|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 241
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die onvolkomenheid van menslike kennis
241 Die herbergier sê: “Ja, wonderbaarlike Heer, die kort antwoord van U op my taamlik uitgebreide vraag was vir my meer verstaanbaar as die vorige; maar ek moet daarby ook dink aan `n spreuk van die ou wyses, waarvolgens daar niks volmaak onder die son bestaan nie, dat al die menslike ervaar, weet en ken stukwerk is, en dat diegene wat dit deur sy vlyt sover gebring het, dat hy baie weet, ten slotte sal insien dat `n mens, ook al het hy alles geleer, gesien en meegemaak, eers die mees wysste word as hy tot die insig gekom het dat hy eintlik heeltemal niks weet nie - want alleen `n goddelike gees weet alles, maar die mens net soveel as hierdie gees hom in sekere sin as inspirasie wil meedeel.
[2] Maar ook is die lewe van `n mens veels te veranderlik en te kort vir `n diepgaander ontwikkeling. As `n mens nog jonk en sterk is, is hy behep met allerlei goeie en slegte hartstogte, waaraan hy hom oorgee en waardeur hy hom baie moeilik tot `n suiwerder lig uit die gees van God kan verhef; onder duisend mense is daar stellig nouliks één wat `n uitsondering daarop vorm. Ten slotte word die mens ouer en kom hy tot `n ietwat meer gelouterde sienswyse; maar dan word hy gereeld sieklik, moeg en traag, hou hom net aan die uiterlike wette en vorm en laat daarby die goddelike gees vir wat hy is. As dit goed gaan, bereik hy `n leeftyd van sestig, sewentig, tagtig jaar; maar op sy oudag dink hy steeds aan die dood, word moedeloos en kragteloos, en is dit dikwels gladnie meer vir hom moontlik om hom intensief met die Gees van God besig te hou nie.
[3] En so is dit met die ware Wysheid onder die mense steeds sleg gestel, en wel om die eerder genoemde drie redes. Ja, as `n mens in sy ware manlike krag minstens driehonderd jaar oud sou kan word, sou dit daar met die ware wysheid onder die mense vas en seker beter staan as nou; maar op hierdie manier kan hy as gevolg van sy kort lewe hier en daar ietwat opvang, maar wat hy opgevang het, nooit tot `n volmaakte samehang bring nie, omdat die nodige lewenstyd hom daarvoor ontbreek.
[4] In Alexandrië bestaan een van die grootste versamelings boeke, waarin baie op elke gebied van menslike ervaring en kennis opgeteken is. Maar waar is `n mens, wat so lank sou lewe dat hy die boeke ook maar één keer in sy lewe sou kon deurlees? En so moet ons beter mense steeds genoeë neem en ons troos met ons ou spreuk: Sapienti pauca sufficit* en ek is van mening dat selfs die grootste wyses van hierdie aarde met daardie prinsiep genoeë moet neem en hulle daarmee moet troos. *(Latyn vir: Vir `n wyse mens is weinig genoeg.)
[5] As soldaat het ek tog baie lande op aarde bereis, maar ek het nêrens aan `n einde gekom nie, en het ook niks begryp van alles wat ek gesien het nie. Ek het wel ervarings en beelde in my geheue vergaar, maar wat het ek daaraan as ek nie begryp wat dit is nie, hoe en met welke doel hulle ontstaan het?
[6] Dat bepaalde vrugte goed is om te eet, dat in veel kruie geneeskrag skuil, dat gras dien vir die diere wat ons grasvreters noem, dat hout nuttig is om vuur te maak en ook vir die bou van huise en hutte, dit weet die mense uit ervaring; maar veel meer as dit weet die mense oor die algemeen egter nie! Derhalwe sien ek die mense steeds as baie beklaenswaardige skepsele van `n almagtige Godheid, of hulle nou in die baie diep nag van hul bygeloof lewe of as uiters gevierde wyses op aarde rondwandel, aangesien geeneen van hulle weet waarom hulle eintlik, sonder om dit te weet en te wil, op hierdie aarde geplaas is nie, en ek dink dat U, wat self `n buitengewoon wyse en wonderbaarlike Heer is, my geen ongelyk sal gee nie!
[7] Dat daar na die afval van die liggaam `n seker voortgaan en voortbestaan van die siel van die mens moet wees, daaroor is alle wyses van die aarde wat ek leer ken het, dit eens; maar van welke aard dit is, daaroor bestaan tot nou toe nog geen ooreenstemming nie.
[8] U sal wat dié punt betref, stellig ook een van die mees wyse sienswyses besit; maar as jy die sienswyse van alle ander wyses daarmee vergelyk, sal dit nie daarmee te verenig wees nie. Het ek gelyk of nie?”
|
|
|
|
|