Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die visvywer van die herbergier

135 Hierdie dag, dadelik na die vertrek van die uitgestuurde leerlinge, loop Ek saam met die drie leerlinge en die inwoners van die dorp oor hulle stukkie grond, wat hulle as hulle, deur die Romeinse vasgestel, eiendom mag beskou en waarvoor hulle aan Herodus, wat ook hier leenvors oor die Judeërs was, geen tribuut hoef te betaal nie.

[2] Terwyl ons op ons gemak en maklik twee uur in die stukkie land rondloop, sê die herbergier aan My: “Majesteit en Heer, kyk, die uitgestrekte land buite die grense van ons grondbesit, wat baie woes is en vir sover ons weet, ure in die omtrek geen eienaar het nie, lewer geen mens ook maar die minste voordeel op nie! As ons dit met ons vlyt mettertyd buite ons grense in bewerking sou bring en gebruik, sou ons dan `n fout daarmee begaan?”

[3] Ek sê: “Nie in die minste nie! Wat julle deur julle vlyt in bewerking bring, kan julle ook gebruik, en geen mens sal julle daarvoor ter verantwoording roep nie. Maar dit sal julle veel inspanning en werk kos, en julle sal van die kaal klippe `n skraal oes haal.

[4] Maar Ek sal ook in die opsig nog iets vir julle doen; maar wees voorlopig tevrede met wat Ek vir julle geseën het!

[5] Binnekort al sal daar `n groot aantal reisigers by julle aankom en sal julle heel welvarend maak, en dan sal julle die grondjie tot ver verby die huidige grense daarvan vrugbaar kan maak, en julle nakomelinge sal daar die nodige voeding vind; maar dink voorlopig nog nie al te veel daaraan nie!

[6] Met die antwoord was almal tevrede, en ons begeef ons na die reeds bekende klein visvywer. Daarin wemel dit van die visse, waarmee alle inwoners bly was, hoewel die vywer die eiendom was van die herbergier; want alhoewel alle inwoners van die dorp `n soort kommune gevorm het en `n gemeenskaplike lewe gelei het, was hulle stukke grond tog volgens die wette van Rome gemerk en het elkeen sy presies uitgemete deel gehad.

[7] Die visvywer en ook die bron behoort tot die stuk grond van die herbergier. Die water was weliswaar bestem vir gebruik deur die hele dorp, maar die klein vywer nie, en dus ook nie die visse wat daarin swem nie. Hierdie vywer het hom natuurlik slegs selde in `n voorraad verheug, maar hierdie keer was daar `n groot voorraad in.

[8] Daarom sê Ek by die vywer: “Omdat alleen deur My mag, en wil ten eerste die groot hoeveelheid vis in die Meer van Galilea gevang is, en ten tweede volkome vars en gesond in die sakke hierheen gebring is, en ten derde omdat hierdie visse in hierdie vywer hul voortdurend ryklik sal vermeerder, in stand sal bly en die hele dorp ryklik kan voorsien, sal van nou af aan ieder huis die reg hê om soveel visse uit hierdie vywer te haal soos wat redelikerwys benodig word. Maar omdat die visse mettertyd, as hulle hul sterk gaan vermeerder, ook voldoende ruimte sal moet hê, sal ons hierdie vywer tot die korrekte en passende afmetings vergroot!”

[9] Ek het hierdie woorde nog maar nouliks uitgespreek, of daar het die voorheen baie klein vywer al die passende afmetings, en alle inwoners prys My en loof God se mag in My.

[10] Van die vywer keer ons weer terug na die herberg, omdat dit al namiddag geword het, en ons praat met mekaar oor baie dinge en omstandighede in die lewe van die mense op hierdie aarde, neem intussen ook `n klein middagmaal tot ons en begeef ons daarna weer na buite, waar dit veral op die bekende heuwel baie goed was om te rus.

[11] Op hierdie heuwel rus ons byna drie uur lank.

[12] Toe die son byna ondergegaan het, ontdek die herbergier dat daar op die weg vanaf Betsaida enkele mense die klein dorp nader, wat elke oomblik bly staan en die omgewing bekyk en nie wis wat aangaan nie. Maar hulle gaan tog na die dorp en herken dit aan die welbekende agterlike huise. Hulle bereik nou die herberg en vra na die herbergier.

[13] Toe die herbergier dit van My hoor, vra hy My wat hy nou moes doen; want hy sou met duisend vrae lastig geval word, en hy wis nie wat hy hulle ten antwoord moes gee nie.

[14] Ek sê: “Gaan nou maar na benede na hulle toe, en omdat dit Judeërs is wat jy goed ken, kan jy hulle wel sê wat se tyd dit nou is en wat daar nou alles in die wêreld gebeur het; daarna sal Ek met My drie leerlinge na die huis kom en met die drie mense spreek!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205