|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 122
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer onthul aan die herbergier die oorsaak van die uitstedigheid van sy drie seuns
122 Ek stel die herbergier egter gerus en sê; “Wees maar nie bang daarvoor nie! Jou drie seuns sal via Betsaida binne `n uur hier aankom met `n ryk vrag; want hulle het hierdie keer soveel vis gevang dat hulle met hulle drie lasdiere dit ter nouernood kan vervoer. Maar in Betsaida het hulle by `n bekende nog twee lasdiere geleen, en nou gaan die vervoer van die baie goeie visse soveel vinniger.”
[2] Die herbergier, wat baie van die Judeërdom in hom gehad het, sê: “Die God van die Judeërs gee dat U die waarheid spreek!”
[3] Ek sê: “Vriend, as Ek nie baie seker sou weet dat dit so is nie, sou Ek dit ook nie vir jou gesê het nie, want by My staan die waarheid bo alles, en Ek is die grootste vyand van elke leuen!”
[4] Die herbergier, wat homself begin te verwonder oor My selfversekerdheid, sê; “Vriend, is jy ook `n Judese siener, dat jy bepaalde dinge so seker skyn te weet, waar jy op `n natuurlike manier nouliks daarvan op hoogte kon wees? Want julle het via Afek hierheen gekom en die stad lê op die berge wat die Jordaandal begrens, taamlik ver verby die plek waar die Jordaan uit die meer stroom; Betsaida lê nog by die berge waarvan die uitgestrekte uitlopers die oewer van die meer self vorm - en sodoende kan jy vanselfsprekend absoluut nie op natuurlike wyse geweet het hoe dit met my seuns gaan nie, wat op weg na hul huis is.
[5] Maar omdat jy my met groot selfversekerdheid oor hul toestand ingelig het, moet jy `n siener wees; maar as jy dit is, sê my dan, om my meer gerus te stel, hoeveel skape en bokke ek besit!”
[6] Ek sê: “Vriend, as jy My sou geken het, sou Ek vir jou sê; dit is nie baie betaamlik van jou dat jy My durf versoek nie! Maar omdat jy My tot nou toe nog nie ken nie, sal Ek jou vraag wel beantwoord.
[7] Wel, jy besit dertig skape, waarvan twee ramme en bygevolg agt-en-twintig ooie is, waarvan daar egter net veertien melk gee, die ander veertien nie, die oorsaak daarvan as meester van die huis is aan jou goed bekend! En kyk, met jou bokke is dit presies net so gesteld! Is jy nou meer oortuig dat Ek ook goed kan weet hoe dit met jou drie seuns gaan?”
[8] Die herbergier sê: “Ja vriend, nou glo ek jou woorde sonder om te twyfel, en wat jy my ookal sal sê, ek sal dit glo; want nou is ek volkome daarvan oortuig dat jy werklik `n siener en derhalwe ook `n wyse van die Judeërs is.
[9] Kyk, ek en my paar bure het ongeveer dertig jaar gelede hierheen gekom en het ons met die toestemming van die Romeinse regbank hier gevestig, omdat geen mense in hierdie ou plek gewoon het nie en in die wye omtrek geen eienaars was nie.
[10] Ongeveer vyftig tot sestig jaar gelede het hier sterk verarmde Judeërs gewoon, maar omdat hulle, buiten wortels, niks anders uit die harde bodem kon haal nie, het hulle die plek verlaat en moes hulle nou êrens langs die meer van Galilea gevestig wees. Wat verder met hulle gebeur het, sal die God van die Judeërs die beste weet.
[11] Ons was en is nog Grieke en kom uit Tirus waar ons `n vissery bedrywe en daarby `n klein vermoë verwerf het. Ons sou ons graag in `n beter omgewing wou gevestig het, maar daarvoor was ons vermoë te klein. Met ons vlyt het ons die bodem vir een deel so goed bewerk dat dit ons kan voed, al is dit dan ook karig.
[12] In Betsaida het ons gou kennis gemaak met `n ou, maar wyse Judeër wat sekerlik `n welgestelde man was en ons menige weldade bewys het.
[13] Hierdie Judeër het ons vertel dat hierdie, nou verdorde landstreek, vroeër tot die mees geseëndes behoort het. Maar toe die Judeërs geleidelik afvallig begin raak het, en hulle ou en ware God begin vergeet het, het Hy ook Sy seëninge van die bodem af teruggetrek, groot onweerstorms laat kom waardeur die vrugbare grond van die bergagtige gebiede weggespoel het, en wat nog die storms vrygespring het, was deur herhaalde en langdurige oorloë verwoes. En so het `n ryk geseënde streek `n egte woestyn geword en sal dit ook bly solank die mense hulle nie heeltemal tot hul God bekeer nie.
[14] Hy sê dat daar vir die heidene weinig goeds te verwag is; want hulle gode, wat louter fantasiebeelde van mense is, en niks anders nie, sou hulle nie kan help nie, en die een, ware en almagtige God van die Judeërs ken hulle nie, hulle kon ook nie in Hom glo nie, Sy buitengewone wyse gebooie hou nie, en Hom vol vertroue, soos goeie kinders hul vader, om Sy hulp en barmhartigheid vra nie. Omdat hierdie dinge by die heidene nie kon plaasvind nie, kan jy jouself voorstel dat daar by hul geen sprake kan wees van buitengewone seëninge nie.
|
|
|
|
|