Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die toekoms van die seremoniële kerk

28 Wat het dit voor nut om `n nuwe lapstof op `n ou, verslete jas vas te werk, sodat dit op die herstelde plek die naakte huid bedek en `n tydlank teen die wind beskerm; as daar dan slegs `n ligte storm kom, dan ruk dit met gemak die nuwe lap van die ou, verslete jas af en tegelyk daarmee ook nog `n gedeelte van die jas. Wie sal dan in die storm sy naakte huid teen die koue beskerm? Maak dus dadelik `n volkome nuwe en sterk jas vir jouself, solank jy nog die middele daarvoor het, en verspil dit nie op die aanskaf van nuwe lappe om die ou en meer as verslete jas te herstel nie, waaraan jy niks het nie - en as daar storms sou kom, sal dit nie meer in staat wees om jou huid enige skade toe te bring nie!

[2] Welke egte herbergier sal nuwe wyn in ou sakke wil tap? Wat sal daar met die sakke gebeur, as die nuwe wyn daarin begin te gis? Die wyn sal die sakke laat skeur, en die onverstandige herbergier sal sowel die sakke as die wyn verloor. Dieselfde staan `n onverstandige regeerder te wagte wat `n nuwe grondwet in `n oue wil skuif; die een is noodsaaklikerwys die ondergang van die ander, en die regeerder raak daarmee alles kwyt: Sy grondwet, sy land en sy volk, soos wat daar nou in Europa al verskillende voorbeelde van was en daar weldra nog meer sal volg.

[3] Ek sê vir jou: Wie nog langer na die bepaalde man, wat hom self vroom noem, sal oogknip en met gesplete tong met hom sal praat, terwyl My lig uit die hemele maar net intensiewer word, sal hom weldra heeltemal verlate en alleen bystaan. Want Ek wil dat daar eindelik `n einde kom aan die langdurige owerspel (hoerery) van Babel. Van nou af aan sal alles nuut en anders word, en My woord, wat Ek tot die apostels en baie ander mense gespreek het, moet nou met nuwe krag en mag opstaan en vervolgens tot aan die einde van die tye van hierdie aarde duur. Almal moet hulle bestraal en verwarm in die lig van My leer uit die hemele en hulle moet My opreg bely en liefhê, en moet weer, soos wat dit in die oertyd was, van die wieg tot die graf in `n voortdurende waarneembare gemeenskap met My engele verkeer en so ook met My Self.

[4] Nou vra jy ook hoe dit in jou land sal gaan, wanneer die ou sakke deur die nuwe wyn, wat met geweld daarin getap word, skeur en die wyn verspil word. Ek sê vir jou: Wel duisend kere beter as nou, noudat byna geen mens selfs sy eerlikste broeder meer vertrou nie, uit vrees vir wat daar uit die langdurige en kosbare getalm nog alles aan ellende en nood sal voorkom, en steeds sê: “Jy kan nie weet hoe dit alles nog sal afloop nie!”

[5] Op die oomblik dat die wynsakke bars, hou die groot verbruikers op om te bestaan, en die staat sal daarvoor sorg dat hulle niks tekort kom nie, wat die staat en die volk `n lang tyd trou gedien het met hulle gees en verstand. Maar die meer as `n kwart miljoen straatsluipers en leeglopers sonder verdienste, vir die merendeel uit die rye van die geestelikheid, sal hulle groot inkomstes en pensioene nie meer ontvang nie*, maar daarenteen streng verplig word om die staatskuld te betaal - want dit sal onder alle omstandighede gerespekteer word, sodat die een broeder nie `n klag teen die ander sal indien nie

[* Inderdaad is in die jare 1868-1874 die konkordaat wette vervang deur staatswette, met natuurlik as gevolg daarvan dat baie kerklike outoriteite werkloos geword het.]

[** Met die afhandeling van die na-oorlogse sake hoor ons onder meer dat Venesië na Italië oorgaan. Tewens neem Italië die daarby behorende staatskuld op hom, en sodoende het die twee lande geen verpligtinge meer teenoor mekaar nie.]

[6] Onder alle omstandighede staan Ek nou weer aan die hoof, en dan kan geen wanorde ten nadele van hulle wat hulle volgens My rig, bestaan nie. Die jaar sal Ek met die land waarin jy leef, nog `n bietjie geduld hê; maar nie baie langer nie, al sou ook baie van My ou vriende nog in hulle liggaam en in alle liefde en trou daar woon. Die wat Myne is en die nuwe verligtes sal wel behoue bly, maar alle ander sal getugtig word.

