|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 207
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Oor die onmeetlikheid van die skepping
207 Die opperstadsregter sê: “Ja, Majesteit en Heer, U het `n buitengewoon treffende beeld gekies, wat ek - hoewel nie op so `n geweldige skaal nie - in my jeug self beleef het; want ek het saam met my vader, wat toe nog geleef het, deur die noordelike deel van die eintlike Romeinse ryk gereis en het in die omgewing van Venesië gekom. Daar sien ek `n pragtige paleisgebou, wat volgens die reëls van die kuns byna voltooi was, en `n sterk verlange bekruip my om die stoutmoedige boumeester persoonlik te leer ken.
[2] Daarop kom ek weldra saam met my vader in sy woning en in sy beeldhouerswerkplek en ontmoet, in geselskap van my vader, die boumeester self. Hy was egter ook `n heel beskeie en eenvoudige man, `n op die klein eiland Rhodos gebore Griek, aan wie mens in die verste verte nie sou gesien het dat hy die vermoë besit om die vingers van sy hand te tel nie; maar as mens met hom begin te praat, merk mens wel dadelik op dat hy, behalwe die ou rekenkunde van Euclides, ook nog in ander kunste en wetenskappe tuis was, en ek kry dan ook werklik `n geweldige hoogagting vir hierdie groot boumeester en kunstenaar.
[3] Maar nou weet ek nog nie, o Majesteit en Heer, wat U eintlik met die voortreflik gekose beeld met betrekking tot Uself wil sê nie!”
[4] Ek sê: “My beste vriend en broer, niks anders as dat jou vermeende groot saligheid in My geselskap en daardie van die aartsengel RafaEl nog nie die hoogste graad bereik het en nie eers sal bereik nie, wanneer jy al My bouwerke en skeppings steeds nader en beter sal leer ken! Jy weet nou goed dat in My `n geweldige groot skeppende eienskap gehuisves word en jy maak vir jou `n so groot moontlike voorstelling daarvan, sedert jy die paar tekens gesien het wat deur My gedoen is; maar jy sal jou verseker `n heel ander voorstelling daarvan maak wanneer jou innerlike gesigsvermoë ten aansien van My, deur My werke te beskou, buitengewoon veel wyer en verhewener sal word. Want dan eers sal die werklik goddelike in My hul in `n steeds hoër lig aan jou voordoen, hoewel ewig nooit in die allerhoogste finale lig, wat Ekself in My innerlik is, en wel omdat dit vir elke gees wat vanuit My geskape is, selfs in sy hoogs moontlike voleinding onmoontlik is.
[5] Nou dink en sê jy natuurlik by jouself: “Hoe is dit dan? Want dan is die hoogste en volmaakte gees immers tog nog ewig niks vergeleke by U nie!”
[6] Ja, Ek sê vir jou dat jy gelyk daarin het: Vir My is weliswaar alles moontlik, maar `n tweede, volkome aan My gelyke Ek kan Ek nie skep nie, netso min as `n tweede oneindige ruimte en `n tweede ewigdurende tyd; en so kan ook die mees volmaakte engelegees uiteindelik ook nooit die volledige sterkte van die lig in My, nóg die grense van die oneindige ruimte bereik of die ure van die oneindige tydsduur tel nie. Hulle kan hul oor die drie dinge wel steeds `n uitgebreider voorstelling vorm, maar uiteindelik tog ewig nooit daar kom nie.
[7] Jy sien die lig van die son en beskou haar lig reeds as die sterkste wat jou begrip kan vat - hoe sou dit dan wees as Ek vir jou in plek van die een son ineens `n duisend sonne van dieselfde grootte en ligsterkte tegelyk aan die uitspansel sou plaas? Sou daardie lig dan ook nie duisendvoudig versterk op hierdie aarde val nie?”
[8] Die opperstadsregter sê: “O Majesteit en Heer, doen dit maar nie; want veral in die somer het ons meer as genoeg lig van die een son! As daar `n duisend sonne aan die uitspansel sou skyn, sou alle skepsele op hierdie aarde in `n baie kort tyd verbrand en daarna ook die hele groot aarde self. Want ek het al eens gesien, en wel in Alexandrië, wat die lig van die son deur `n Arkadiese hol spieël teweeg kan bring - en deur middel van die een spieël word die een son slegs so `n 10 tot 20 keer vergroot en bewerkstellig dan in die brandpunt reeds `n sodanig verwoestende effek, dat hulle alles aan die brand steek; en stel jou dan eers die effek van duisend sonne voor!”
[9] Ek sê: “Nou ja, daarin het jy gelyk, en die aarde het meer as genoeg aan die een son; maar Ek wil maar net jou aandag daarop vestig dat selfs die natuurlike lig tot in die oneindige versterk kan word - en hoeveel te meer dan die geestelike lig! Daarom staan daar ook by Moses geskryf dat geen enkel geskape wese God in Sy innerlike werklikheid kan aanskou en daarby sy lewe kan behou nie.”
[10] Die opperstadsregter sê: “O Majesteit en Heer! Nou word ek eg bang in U teenwoordigheid, want ek voel steeds meer my volslae nietigheid en U volkome alles in alles, en Plato het gelyk gehad toe hy gesê het: “Ek het in `n visioen die soom van God se kleed gesien, alles was verander in lig, en ek sien myself daarin as te ware volledig tot niks opgelos; alleen die liefde vir die Godheid sorg daarvoor dat ek my bewussyn behou!”
[11] Ek sê: “Daarin het hierdie filosoof gelyk gehad - maar voor sy tyd; van nou af aan sal dit anders wees! Want Ek het Myself met `n liggaam omgewe om voortaan nie meer as `n onbegryplike en nie te aanskoue God aan julle te verskyn nie, maar as `n mens, met wie julle net so kan praat en omgaan as met mekaar, en daardeur het Ek julle nie net tot My volkome op My lykende kinders nie, maar ook tot My ware vriende en broeders gemaak.
[12] Met daardie geskenk van My, sal julle almal wel tevrede wees, en dit sal julle nie hinder as julle insien dat Ek in My ewige, goddelike eienskappe nooit te bereik is nie.
[13] Maar daar kom die gebraaide lam; laat ons onsseld daarmee besig hou en al die ander intussen opsy sit!”
|
|
|
|
|