Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die pes van die traagheid

238 Ek sê: “My beste vriend, jy het hier `n heel goeie en korrekte vraag gestel; maar één ding het jy daarby vergeet, en dit is dat God op hierdie aarde, nóg die aarde self, nóg alles wat sy bevat, vir `n ewige bestaansduur geskape en ook dit wil en kan skep!

[2] Op hierdie aarde is alles veranderlik en verganklik, en dit is slegs die punt van oorgang van die oergerig en die dood na die ware, ewig onverganklike lewe.

[3] Die Godheid sou met haar almag kan bewerkstellig dat die mens, netsoos die plante en die diere, binne `n bepaalde orde sou moet bestaan - alleen sou die mens dan geen mens meer wees nie; want dan sou hy vanself geen insig, geen verstand en ook geen vrye wil hê nie. Maar omdat die Godheid dit op hoogs wyse gronde nie wil nie, gee sy die mens insig, verstand en `n vrye wil, en daarmee ook die vermoë om aan God gelyk te word deur hulleself geestelik te ontwikkel en te voltooi.

[4] Dat die mensdom, wat sy opvoeding betref, verwaarloos is, terwyl die Godheid egter al vanaf die allereerste begin uitstekend vir die opvoeding gesorg het, is net die skuld van die traagheid van die mense. As daar teenswoordig onder die mense nog eerbare en opregte mense was soos jy en jou bure, waarom is hulle dan nie almal soos julle nie? Omdat hulle traag is! Daarom het die Godheid ook die groot stede laat verdelg, omdat die traagheid en die daardeur veroorsaakte sedeloosheid daar die oorhand gekry het.

[5] As die stede en hul inwoners soos julle gebly het, sou die Godheid geen vyande teen hulle gestuur het nie, maar hulle in stand gehou het. Dat hulle egter verdelg was, het as redes dat die hele bevolking nie ten slotte deur hulle traagheidspes van die aarde verpes en bedorwe sou word nie.

[6] Aan wyse leraars onder hierdie volkere het die Godheid dit in geen enkele tyd laat kortkom nie, en deur hulle is daar ook nog veel beter mense, wat in die stede gelewe het, gered; maar die al te traes moes ten slotte saam met hul wonings uit die weg geruim word.

[7] `n Wyse regering, wat enige waarde heg aan `n goeie orde deur middel van haar wette, sal `n moedswillige oortreder van die wet sekerlik ook ter verantwoording roep en tugtig - moet dan die Godheid, al is sy ook hoe goed en lankmoedig, `n al te veel ontaarde volk nie eweneens tugtig en hulle met `n passende roede opwek uit die al te groot traagheid en hulle tot werksaamheid bring nie?

[8] Jy sal goed insien dat dit noodsaaklik is; neem veral die volkome vrye wil van die mens ter harte, waarteen die Godheid nie belemmerend kan optree nie, dan sal jy alles van jou taamlik uitgebreide vraag begryp en insien! Want kyk, op `n aarde waar `n mens nie deur sy vrye wil, sy insig en sy verstand tot alle grootste ondeugde kan verval nie, kan `n mens hom ook nie tot die hoogste en goddelike deug verhef nie!

[9] As jy hieroor nadink, sal alle punte van jou vraag vir jou duideliker word - want kyk: Diere, bome en plante skep en grootmaak is vir die Godheid maklik, maar die opvoed van mense is nie so maklik nie; die kan die Godheid net onderrig, maar hulle geen innerlike dwang oplê nie! Begryp jy dit?”

[10] Die herbergier sê: “Wat die hoofsaak betref is dit vir my wel duidelik; maar daar is nog wel `n taamlike aantal klein bykomende sake, wat jy nie onmiddellik kan begryp nie.”

[11] Daarop sê Ek heel kort: “My vriend, wie eenmaal die hoofsaak kan begryp, vir hom sal ook die bykomstighede duidelik word! Môre sal ons nog verder daaroor praat, My beste vriend, want nou is dit nie die oomblik om verder daaroor te praat nie, omdat die fariseërs hul ore weer aan die muur lê en van My en van jou vermoed dat ons twee wyses is. Ons sal môre nog wel die nodige probleme met hulle kry; daarom moet jy nou jou mond oor iets heel onbelangrik oopmaak, dan sal ons `n gesprek daaroor voer!”

[12] Die herbergier sê: “My beste, wonderbaarlike Vriend, dit is egter baie moeilik om juis, soos jy dit wil, iets eg onbelangriks na vore te bring. Ons Romeine het oor die algemeen `n meer nadenkende, ernstige en ondersoekende aard, en dit kos ons werklik meer moeite om iets heel onbelangriks na vore te bring as iets ernstigs, wat met die egte waardigheid van `n Romein te verenig is. Maar omdat U dit nou eenmaal so wil hê, sal ek probeer of ek nie iets kan bedink waaraan nie soveel geleë is nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205