|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 157
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer gee vir Johannes en Matthéüs aanwysings vir hul aantekeninge
157 Daarop sê My Johannes: “Moet ek van dit waaroor U ons vandag so barmhartig geleer het, iets op my perkamentvelle noteer of nie? Dit sou in ieder geval vir die geslagte na ons van belang kan wees!”
[2] Ek sê: “Laat dit maar; want in die tyd sal Ek, as dit nodig is, die dinge deur die mond van nuut gewekte knegte, sieners en profete laat openbaar aan die mense wat van goeie wil is; maar in die tyd sal diegene wat deur My gewek is en wat in My Gees wedergebore is, tog wel in alle vir hulle noodsaaklike waarheid en wysheid binnegelei word.
[3] Jy sal egter oor die belangrikste van My amp as leraar op hierdie aarde, wat jy in die deur jou geskrewe en blywende evangelie opgeneem het, oor die buitengewone leringe en dade bowendien nog vermeld het, dat jy daarvan maar net sê dat Ek nog baie dinge geleer en gesê het wat nie in daardie boek geskryf staan nie; en ook al sou hulle in boeke opgeskryf wees, dan sou die wêreld, dit wil sê die mense, dit tog nie vat nie. En dit is voldoende.
[4] Dat Ek Myself origens sal openbaar aan diegene wat in My glo, My liefhet en My gebooie van die liefde hou - wat julle al geruime tyd gelede opgeskryf het - moet voldoende wees vir iedereen wat in My Naam gedoop en versterk word deur My Gees uit die hemele!”
[5] Toe Ek Johannes die duidelike antwoord gegee het, was hy volkome tevrede daarmee; maar die eweneens aanwesige evangelis en skrywer Matthéüs sê: “Heer, ek het tog ook met alle vlyt `n groot aantal notisies oor U leringe en dade versamel, en U sê nie dat dit ook sal bly nie!”
[6] Ek sê: “Ook jou notisies sal bly! Die notisies wat jy egter met jou eie hand geskryf het sal weliswaar êrens as geskrif ook bly bestaan, maar die mense by wie hulle sal bly bestaan, sal nie veel daaraan hê nie; maar iemand anders, wat in jou naam sal skryf, sal jou vervang, en sy geskrif sal bly bestaan. En ook jy kan dus tevrede en gerusgestel wees.
[7] Maar omdat dit nou al laat in die nag geword het, sal ons onsself ietwat rus gun; die dag van môre sal syne weer met hom meebring!”
[8] Die herbergier gaan vol diepe agting voor My staan en wil ons almal na `n slaapvertrek bring.
[9] Maar Ek sê: “Doen dit vir die twee pelgrims; ons bly die hele nag aan hierdie tafel soos nou.”
[10] Daarmee stel die herbergier homself tevrede en hy bring die twee vreemdelinge, wat hul uitermate verbaas oor My woorde, wat hulle nie begryp het nie, na hul slaapkamer; hulle verheug hulle al op die komende dag om My en My geselskap van naderby te leer ken, en bedank die herbergier in hul slaapvertrek vir sy gasvryheid.
[11] Daarna rus ons soos gewoonlik tot sonsopkoms, en in die tyd staan ons almal op van tafel en gaan na buite.
[12] Enkele honderde treë buite die stad is `n taamlike hoë heuwel, wat ongeveer honderd voet uitsteek bo die tog al hooggeleë landskap, en vanaf die hoogte het mens `n werklik pragtige en wye uitsig oor die groot vlakte van die Eufraat, en na die weste besigtig mens `n groot gedeelte van die Jordaandal tot aan die Dooie See, `n deel van Jerusalem, Bethlehem en nog `n hele boel plekke tot aan die Libanon.
[13] Die herbergier ontbreek nie en vergesel ons hierdie heuwel op, en begin ons uit te lê wat daar in die oostelike rigting te sien was, in die suide, weste en noorde; want hy was baie goed bekend met die streek, en My leerlinge praat met hom.
|
|
|
|
|