|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 174
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Belewenisse aan die anderkant
174 Hierop vra die opperstadsregter aan sy vader: “Waar is die plek dan, waar jy verblyf, en hoe sien dit daaruit?”
[2] Die vader sê: “In ons ryk is daar heeltemal geen plek waarvan mens sou kan sê: “Kyk hier is dit, of daar, en so sien dit daaruit, en so is dit ingerig nie!”; want by ons is iedereen self die plek waar hy woon, en die aanblik en die hoedanigheid van die plek kom in alle opsigte ooreen met die innerlike hoedanigheid van die mens.
[3] Ek is nou na aardse tydsrekening tog al `n sodanige tyd aan die anderkant, dat mens tog wel iets besonders kan sien en ervaar; maar tot nou toe het ek nog niks gesien wat enigsins ooreenkom met wat mens in hierdie wêreld oor die wêreld aan die anderkant geglo, gedink en versin het nie. Ek het die rivier die Styx gesoek en die skipper Charon, en het geeneen van hulle gevind nie. Ek het ook wel `n wyle `n dodelike angs gehad vir `n furie of vir die drie onverbiddelike regters Minos, Aeacus en Rhadamanthys - net niks van dit alles nie! Ek het die Elisium gesoek, het wyd en syd as te ware deur `n groot sandwoestyn rondgeloop, en sien, daar was ook geen Elisium te vinde nie - kortom, ek sien en vind niks en niemand, behalwe myself en die baie los bodem waarop ek my bevind het.
[4] Na - volgens aardse tydsrekening - ongeveer twee jaar se soeke, in welke tyd ek nog altyd in alle rigtings deur die eindelose sandsteppe getrek het, ontdek ek op taamlik groot afstand eindelik tog iemand, wat hom in presies dieselfde toestand blyk te bevind as ek. Ek gaan vinnig op die iemand af en was weldra heeltemal by hom.
[5] By hom gekom, vra ek hom dadelik: “Jy skyn jou in `n soortgelyke toestand te bevind as ek! Onder ons voete niks as `n sandvlakte, waaraan geen einde kom nie, bo ons hoofde `n meer donker as liggrys newel, en verder sien mens net homself en sy in die sand gedrukte voetstappe. Daar is ook geen wind, en van water of `n ander objek is heeltemal geen sprake nie. Ek het nou volgens aardse tydsrekening ongeveer twee jaar in hierdie sandwoestyn rondgedwaal, en vind niks waarmee mens hom sou kan versadig en sy uiteindelike dors sou kan stil nie. Ek weet dat ek die tydelike verlaat het en as `n egte arme siel in hierdie woestyn rondswerf, wat ek werklik buitengewoon onaangenaam vind. Ek het baie moeite gedoen om hier in hierdie wêreld, wat `n geeste- of sielewêreld moet wees, alles te soek en te ontdek waar ek in die wêreld so half en half in geglo het, maar niks van dit alles nie.
[6] Jy is nou na twee jaar die eerste soortgelyke verskyning. Kan jy my miskien sê wat mens hier kan doen en hoe mens dit moet aanpak om tog eindelik eens `n plek te vind, waar dit so half en half uit te hou sou wees? Want ek het met die soek in hierdie uitgestrekte sandsteppe wel moeg geword en het egter geen sin meer om nog meer treë voor- en agteruit te doen nie!”
[7] Daarop sê die persoon, wat op my skyn te lyk en hom in dieselfde toestand as ek bevind: “Ja, my vriend, daar is tallose in die ryk wat, netsoos jy, wat julle soek, al vele eeue lank soek! As jy hier iets wil vind, moet jy dit nie so aanlê soos op die materiële wêreld nie, waar mens alles net buite homself soek nie. Wie dit hier doen, vind ewig niks! Want hier is daar geen ander plek en streek meer as hyself, al sou hy dit ook op alle plekke van die oneindige ruimte wil vind.
[8] Jy moet dus met jou gedagtes, jou strewe en wil teruggaan in jouself en in jouself begin te soek, te dink en te vorm; dan eers sal jy `n plek vind wat ooreenkom met jou denke, vorm, wil en jou liefde! Doen dus asof jy hierdie sandsteppe nie sien nie, netsoos die grou newel bo jou, maar begeef jou in die fantasie van jou innerlike gemoed, dan sal alles weldra `n ander vorm vir jou kry! Ek het my deur jou laat vind om dit aan jou te vertel.”
[9] Na hierdie woorde verlaat die iemand my plotseling weer en laat my op my sandsteppe staan. Ek neem sy woorde ter harte en begin in myself te gaan en baie lewendig te dink; ek skets in my fantasie so goed en so kwaad as dit gaan `n streek en `n plek - en siedaar, dit duur egter nie lank nie of daar sien ek my fantasie weldra voor my uitgesprei.
[10] Dit was `n dal waar `n stroom deurgeloop het. Links en regs was weiding en ook bome en struike, en op enige afstand ontdek ek ook `n dorp, bestaande uit lae boerehutte, waarvan ek die gevoel gehad het dat ek daarheen sou moes gaan.
[11] Maar ek dink by myself: “As ek weer begin te loop, sal ek ten slotte weer alles kwytraak wat ek moeisaam vir myself geskape het! In plaas daarvan sal ek probeer om hier naby maar so `n hut te vorm - daarin wil ek dan baie graag vir altyd woon en hom behou!”
[12] Ek stel my so-iets voor, en daar staan die hut ook baie gou, omgewe deur `n tuin vol vrugtebome, waarmee ek volkome tevrede was.
[13] Ek gaan die hut binne om in sekere sin in myself te sien wat daar nog meer sou wees. Toe ek in die hut kom, sien ek dat dit volkome leeg was, en ek begin nog dieper in myself te gaan en my dinge voor te stel, waarop weldra allerlei dinge in die hut verskyn: Stoele, banke, tafels en ook `n rusbed, heeltemal soos ek dit my voorgestel het.
[14] Ek dink verder: “Die tafel is nou daar; maar daar staan nog geen brood, wyn en ander spyse daarop nie!”
[15] Terwyl ek lewendig daaraan begin te dink, staan daar ook al voldoende brood en wyn op tafel; by die aanblik daarvan aarsel ek nie lank nie, gryp vinnig na die brood en ook na die wyn, want ek het al erg honger en dors - en kyk, spoedig daarna voel ek myself baie versterk, en met my denke en fantaseer begin dit veel lewendiger en kragtiger te gaan!”
|
|
|
|
|