|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 92
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
By die Romeinse herbergier in Afek
92 Die weg van Golan na Afek was taamlik moeilik, omdat ons oor `n diep kloof, wat in die Jordaandal uitkom, moes heentrek, wat ons `n paar uur gekos het.
[2] Toe ons teen die aand die bergstad Afek nader, vra die kommandant My: “Heer en Majesteit! Waar sal ons in hierdie stad eintlik onderdak vir die nag soek? Want vir sover ek weet is daar in hierdie stad glad geen Judese herberg nie en verder is daar ook geen Judese burgers nie; miskien sal daar so hier en daar enkele Judese huisbediendes te vinde wees - maar, soos wat gesê is, geen gevestigde Judeërs nie. Ek het ook in hierdie stad `n goed ingerigte woonkasteel; as U dit goedvind, wil U nie in die kasteel oornag nie?”
[3] Ek sê: “Jy het wel `n kasteel, en dit is voorsien van allerlei rusbeddens, tafels, banke en stoele - maar jou voorraadkamers is leeg; en jy het ook geen wyn, geen brood en geen sout nie. Ons het egter moeg geword - veral die al taamlike ou leerlinge op enkeles na, wat ongeveer net so oud is soos Ek - en almal van ons sou ons met ietwat spys en drank wou versterk. Dink jy dat dit in jou woonkasteel moontlik is?
[4] Ek weet wat jy nou dink en by jouself sê: “Heer, by U is alles moontlik!” Daarin het jy wel gelyk; maar ons reis nie na hierdie stad om maar net uit te rus en ons vermoeide ledemate met wonderbaarlike spys te versterk nie, maar om My lewensryk ook hier onder die heidene te verbrei.
[5] Ons sal daarom nie jou woonkasteel betrek nie, maar midde in die stad in `n Romeinse herberg onderdak soek en neem. Daar sal hom weldra `n buitengewone geleentheid voordoen om My ryk onder die heidene te verbrei.”
[6] Toe die kommandant dit van My gehoor het, was hy dit onmiddellik heeltemal met My eens; hy maak net die opmerking dat die herbergier van die genoemde herberg `n verstokte heiden was, en dat dit in sy origens baie ruim huis sodanig wemel van alle moontlike afgodsbeelde, dat mense dit eerder `n egte pantheon* as `n herberg kon noem. Ook was daar, volgens hulle, steeds verskeie heidense priesters aanwesig, wat daar baie gewigtige sake gedoen het. (*aan alle gode heilige tempel)
[7] Ek sê: “Kyk, juis daarom het Ek die herberg uitgekies om te oornag, en daar sal baie te bewerk en te bewerkstellig wees! Laat ons dus nou maar vinnig daarheen gaan, sodat ons daar onderdak kan vind!”
[8] Daarop loop ons met vinnige tree na die stad en bereik dit nog voor die sluitingstyd van die poort.
[9] Aangekom by die poort, staan daar `n Romeinse wag, wat ons voorkeer.
[10] Die kommandant tree na vore en vra om die een te spreek wat oor die wag die bevele gee; toe hy kom, herken hy die kommandant dadelik en beveel die wag om ons ongehinderd die stad te laat binnegaan, omdat die kommandant dit van hulle verlang.
[11] Dit was al taamlik donker toe ons by die reeds genoemde herberg aankom, en die kommandant stuur dadelik `n ondergeskikte na binne om aan die herbergier te sê dat hy na ons toe moes kom, wat ook dadelik gebeur.
[12] Toe die herbergier by ons kom, vra die kommandant of ons by hom goed onderdak kon kry.
[13] Die herbergier sê: “Ek sal U gee wat ek het; maar met die nodige bediening vir die gaste wat met U, hoë gebieder, saamkom, sal dit daar hierdie keer wel skraal uitsien, want meer as tweederdes van hulle lê siek in die bed. Die groot angs wat hulle die afgelope nag tydens die hewige storm en die aardbewing moes deurstaan, en die vrees dat so `n ramp nog `n keer sal terugkom, het veral my vroulike personeel volledig uitgeskakel.
[14] Ons priesters het wel alle moeite gedoen om my mense enersyds deur praat en andersyds met ander middele te genees, maar tot nou toe was alles tevergeefs. Die tyd sal nog die beste arts van my siek bediendes word.
[15] Ons het almal eers `n uur gelede gewaag om die huis binne te gaan; want die helfte van die nag was ons buite, uit begryplike vrees vir die instorting van ons huise, wat maklik kon gebeur het. Want as die opmekaar gelegde stene eenmaal enorm begin klap en rammel, is dit hoog tyd om uit die huis uit te gaan.
[16] Ek sê U in alle onderdanigheid, hoë gebieder, dat meer as driekwart van die inwoners van hierdie stad hulle nou nog buite bevind, en dus ook verskeie van my beste bediendes; slegs sommige het die moed gehad om met my en my gesin eers `n uur gelede die huis binne te gaan. Met reeds voorbereide spyse sien dit daar vandag dus baie sleg uit; maar brood, sout en wyn kan ek julle wel aanbied.
[17] Ja, hoë gebieder, hierdie nag het my groot skade gebring! Maar wat vermag `n swak en sterflike mens teen die almag van die onsterflike gode en hulle elemente!
[18] Die priesters - ek sou dit eintlik nie moet sê nie - wat met hulle toesprake oor boete en offers by die baie wankelmoedige volk, het baie bygedra tot die groot verwarring. Nou, teen die einde van die dag, het hulle weliswaar begin om hulle liere met beter snare te bespan; maar dit baat weinig, omdat die volk nog altyd gedink het dat die gode weinig te versoen was, waardeur mense vrees dat die verskriklike noodtoestand weer kan terugkom.
[19] En ook dit is weer die skuld van ons uiters hebsugtige priesters, omdat hulle vir die volk voorhou dat die gode, as hulle eenmaal sodanig vertoornd is op die ligsinnige mense, dat die grondves van die aarde daardeur begin te skud, om hulle nie met geringe offers makker te stem nie. Op die gebede van die priesters - so sê hulle - gee hulle wel `n oomblik toe; maar as die volk daarna te min ag slaan op die vermanende woorde van die dienare wat deur die gode geïnspireer is, en nie onmiddellik met hulle hele besit toesnel om dit aan die voete van die plaasvervangers van die gode neer te lê nie, veral soveel moontlik goud en silwer, dan sal die gode nog toorniger word as die eerste keer en die volk hulle woede meer as honderd keer erger laat voel.
[20] Wel nou, ons bergstad is vir die grootste deel arm, en die mense kan al lankal nie aan die eise van die priesters voldoen nie; daarom vrees hulle dat die groot ramp terugkom en is hulle vir geen geld ter wêreld meer in die stad in te kry nie.
[21] So staan die sake by ons, en U, hoë gebieder, sal goed verstaan om welke rede ek U en U ongetwyfeld hoë geselskap vannag slegs baie karig en maer sal kan bedien.
[22] Wees dus so goed om my groot huis binne te gaan, dan sal ons wel sien wat daar alles nog gedoen kan word!”
|
|
|
|
|