Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Ter bestryding van die bygeloof verklaar die Heer die kosmos

129 (Die Heer:) “Kyk, `n klein verkeerde opvatting oor die dinge van hierdie wêreld, dit wil sê van hierdie aarde, asook van die verskillende sterre aan die hemel, het noodgedwonge ook baie gou `n groot aantal ander dwalings en onwaarhede tot gevolg!

[2] As julle self nie weer ten prooi wil val aan die ou dwalings en allerlei duister bygeloof van die aanduiding van tekens op hierdie aarde en dit van die valse sieners nie, wat die lot van die mense uit die sterre lees, moet julle ook geheel volgens waarheid weet hoe die aarde daar uitsien en hoe groot sy is, en hoe dag en nag ontstaan.

[3] Netso moet julle weet wat die maan, die son en die tallose ander sterre is! Want julle voorstelling van die aarde, van hoe dag en nag ontstaan, van die maan, die son, die planete en die vaste sterre en hulle bewegings, van verduisterings, van komete en nog ander verskynsels aan die hemel en in die lug asook in die water, is tot nou toe heeltemal verkeerd, en geen jota daarvan is waar nie.

[4] Ek wil julle dan ook in die natuurlike dinge `n ware lig gee. Maar sonder aanskoulike hulpmiddels gaan dit natuurlik nie goed nie, en daarom sal Ek nou vanuit My alvermoënde mag, sulke hulpmiddels vir julle skep en julle dan die gestalte van die aarde en haar beweging, die maan, die son, die dwaalsterre*, asook die vaste sterre en ook die ander verskynsels aan die hemel, in die lug, in die water en op en in die aarde, toon. Let nou dus almal goed op wat julle gaan sien en hoe al die dinge vir julle uitgelê word!” *(`n ander benaming vir die planete)

[5] Hierop roep Ek, soos al verskillende kere elders, `n heeltemal natuurlike aardbol van `n sodanige grootte tot bestaan, dat op die oppervlak daarvan alles voorkom- in die natuurlike verhouding, maar baie klein - wat hulle daar as groter objekte op bevind, en Ek verklaar aan hulle alles so beknop en verstaanbaar moontlik.

[6] Soos wat Ek dit met die aarde doen, doen Ek dit ook met alle ander hemelliggame; Ek laat sien wat die vaste sterre eintlik is, en die sentraalsonne, ook die hulssfeer, en so ook die komete en alle oorblywende vroeër genoemde verskynsels.

[7] Hierdie uitleg duur wel tot enkele ure na middernag, en omdat Ek daarvoor sorg dat hulle gees soveel as nodig was in hulle siel oorgaan, begryp almal dit wat uitgelê word goed, en hulle kon hulle nie genoeg verbaas oor die grootheid van My wysheid en mag nie.

[8] Na `n rukkie se verbasing, sê die herbergier: “Ja, grote Majesteit en Heer, in U goddelike gees van ewigheid, dit alles kan net Hy ken en dit aan ons, swakke kinders van hierdie aarde, toon en uitlê, wat van alles daarvan die ewige Werkmeester is en dit ook altyd ewig sal bly! Alles wat ons U as dank sou kon bring vir hierdie barmhartigheid, wat U ons so wonderbaar bewys, sou nog minder as absoluut niks beteken nie!

[9] Ja, as ek nou my vorige denkbeelde oor die aarde en oor alle sterre aan die hemel vergelyk met wat ek nou gehoor het, kan ek my daar in feite alleen maar oor verbaas hoe die mense hulle oor al die dinge sulke totaal verkeerde denkbeelde kon gevorm het! Moses en ook die ander groot wyses van die Judeërs, wat hulle God se volk noem, moes, behalwe veel ander wysheid, waarin hulle steeds deur God geleer was, tog ook beter denkbeelde en kennis gehad het op die gebied van wat U, o Majesteit en Heer, ons nou getoon het - en tog bestaan daar juis onder die Judeërs in daardie opsig `n byna nog groter onwetendheid as onder die Romeine en Grieke, wat hulle kennis op die gebied ontleen aan die ou Egiptenare, wat tog veel dinge daarvan begryp, hoewel ook hulle die son as `n planeet beskou wat hom om die aarde heen beweeg.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205