Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer voorspel Sy dood en Sy opstanding

141 Die oudste sê: “O Majesteit en Heer, en ware Vader van die mense, ja, nou begryp ek eers vir die eerste keer wat “God bo alles liefhê” wil sê.

[2] Wie Sy kinders werklik liefhet en die wysheid van die Vader insien, het God bo alles lief as die enige ware Vader van alle mense; en so is die naasteliefde die hoogste lewensdeug in hierdie wêreld, en ons sal ons inspan om dit oral met al ons kragte te beoefen.”

[3] Na hierdie woorde van die oudste kom die vrou van die herbergier ons sê dat die aandete gereed was. Die herbergier vra My of hy na die tafel, wat nog nie gedek was nie, die gebraaide visse moes laat bring.

[4] Ek sê: “Toe Ek in die woestyn `n paar duisend mense met weinig brood en visse versadig het, was daar ook geen gedekte tafel nie; as mens brood en wyn van `n ongedekte tafel kan eet, waarom dan ook nie enkele gebraaide visse nie? Laat die visse nou dus maar op hierdie ongedekte tafel sit, dan sal ons hulle eet!”

[5] Ek het dit egter so bepaal vanweë die drie Judeërs, omdat hulle nog baie belang geheg het aan `n tafel wat met `n heeltemal rein laken gedek was; want volgens hulle wet sou `n Judeër wat warm voedsel inneem van `n tafel wat nie met `n rein laken gedek was nie, verontreinig kan word.

[6] Die drie kyk My dan ook vraend aan, terwyl hulle heimlik by hulleself dink: “Wat, hou U Uself nie meer aan alle voorskrifte van Moses nie?”

[7] Maar Ek sê: “Wat dink julle dan? Het die Israeliete in die woestyn ook rein tafeldoek gedekte tafels gehad, toe hulle manna geëet het?”

[8] Die oudste sê: “Majesteit en Heer, dit het hulle sekerlik nie gehad nie!”

[9] Ek sê: “Nou wel, dan kan ons ook visse eet wat op `n ongedekte tafel neergesit is! Wat vir My rein is, laat dit ook vir julle rein wees! Daar staan immers ook geskryf dat mens nie brood met ongewasde hande moet eet nie, en tog het julle so pas in My teenwoordigheid brood met ongewasde hande na julle mond gebring en het daarmee in My oë tog rein gebly! Maar as julle in My oë rein is, wie sal julle dan van onreinheid betig? `n Blinde fariseër in die tempel in Jerusalem miskien? Herbergier, laat die visse maar binnebring, dan sal ons hulle eet en tewens rein bly!”

[10] Met die antwoord was die drie Judeërs volkome tevrede, en hulle eet saam met ons die visse sonder enige verdere bedenking.

[11] Hierdie drie Judeërs bly daarna nog drie volle dae by My, en Ek en die drie leerlinge wat by My gebly het, het hulle veel uit die Skrif uitgelê, veral wat die skepping, die profete Jesaja en Esegiël betref, en hulle ook die regte lig gegee oor die natuurlike dinge van hierdie aarde.

[12] Op die vierde dag trek hulle op My aandrang na Afek, om hulle ook self daarvan te oortuig wat Ek vir die bekeerde heidene gedoen het. Voordat hulle afskeid van My neem, vra die oudste aan My, of hulle nie ook na Jerusalem sou reis om daar die oë van die blinde tempeldienare te open ten aansien van My nie.

[13] Ek sê: “Laat dit maar; want as hulle nie na My Self wil luister en My nie glo nie, ondanks die vele tekens wat Ek voor hulle oë gedoen het, dan sal hulle nog minder na julle luister en julle woorde glo - maar hulle sou julle wel in die gevangenis gooi en julle laat tugtig! Laat dit dus maar agterweë, en bly waar julle is; verkondig My evangelie by `n passende geleentheid aan die heidene, en gee hulle die lig van die waarheid wat Ek julle gegee het; maar voeg niks daaraan toe nie en laat ook niks weg nie!

[14] Vir niks het Ek dit vir julle gegee; gee dit netso weer aan iedereen wat daarna honger en dors. Maar werp hierdie pêrels nie voor die wêreldse varke van mense nie!

[15] Teen Pasga sal Ekself nog één keer na Jerusalem gaan, en dan sal met My gebeur wat Ek omvattend vir julle uit die profete verklaar het; wanneer julle daarvan hoor, vererg julle dan nie, en bedink dat Ek julle dit vooraf meegedeel het en dat die Skrif daardeur tot die laaste letter vervul sal word.

[16] As Ek op die derde dag weer sal opstaan van die dood van My liggaam, sal Ek ook weer na julle toe kom, soos Ek nou voor julle staan, en dan sal Ek julle versterk met My Gees.

[17] Ons sal mekaar dus slegs `n kort tydjie nie sien nie en daarna mekaar weer tot julle troos sien!”

[18] Daarop seën Ek die drie ou Judeërs en hulle trek na Afek, soos Ek al voorheen aangegee het.

[19] Dit spreek vanself dat hierdie drie, toe hulle in die omgewing van die stad gekom het, hul steeds meer begin te verbaas oor die groot teken, en toe hulle heeltemal in die stad en in dieselfde herberg kom en ook met groot vriendelikheid deur die herbergier opgeneem word, kom daar sowel van die kant van die drie as van die kant van die herbergier en almal wat by hom was en wat aankom, geen einde aan die loof en prys van My Naam nie.

[20] En wat doen Ek nog die paar dae in ons vriendelike klein dorp?

[21] Elke dag kom daar reisigers, wat hulle intrek by die herbergier neem en ywerig verneem hoe hierdie streek so bloeiend gemaak was. Enkele word wel iets daarvan vertel, maar die meeste nie; want die reisigers was vir die merendeel handelsliede, wat geen sintuig gehad het vir sulke geestelike dinge nie, en so neem niemand van ons dan ook die moeite om sulke suiwer wêreldse mense in die waarhede van die lewe in te wy nie, en ook die bewoners van die dorp sien in dat mens vir wêreldse varke geen pêrels as gewone voer moes werp nie.

[22] Die sewende dag breek aan, en teen die aand kom My uitgestuurde leerlinge weer goed gestem in die dorp na My toe, en hulle raak maar nie uitgepraat oor hoe hulle in My Naam vir die grootste deel goeie sake gedoen het nie.

[23] En Ek sê: “Julle weet dat Ek daarvan op die hoogte is hoe julle gewerk het, en julle is dan ook die loon werd om My leerlinge te wees; maar nou moet julle rus en julleself versterk met spys en drank!”

[24] Daar word dadelik wyn en brood gebring en daarna ook vis.

[25] Na die aandete begeef die teruggekeerde leerlinge hul onmiddellik ter ruste; Ek bly egter met die herbergier en die drie leerlinge wat by My gebly het, wakker tot die oggend.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205