[7] Nou sê jy natuurlik weer by jouself: “Ja, Heer, dit is alles wel in orde; want as die leiding van `n volk eenmaal bedorwe en ondeugdelik geword het, moet die volk `n ander kry, wat beantwoord aan die materiële- en veral die geestelike behoeftes van die volk. Maar solank die ou afgodstempels, wat die mense godshuise of kerke noem, saam met hulle dienare voortbestaan en diens doen, en hulle veral in die bedevaartplekke en kloosters aan die mense wat nog baie blind is, die buitengewoon voortreflike werke van hulle kerklike onderdanigheid aan God mag verkondig, sal `n nuwe leiding van die volk - of dit nou bestaan uit `n nuwe grondwet of uit `n nuwe regeerder - altyd die gevaar loop om langsamerhand weer tot die ou duisternis te verval, en wel des te vroeër wanneer die dienare van die tempels daarop aangewese is om van die verdienste uit hulle kerklike verrigtinge te lewe. As hulle as lerare van die volk nog enige tyd moet voortbestaan, laat mense hulle net soos elke ander staatsdienaar betaal; maar vir hulle diens aan die kerk sou hulle van niemand `n betaling mag verlang en aanneem nie, so sou daardeur aan die praktyk van die tempeldienare, wat die volk uitbuit, bedrieg en verduister, vas en seker `n baie duidelike grens gestel wees, en die bedevaarte, wonder-beelde en relikwieë en nog baie ander kerklike misgeboortes en misbruike sou vinnig aan `n einde aan kom!”

[8] Daarop sê Ek aan jou, dat jy aan die een kant heeltemal waar en korrek geoordeel het; en vir `n rukkie sal dit ook goed gaan, omdat die sogenaamde geestelikes hulle onteenseglik meer sal besighou met die onderrig van die volk, waarvoor hulle betaal word, as met die kerklike seremonies, wat vir hulle niks meer oplewer nie. Maar as hulle so kerklike diens sonder vergoeding sou verrig, sou die blinde volk hulle `n nog groter waarde toeken vanweë sy verdienste voor God, en op die manier vanself tot die ou bygeloof verval, en nog erger en dieper as voorheen. Die geestelikes sou dit wat hulle by die volk `n groot en luisterryke aansien verskaf het, nie voorstel as iets wat vir My geen waarde het nie, maar as iets wat My buitengewoon welgevallig is, en op die manier sou hulle die volk in die ou bygeloof versterk en `n nuwe troon maak vir die hoë heerskappy van die hoer van Babel, wat nou haar volkome einde nader.

[9] Laat die geestelikheid dus maar haar gang gaan met die uitbuiting van die volk; laat die nog blinde volk maar op bedevaart gaan en duur misse betaal; laat die biegters, na die kerk gaan, oordrewe duur roustoete vorm; laat hulle op erfenisse jag en duur ontheffings en aflate verkoop. Kortom, laat die Babiloniërs nog erger tekere gaan, so sal ook die mees blinde weldra tot besinning kom en sê: Nee, so `n religie kan nie anders as bedrog wees nie, omdat hulle wat die meeste oortuig is van die suiwer waarheid van die leer van Jesus en daarvolgens moes handel, deur hulle dade laat sien dat hulle self heeltemal geen waarde aan die leer heg nie, in geen enkele God glo en derhalwe louter valse profete is; hulle sorg vir niks anders as hulle buike nie, maak die mense deur allerlei bedrog - en as dat nie meer voldoende is nie, deur `n soort wetlike dwang, wat hulle deur die staat toegestaan is - dikwels hulle hele besit oorhandig, en die profete reik dan geen enkele dorstige siel ook maar `n sluk water van alles wat hulle gewoonlik geroof het nie! Daarom weg met al die valse profete; weg met die verskeurende wolwe in skaapsklere, en weg met alles waarmee hulle vir solank die arme, blinde volk gekwel, bedrieg en beroof het; weg met die tempels, altare, heiligebeelde, relikwieë, klokke en alle nuttelose kerklike gebruiksvoorwerpe, wat geen enkele geestelike lewenswaarde het nie! Van nou af aan sal ons self die hele leer van Jesus ondersoek, en ons deur ware, deur God verligte lerare laat uitlê en daarvolgens lewe en handel, en die egte leraar sal nie aan ons tafel omkom van honger en dors en ook nie naak en kaalvoet rondloop nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205