Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer kondig vir die herbergier `n karavaan aan

231 Nou kom ook sy vrou en sy twee dogters by ons in die gastekamer, en die vrou vra aan die herbergier: “Neem hierdie gaste geen warm ete, geen vis en geen vleis nie?”

[2] Die herbergier sê: “As hulle dit gewil het, sou ek dit wel vir jou gesê het; hierdie gaste neem genoeë met brood en wyn, en jy en die kinders kan julle dus wel ter ruste begeef!”

[3] Die vrou van die herbergier sê: “Ons sal vannag egter nie veel kan rus nie; want ons het nog maar twee brode, en soos ek sien, is hier baie gaste, wat môre nie genoeg aan twee brode sal hê nie.”

[4] Die herbergier sê: “Gaan dan aan met julle werk, en sorg dat ons môre goeie brood het!”

[5] Daarop sê Ek: “Laat die broodbak, wat ons betref, maar agterweë; want so lank ons hier bly sal ons geen gebrek aan brood hê nie! Maar vat `n paar stukke brood van die tafel en gee dit aan jou vrou en jou twee dogters, en vul ook drie bekers met My wyn en gee hulle te drinke!”

[6] Dit gebeur dan ook, en die vrou en die twee dogters was een en almal verbaas oor die kwaliteit van die wyn en vra die herbergier waar hy dit vandaan gehaal het; want hulle wis niks van so `n goeie wyn in die kelder van die herbergier nie.

[7] Die herbergier sê: “Daaroor sal ons môre praat - die gaste het die wyn saamgebring; maar gaan nou aan die knegte sê dat hulle vir môre vars vis moet haal!”

[8] Toe sy vrou en dogters dit hoor, bedank hulle vir die wyn asook vir die brood, die vrou kan net nie goed begryp waar ons soveel brood vandaan gekry het nie, aangesien die hele groot tafel nog vol brood lê, en die vrou dink dat die herbergier miskien brood van `n buurman geleen het.

[9] Maar die herbergier sê: “Dit gaan jou heeltemal niks aan nie, jy sal dit môre wel hoor; maar doen nou wat ek jou gesê het!”

[10] Daarop verlaat die vrou met haar twee dogters ons, en ons het geen verdere gevraery meer van die vrou nie en dus rus ons.

[11] Toe die herbergier deur die wyn eg gemoedelik geword het, vra hy My waarvandaan Ek met My metgeselle gekom het, en waarheen Ek stellig verder sou reis.

[12] Ek sê aan hom: “Ook daaroor sal jy môre meer te hore kry; maar soveel mag jy wel weet, dat Ek van bo gekom het en nou via die Jordaandal na die direkte omgewing van Jerusalem sal reis.”

[13] Die herbergier was tevrede met die antwoord en vra My, of Ek My saam met My metgeselle al gou ter ruste sou begeef.

[14] Ek sê: “Jou stoele rondom hierdie tafel is baie gemaklik, daarom bly ons almal by hierdie tafel sit en sal so ons nagrus neem!”

[15] Die herbergier sê: “Soos julle wens, sal julle dit ook kry! Maar ek het ook baie goeie rusbeddens; as julle egter die voorkeur aan die stoele gee, dan is dit vir my ook goed.”

[16] Ek sê aan hom: “Ek weet goed dat jy ook voldoende rusbeddens besit; maar die sal jy vandag nog nodig hê - want oor `n uur sal daar `n klein karavaan van Jerigo hierheen kom, en die sal ook by jou sy intrek neem. Jy mag jou dus wel daarop voorberei; want Ek vertel jou geen onwaarheid nie.”

[17] Toe die herbergier dit van My gehoor het, gaan hy vinnig na die kombuis en vertel dit aan sy vrou, en sy vrou raak daardeur behoorlik paniekerig vanweë die gebrek aan brood.

[18] Die herbergier kom weldra weer terug en sê aan My dat sy vrou in groot verleentheid was, omdat hulle nog maar twee brode in voorraad het.

[19] Maar Ek sê aan die herbergier: “Gaan dan maar net na jou broodkamer, en kyk of jy nie meer as twee brode in voorraad het nie!”

[20] Toe loop die herbergier ylings die kamer uit, want hy vermoed dat Ek sy twee brode wel op dieselfde manier kon vermeerder het as die brood op die tafel. En toe hy in die broodkamer kom, sien hy dat dit heeltemal vol was met uitstekende brode.

[21] Hy vertel dit dadelik aan sy vrou, wat van louter verbasing haar hande ineen slaan en aan die herbergier vra watter iemand Ek eintlik was dat Ek in één oomblik uit niks soveel brode kon skep, en of dit wel vertroud was om sulke getowerde brood te eet.

[22] Die herbergier sê: “Jy het so pas in die kamer met ons twee dogters tog van dieselfde brood geëet, en dit het julle nie geskaad nie, netso min as vir my en die merkwaardige gaste, wat almal daardie wonderbaarlike brood geëet het en nog eet; wees dus maar nie besorg daaroor nie! Maar gaan na die aangrensende tweede groot gastekamer en kry daar alles in orde vir die gaste wat weldra sal aankom; steek ligte aan, sodat die aankomendes dadelik `n goed verligte gastekamer kan binnegaan! As hulle aan tafel gaan sit, bedien hulle dan soos dit hoort; want ek sal my nie veel met die nuwe aankomelinge kan bemoei nie, omdat ek by die eerste gaste sal bly en hulle soos ook benodig sal bedien!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205