|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 6
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die maaltyd by Ebal
6 Daarop begewe ons onsself na die saal, en almal verbaas hulle oor die omvang, die skoonheid, die netheid en die gemak van die gebou, wat deur `n Griekse boumeester gebou was. Daarna gaan ons aan die groot tafel sit, waar met gemak vir ongeveer honderd gaste plek was, en Ebal laat dadelik die korrekte hoeveelheid brood en wyn bring, sodat ons `n klein maaltyd vooraf kon hou totdat die eintlike hoofmaaltyd voorberei was, wat egter ook nie lank geduur het nie. Gehoorsaam aan die wens van Ebal, neem ons ook dadelik ietwat brood en wyn tot ons, en weldra word dit lewendig in die saal.
[2] Ons Jarah, wat weer nouliks van My sy wil wyk, spreek nou met My moeder Maria en met RafaEl. Aan hulle vra sy baie dinge wat sy in haar drome gesien en gehoor het, en hy lê dit baie vriendelik vir haar uit. En Maria was baie verbaas oor die wysheid van Jarah en liefkoos haar hartlik. En Ebal, wat regs van My sit, vra na die naam van enkele leerlinge wat hy nie ken nie, en wat Ek hom ook vertel.
[3] Toe ons so in alle vriendelikheid `n uurtjie deurgebring het, bring die ander kinders en dienare reeds die uitstekende voorbereide maal, waaraan ons ook dadelik begin te eet.
[4] Toe die kinders en dienare van Ebal alle spyse op die tafel gesit het, kom hulle na My toe en groet My hartlik en dank My dat Ek hierdie plek nogmaals die liefde bewys het om persoonlik hierheen te kom. Ek lê hulle die hande op en versterk hulle, waarvoor hulle My opnuut bedank en daarna weer aan die werk gaan - want hulle het hierdie keer baie vreemde gaste om te bedien, wat hier, nou ook vanweë hulle gesondheid, verblyf het. Want sedert My eerste verblyf hier het die voorheen baie ongesonde Genésaret verander in `n kuuroord, en baie in die besonder is daar die weiding wat spesiaal deur My geseën was.
[5] Toe ons na ruim `n uur die goeie middagmaal genuttig het, vra Ebal My wat Ek die middag sou gaan doen.
[6] Ek sê: “My vriend, daar sal weldra `n gedugte werk homself vir ons aanbied, wat ons baie te doen sal gee totdat die nag aanbreek! Jy self sal My vanweë die volbringde werk nie genoeg kan loof nie. Maar laat ons nou nog `n oomblik in hierdie eetsaal rus; want hierdie keer hoef ons die werk wat op ons wag, nie op te soek nie - dit sal ons gou genoeg vanself vind!”
[7] Hierna rus ons almal nog ongeveer `n halfuur aan tafel, en die leerlinge vra mekaar wat dit nou weer sou wees, wat die Heer Self `n “gedugte werk tot die nag aanbreek” noem. Sommiges dink dat daar waarskynlik weer `n ergerlike Farisese geskiedenis hom sou voordoen, of dat daar miskien wel weer nuwe uitgestuurde soldate van Herodus op Hom of op die leerlinge van Johannes loer, wat volgens wat die mense sê, vir die hitsige jakkals ook `n doring in die oog was.
[8] Toe die leerlinge hulle so onder mekaar nog afvra wat se gedugte werk dit wat Ek aangekondig het, sou wees en wat dit sou inhou, kom daar `n baie verleë lykende dienaar haastig die saal binne.
[9] Ebal, wat die dienaar natuurlik goed ken en wie se verleë gesig hom dadelik opval, staan vinnig op, loop op hom af en sê: “Benjamin, my ou, troue dienaar, wat se slegte berig bring jy my? Want in jou onrustige oë lees ek niks goeds nie!”
[10] Die dienaar sê: “Ebal, my meester en gebieder, ek het nie die indruk dat daar iets ergs in aantog is nie, maar nóg vir jou nóg vir die aanwesige gaste sal dit egter aangenaam wees. Jy ken die nuwe Romeinse kommandant goed, wat eers enkele weke gelede uit die omgewing van Bethlehem hiernatoe oorgeplaas is. Hy is hier, dus `n nuwe besem, en wil om sy aansien te vergroot, buitengewoon skoonvee. Hy het via sy alsiende spioene en oplettende wagters gehoor van die aankoms van die hoë geselskap, en is van mening dat hulle dadelik by die aankoms van die geselskap moet vermeld wie daar almal aangekom het, waarvandaan, waarom en waarheen hulle verder sal reis, en of almal van hulle of één persoon vir almal van hulle legitiem kan instaan.
[11] Wel nou, die melding het by hierdie geleentheid vas agterweë gebly vanweë die groot, algemene vreugde oor die koms van die Heiland, na wie ons almal al `n lank tyd vurig verlang het, en daarom het al die hel nou dadelik by die trotse Romeine losgebars. Hulle wag buite op jou en wil met jou praat.”
[12] Toe Ebal dit uit die mond van die ou dienaar Benjamin hoor, raak hy aansienlik vererg en sê: “Nee, dit is in hierdie wêreld tog raar dat daar selfs vir die mees eerlike en ootmoedige mense nooit `n geheel salige dag kan bestaan waarop so `n egte slegte wêreldse demoon iemand sy sorgvervulde lewe wil vergal nie!”
[13] Ek sê: “Vriend, laat jou ergernis daaroor vaar! As hierdie wêreld nie deur God tot `n oefenplek vir die lewe bestem sou gewees het nie, waar elke mens hom tot aan sy volledige geestelike wedergeboorte voortdurend moes oefen in alle geduld, sagmoedigheid, deemoed en liefde via die weg van uiterste selfverloëning, sou Ek nie Self na julle toe gekom het om julle in alles met die beste en mees lewensegte voorbeeld voor te gaan nie. As die mense van hierdie aarde vir ewig kinders van God wil word op die manier soos wat jy hier in RafaEl, wat jy goed ken, `n voorbeeld kan sien, dan moet jy in die kortdurende proeflewe met alle geduld en oorgawe aan die wil van die alwyse Vader ook die middele laat welgeval, wat deur God vasgestel is om die hoogste lewensdoel te bereik.
[14] Gaan daarom maar na buite en onderhandel met die Romeinse kommandant, sodat jy die eerste is wat hom oortuig van die gedugte werk wat ons vandag te wagte staan tot die nag val!”
[15] Ebal sê: “In U Naam, o Heer en Majesteit; ek sal dadelik wel merk wat alles daaruit sal voorkom!”
[16] Hierop begeef hy hom onmiddellik na buite na die kommandant, wat reeds met egte Romeinse ongeduld met verskillende ondergeskiktes op hom wag.
|
|
|
|
|