Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer in die woning van die tien Judese gesinne

56 Vergesel deur die kommandant, loop Ek na die oudste van die huis, by wie hom ook nog enkele besorgde huisvaders bevind, wat ons bekyk om te sien wat ons sou doen as ons sien wat se ou ruïne die huis was.

[2] Toe Ek by die oudste kom, sê hierdie oudste: “U is almal by ons goed welkom, Heer en Leraar; maar wat ons teenoor die groot barmhartigheid wat U ons bewys kan doen, sal verseker nie vir U welkom wees nie! Kyk net na ons huis, en na ons klere en U sal, sonder dat U iets verder hoef te sê, vanself goed sien hoe dit daar met ons almal uitsien!”

[3] Ek sê: “Vrede vir julle! Hoe dit daar met julle uitsien, weet Ek - maar vir die grootste deel is die armsalige toestand julle eie skuld; want deur traagheid en deur haas geen vertroue op God, die enigste Heer en Gewer van alle goeie dinge, sal geen enkele mens dit op hierdie aarde ver bring nie.

[4] Solank julle nog middele en krag het, doen julle niks om julle ou huis te verbeter nie, laat julle niks geleë lê aan JaHWeH en maak julle julleself vertroud met die blinde leer van die Griekse wyses, waardeur julle nog baie kere beklaenswaardiger geword het as wat julle ooit vroeër was.

[5] Nou het julle selfs slawe van die heidene geword en moet eerder met swaar werk karige brood van hulle bedel as dat julle vir hulle kan sê: “Ons het dit in die sweet van ons aangesig verdien!” Want dit is nie maklik om mense te dien wat in geen enkele God glo en ook nie in `n voortlewe van die siel na die dood van die liggaam en derhalwe ook aan geen enkele vergelding in die groot wêreld aan die ander kant nie, en derhalwe geen naasteliefde het nie en selfs vyande van hulle eie lewe is.

[6] Wel nou, in julle grootste nood het julle aan die ou JaHWeH begin dink en by Hom om hulp gaan smeek, en dat die My ook daartoe gebring het om na julle toe te kom en julle te help, voor die aangesig van die baie, blinde heidene, wat eweneens ter wille van hulle Diogenes die geloof in hulle gode laat vaar het. Ek sal dit doen sodat ook hulle sal merk dat die ou God nog leef en julle help wat in Hom glo, Sy gebooie hou en in waaragtige en onwankelbare vertroue in Hom die korrekte hulp verwag.

[7] Laat My julle ou, meer as half vervalle huis sien, en ons sal kyk of daarin oornag kan word en of dit wat beskadig is, gerepareer kan word! Daarna sal ons julle voorraadkamers ondersoek, om te sien hoeveel voorraad daar nog aanwesig is!”

[8] Die oudste sê: “O groot Heer en Leraar! Die huis moes vroeër wel baie groot en kleiner kamers gehad het; maar ons kon daar maar nouliks sewe in gebruik neem, en selfs dit is al erg beskadig. Alle ander is vol allerlei soorte ongediertes en is grotendeels nie eers meer vir mense bewoonbaar nie. Ook ons voorraadkamers verkeer vereers in `n baie miserabele toestand. Slegs één is daar wat nog half bruikbaar is; maar selfs die een is leeg op `n paar beskimmelde broodkrummels na. Maar laat ons U wil volg en tog gaan kyk, sodat U, o groot Heer en Leraar, met U eie oë kan aanskou hoe dit met ons, afstammelinge van Gad en Ruben, in hulle land gestel is!”

[9] Hierop loop ons deur alle vertrekke van die groot huis, en dit sien alles so daaruit soos wat die oudste dit beskrywe het.

[10] Toe ons onsself egter in die buitenste en laaste vertrek bevind, sê Ek: "Nou sal jy God se mag in My, dit wat My liggaam betref, wat ook `n Menseseun is, leer ken! Kyk, ons is oor brokstukke van mure, dele van pilare, doringstruike en oor allerlei ongediertes wat die vertrekke deurdring het, en deur koninklike versierde, fraai vertrekke, wat van alles voorsien was waarin goed oornag kon word, laat ons ons tog terug maak. Ek wil dit, en so sal dit wees!”

[11] Nouliks het Ek dit so gesê, of die hele huis was al volkome verander, en toe ons daarna deur alle kamers en vertrekke heen loop, was daar nêrens meer enige beskadiging te ontdek nie.

[12] Die Judeërs van die huis slaan hulle hande bokant hulle hoofde teen mekaar en roep vol blye verwondering: “Dit kan alleen Hy doen, wat die hemel en aarde geskape het; daarom aan U alle lof, o groot God, wat aan `n mens so `n mag gegee het!”

[13] Daarna besoek ons die voorraadkamers, wat eweneens gevul was met alles wat die mense nodig het om hulle honger en dors te stil. Toe word die verbasing nog groter, en vir `n lang tyd kon hulle van louter verbystering nie praat nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205