerig is. Ek sal daarom probeer om die uiterlike mens geleidelik aan heeltemal uit te trek, om sodoende die innerlike mens steeds beter te kan begryp. O Heer, Leraar, wees en bly my behulpsaam met die moeilike werk! Want slegs met U hulp kan die arme, op sigself swakke mense, alles bereik, maar sonder die hulp ewig niks anders as die dood nie, wat elke mens eenmaal sal moet ondergaan - `n lot wat hom werklik nie daarvoor leen om `n dieper denkende mens opgewek en bly te stem nie, en daarom het niemand ons ook ooit - aanhangers van Diogenes, - met `n bly gesig sien rondloop nie.

[11] Maar vanaf die oomblik, noudat ek die Skepper en Heer van die lewe en van alle dinge Self gesien en gespreek het en uit Sy mond oortuigend verneem het dat daar vir die mense geen dood bestaan nie, het ek ook baie bly geword in my hart. O Heer, hou my in hierdie blyheid; want `n treurige mens kan geen plesier hê in `n goeie werk nie!”

[12] Ek sê: “As jy jou aandeel doen, sal Ek ook Myne doen! Maar verlang nie teveel lewensblyheid nie, solank julle nog in die vlees is; want daardeur verdwaal die siel maklik in die wêreldse en materiële en vind die korrekte weg na die lewe baie moeilik in die regte volmaaktheid.

[13] Verdra vreugde en ly met die regte geduld en in volle oorgawe aan My wil, dan sal jy later in My ryk met die kroon van die lewe getooi word!

[14] Maar nou het My tyd ook vir hierdie plek gekom, en Ek sal julle nou verlaat en My na `n ander plek begewe, waar ook baie dooies is wat Ek tot lewe wil wek. En vir jou, kommandant, staan dit nou vry om My na Golan te vergesel.”

[15] Die kommandant sê: “O Heer en Majesteit, ek sou U nog wel verder wil vergesel as U dit goedvind, want in hierdie herfstyd het ek, wat my werk aanbetref, nou ook die tyd daarvoor; maar na die plekke wat onder my bevel staan, vergesel ek U in elk geval, omdat ek dit tog in oënskou moet gaan neem. My onderoffisiere gaan derhalwe ook saam, net soos my dogter, en ons kan dus goed op pad wees!”

[16] Nou kom ook die Judeërs van die huis, wat My diep ontroerd bedank vir die wonderbaarlike barmhartigheid wat Ek hulle die bewys het, en hulle vra My of Ek hulle ook verder nie sal verlaat met My hulp by een of ander nood nie.

[17] Ek beloof hulle dat Ek in die gees by hulle sou bly, as hulle in My leer sou bly; die kommandant beloof hulle dat hy hulle ook sou beskerm, en ook die burgemeester doen dit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205