|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 18
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die vraag van die kommandant oor die dood van diere
18 Toe dit vol oggend was, maar nog bietjie vóór sonsopgang, was Ek met enkele leerlinge reeds buite, en ook RafaEl was by ons. Spoedig daarna volg ook alle ander; ook die drie Romeine laat nie lank op hulle wag nie.
[2] Ons bevind ons aan die oewer van die meer en kyk na die spel van die golwe, en die leerlinge was hulle voete en hande met die skoon water. Die drie Romeine sou graag die een en ander wil vra en kom daarom ook naby My en RafaEl staan.
[3] Maar Ek sê vir hulle: “Die dag het nog sy volle tien uur, en in die tyd sal daar nog menige vrae beantwoord kan word; laat ons nou eers in alle rus van die oggend geniet!”
[4] Daarmee was die drie tevrede en hulle was hulle gesigte met die water van die meer om hulle oë, wat die nagtelike slaap enigsins gemis het, weer op te fris en te versterk.
[5] So bly ons in volledige rus ongeveer `n uur vlak aan die oewer van die meer en begewe ons toe na `n klein heuwel, wat hom in `n suidelike rigting bokant die waterspieël verhef. Vanaf hierdie heuwel het mens `n mooi uitsig na die weste, en aan die oewer, wat hier oor `n taamlike groot stuk met baie riet en biesies begroeid was, sien mens enkele watervoëls, wat in die water hulle oggendmaal soek en dit ook gretig opeet.
[6] Nou kon die kommandant nie meer swyg nie; hy gaan vinnig na RafaEl toe en sê: “Luister, wyse en magtige burger van `n beter wêreld as hierdie aarde! Ek is oor die algemeen baie tevrede met die dikwels pragtige ingerigdheid van hierdie aarde van ons, hoe dit gevorm is en hoe die plantewêreld georden is; maar wat die diere betref, in die omstandighede waarin hulle onder mekaar lewe en besig is, absoluut nie.
[7] By alle plante en gewasse is daarvoor gesorg dat hulle hulle voeding uit die aarde, die water, die lug en uit die warmte van die sonlig haal en so voortreflik gedy; slegs die diere, en vir `n groot deel ook ons mense, moet om ons liggaam te voed diere vang, dood en hulle vleis eet.
[8] Kyk, dit laat die hart en die gemoed van die mens onmiskenbaar verwilderd, wat ek in Rome maar al te graag waargeneem het by die dikwels vreeslike stiergevegte en ander gevegte van wilde, verskeurende diere in spesiaal daarvoor geboude en ingerigte hokke; want in Rome en ook in baie ander plekke hou mense dergelike dieregevegte om, veral by die soldate en die burgers, die oorlogsugtige en dappere strydlus steeds opnuut aan te wakker en gaande te hou.
[9] En van wie het die mense die woeste oorlogvoering geleer, waarby daar geen spoor van die liefde vir God en van die liefde vir die naaste te vinde is nie?
[10] Hier, kyk net na benede in die water! Wat het die arme vissies eintlik gesondig, dat hulle deur die vraatsugtige watervoëls dikwels by duisende gevang en opgeëet word? Sou al die tallose verskillende soorte diere in die lug, op die aarde en in die water hulle nie almal net soos die mak huisdiere kan voed met die eweneens tallose verskillende soorte plante nie? Moet allerlei soorte vleisetende roofdiere hulle voedsel in die kuddes van die sagmoedige diere soek en sodoende die mense deur hulle wreedheid, wat hulle deur die mag van God ingeplant is, uitlok tot `n woeste geveg?!
[11] Die mens het kunsmatige wapens uitgevind om teen die verskeurende diere te kan veg. Daardeur het hy wel leer veg, gedood en oorwin; maar het hy daarby iets gewen vir die veredeling van sy hart en gemoed, soos wat God hulle dit aanbeveel het?
[12] Kyk net, ek het baie dikwels oor die onderwerp nagedink en nog van geen enkele mens ook maar `n halwe bevredigende oplossing vir die ware sfinkseraaisel kon kry nie! Oral word gesê: “Die wyse gode sal goed weet waarom hulle dit alles so toegelaat het!”
[13] Ja, dit is seker so; maar het die mense daardeur iets gewen vir hulle hart en gemoed? Ja, vir die jagters, vegters en oorlog voer het hulle wel wins geboek, en vervolgens vir die gee van wette en om dikwels so wreed as `n hiëna te wees deur hulle regspraak ten opsigte van die mense, wat teen hulle wette gesondig het; maar vir die res het daar werklik nie baie goed voortgekom uit die feit dat hulle geleer het om te veg, eers met die wilde diere en al gou daarna ook onder mekaar.
[14] Jy is wys en magtig vanuit die Gees van God in jou; onderrig my nou ook op die korrekte wyse oor hierdie kwessie, wat vir my baie belangrik lyk!”
|
|
|
|
|