|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 193
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die ontstaan van die Apollo-verering
193 (Die Heer:) “Jy noem jouself `n Apollopriester en weet nie eers welke spesifieke, van God uitstromende krag by die oorspronklike Egiptenare deur Apollo voorgestel was nie.
[2] Kyk, reeds by die eerste bewoners van daardie land word die behoefte aan `n duideliker tydsindeling steeds sterker voelbaar; want hulle sien wel dat die tyd dag en nag dieselfde verloop en sigself deur die duur van die dag en die nag in stukke deel!
[3] Die dag deel homself weliswaar ook in verskillende dele, deurdat die son in `n halwe dag haar grootste hoogte bereik; maar met die nag het hulle meer moeite. Bepaalde sterre dien hulle wel as houvas; maar hulle merk baie gou dat die sterre nie steeds op dieselfde tyd op- en ondergaan nie. Die was sodoende moeiliker om die tyd in die nag in te deel as oordag.
[4] Eers rig mens op taamlike groot vlaktes hoë pilare op en neem die loop van die skadu daarvan waar. Met klippe gee mens die opgang en die ondergang van die son aan, vanaf hierdie punte maak mens vervolgens op die lyn van die skadu kleiner indelings, en wel ooreenkomstig die tydsduur wat iemand by `n gemiddelde loopsnelheid nodig het om `n bepaalde afstand af te lê.
[5] So `n afstand word dan `n “veldweg” genoem, en maak ongeveer `n vierde deel van die huidige uur uit. Die tydsduur van `n veldweg gee mens met klein klippe aan, die van vier veldweë met groter klippe; die hoofpilaar in die middel vorm die middag, en van daaruit word natuurlik al na gelang die stand van die son op maklik te verstaanbare wyse ook verskillende rye van sulke klippe neergelê om die tyd te meet.
[6] Mens noem die tydmeters op die velde “Sa-pollo”, wat beteken: Vir die veld, en mens kies die benaming om vir die herders en ander veldarbeiders die tyd vas te kan stel.
[7] So `n pilaar versier die mense ook baie gou met `n beeld, wat in sy een hand die son hou, vervaardig uit gloeiende brons, waarteen deur die wagter van die veldtydmeter met `n hamer op `n lang steel geslaan moes word, en wel met ewe veel slae as die skadu hul ure van die sonsopkoms verwyder het.
[8] Daaraan wis die herders en die veldarbeiders hoe laat dit was en wat hulle op die tyd moes doen.
[9] Dat mens later die veldbeeld ook in allerlei verskillende gedaantes op die pilaar plaas, om daardeur die vlug van die tyd nog aanskouliker te maak vir die mense, spreek vanself.
[10] Na verloop van tyd was die mense nie langer tevrede met die instrument vir die meet van die veldtyd nie, waarmee mens immers in die nag die tyd nie kan meet nie; mens wy steeds intensiewer aandag aan die sterre en ontdek die aan julle bekende twaalf sterrebeelde en gee name daaraan ooreenkomstig in Egipte van maand tot maand optredende, geheel natuurlike verskynsels - waaronder ook vier menslike name voorkom: Die waterman, die tweeling, die boogskutter en die maagd - en noem die sterrebeelde saam die “diereriem”.
[11] Hoe meer aandag mens aan hierdie sterrebeelde skenk, des te presieser begin mens ook die tyd van die nag in te deel, en in die stad Diadeira* (Diathira) rig mense `n reusagtige, uit kunstig gekapte klippe saamgestelde diereriem op, wat heden ten dae nog bestaan en deur alle sterrekundiges as `n groot kunswerk bewonder word. *(by die huidige Dendera, ten noorde van Thebe.)
[12] Aan die hand van hierdie kort uitleg van My sal jy nou maklik kan insien hoe jou god Apollo oorspronklik ontstaan het, en waarom die mense hom later tot god van die son en ook god van verskeie kunste en wetenskappe gemaak het; dan sal jy ook begryp dat daar in werklikheid nooit `n god Apollo bestaan het nie. Maar omdat deur die oues die tyd ook gesien word as `n belangrike uitvloeisel van die goddelike krag, word ook daardie beeld aan die twaalf hoofgode toegevoeg, terwyl die twaalf hoofgode op sigself niks anders was as die deur mense onderskeidende twaalf vernaamste uitvloeisels van die een oergoddelike krag nie.
[13] Daaruit kan jy nou goed aflei hoe die vele ander gode en afgode naderhand ontstaan het, en nou sal jy ook goed weet hoe jy jou blinde heidene moet onderrig, sodat hulle weer kan terugkeer na My toe, die een en enig ware oergoddelike Wese, die Bestaan van al die bestaan en die Lewe van al die lewe.”
|
|
|
|
|