|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 159
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Wat die son eintlik is
159 Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, ek glo dat selfs die mees wyse engel-seraf in ewigheid nie volkome sal kan begryp wat U mond uitspreek nie! Maar ek moet U by hierdie geleentheid tog iets spesiaal vra, omdat die son vandag so suiwer en pragtig opgaan soos mens haar andersins in hierdie streek in oostelike rigting maar heel selde sien opkom, vanweë die vele newels, wat hulle in hierdie onafsienbare vlakte aldeur ontwikkel: Is die son `n vuur op sigself, waarvan die vlamme die aarde verlig, en wel so sterk, dat mens op aarde nooit so `n enorme lig sou kan maak en kan sien nie?
[2] Die buitengewone warmte van die son, wat sy ons tegelyk met die lig toestuur, laat ons vermoed dat sy `n uiters hewige vuur moet wees; maar omdat sy in die winters net so skyn soos nou en ons van die hitte van haar veronderstelde vuur dan maar heel weinig gewaar word, is enkele mense van mening dat sy waarskynlik in feite tog geen egte vuur is nie. Ons vorm hier `n gemeenskap bestaande uit Romeine, Judeërs, Grieke, Arabiere en Egiptenare, en daar heers by ons verskillende menings, en tog kan mens uit geen enkele daarvan ook maar enigsins iets wys word nie.”
[3] Ek sê: “Julle sal so ook nog lank nie daaruit wys word nie, omdat julle almal van oudsher deur die diepste nag van bygeloof omring is! Wie dit wil begryp, moet weet dat die op- en ondergaan van die son slegs skynbaar is; want wat vir julle dag en nag verskaf, word veroorsaak deur die draaiing van die aarde, wat geen ronde skyf is nie - soos wat julle dink nie - maar `n baie aansienlike groot bol; die dag en die nag is dus niks anders as die gevolg van `n omwenteling van die aardbol nie, vir welke omwenteling die aarde `n tyd van ongeveer 24 van julle ure nodig het.
[4] En as die aarde geen ronde skyf nie, maar `n bol is, so is die son dit ook, net duisend maal duisend keer groter as hierdie aarde. Dat sy haar so klein aan julle voordoen, soos wat julle haar sien, kom deur haar enorme afstand tot hierdie aarde. Ook as Ek jou die aantal ure sou noem wat sy van die aarde verwyderd is, sou jy jou tog geen voorstelling daarvan kan maak nie, omdat jy te min tuis is in die getallestelsel volgens die Arabiese metode. Maar stel jou `n afstand van byna 44 miljoen uur (1 uur = 2.18 km) voor - `n paar Arabiere wat hier woon kan daardie getal wel vir jou omreken - dan sal jy jou ietwat kan voorstel hoe ver die son van die aarde af staan. En sy draai nie rondom die aarde om dag en nag tot stand te bring nie, en ook sak sy nie, soos die bygeloof van die Romeine en Grieke wil, elke dag in die groot see om haar daar in `n sekere sin te baai en skoon te was, om daarna weer met volle ligsterkte die hele aarde te kan verlig.
[5] Die aarde draai egter wel om die son heen in ongeveer 365 dae, en hierdie tweede beweging van die aarde verskaf aan julle `n jaar met sy lente, somer, herfs en winter.
[6] Die son as sodanig is egter geen vuur nie, maar wat julle as lig waarneem, is die strale van haar atmosferiese oppervlak, wat veroorsaak word deur die rotasie van die son self om haar eie as en meer nog deur haar buitengewoon snelle beweging rondom `n middelson, wat nog veel verder van haar af staan. Deur die bewegings van die son in die uitgestrekte eterruimte word `n groot elektriese werking op haar atmosferiese oppervlak teweeggebring; daardeur is haar ligglans dieselfde as die van julle bliksem, maar dan in `n veel hoër intensiteit - en dan met die verskil, dat op die lugoppervlak van die son die buitengewone ontwikkeling van die bliksem ononderbroke deurgaan, terwyl `n bliksem op hierdie aarde slegs hier en daar deur `n verhoogde wrywing van lugdele in baie geringe mate tot ontwikkeling kom en daarom ook altyd maar `n baie kort tyd flits.
[7] Daar is egter ook wel streke en bepaalde plekke op hierdie aarde, waarbo hul bliksemstof in veel sterkere mate ontwikkel en die plek daardeur ook ure lank met sy lig geweldig verlig.
[8] Wie hul daarvan wil oortuig, moet na die streke in Midde-Afrika reis, waar die hoogste en baie uitgestrekte berge van hierdie wêrelddeel hulle verhef, en daar sal hy genoeg te siene kry van dergelike elektriese verskynsels. Maar by die aanskou van die verskynsels sal dit hom nog erger te moede word as wanneer daar bo hierdie streke dikwels hewige elektriese storms opsteek, waarby die mense hulle dan vanweë die ontelbare bliksems en die gekraak daarvan eerder in die diepste en donkerste kelder opsluit, as om die ligte van die gevaarlike, gereeld tallose bliksems daarbuite te bewonder.
[9] Ja, vriend, nie alle natuurverskynsels op hierdie aarde, wat self klein is, is geskik om die mens so `n vertroue in te boesem, dat hy hulle welgemoed en sonder vrees en bewing kan verdra en gadeslaan nie!
[10] Maar as dit daar af en toe op hierdie klein aarde met haar natuurverskynsels al enigsins merkwaardig gaan vir julle mense, hoeveel te meer sal dit dan nie so wees op so `n groot hemelliggaam soos die son nie.
[11] In die gees sal julle dit later almal met die grootste vreugde en die grootste welbehae kan bekyk; maar vir julle vlees is dit nie moontlik nie.
[12] Daarmee het Ek nou vir jou gesê hoe dit is met die skyn van die son, en daarmee het Ek jou `n klein vonkie lig gegee; maar wat jy nou nog lank nie geheel en al sal kan begryp nie, dit sal My kinders in Europa en nog veel verder weg oor duisend en nog enkele honderde jare op hulle vingers kan aftel, en dit sal baie bydra tot die vermindering, en ten slotte geheel en al die verdwyning van die ou, baie primitiewe bygeloof. Vir julle is dit nou egter voldoende dat julle in My glo en volgens My leer leef en handel; die res sal vir julle op die regte oomblik daarby gegee word.”
[13] Hierop bedank die herbergier My vir hierdie uitleg, wat hom buitengewoon verras het, en hy vertel My dat dit sterk ooreenkom met `n droom wat hy eens gehad het, waarin hy deur die gees van die profeet Elia, van wie se naaste verwante hy ook afstam, `n beeld gesien het wat ooreenstem met wat Ek, die Heer, hom so pas vertel het.
[14] “In die droom”, sê die herbergier verder, “het ek die idee dat ek my hoog bo die aarde bevind en dat ek dit nie as `n ronde skyf nie, maar as `n groot bol onder my voete waarneem. Toe vra ek aan die gees van Elia wat dit beteken.
[15] Hy sê: “Dit sal jy te hore kry van die Een wat vóór my was en ewig sal wees!”
[16] Daarop het ek weer wakker geword en bevind ek my in Joppe, waar ek gebore is; want ek woon slegs twintig jaar hier in hierdie stad.”
[17] Terwyl die herbergier nog aan die vertel was, kom `n bode ons uitnooi vir die oggendmaal, en ons verlaat ons berg en begeef ons na die huis van ons buitengewoon vriendelike herbergier.
|
|
|
|
|