|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 64
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Hoe mens bygelowige heidene moet onderrig
64 Ons gaan egter na buite na `n heuwel buite hierdie kasteel, wat nog hoër was as dit waar die kasteel op gestaan het en waar ons na alle kante `n pragtige uitsig gehad het. `n Mens oorsien vandaar ook `n groot deel van die dal van die Jordaan - en aan die ander kant in `n oostelike rigting in die verre vlaktes van die Eufraat - `n groot aantal berge en omliggende plekke. Van hier af kon mens tot in Jerusalem kyk; maar hierdie keer was die streek heeltemal in `n digte oggendnewel gehul, sodat mens niks kon onderskei van die plekke van Judea nie. Die kommandant merk op: “Heer en Majesteit, die digte newel bokant die plekke en velde van Judea lyk vir my asof dit die volk karakteriseer, wie se hart en verstand deur `n nog digter newel omgewe is as die wat nou hulle velde vir ons gesigsveld verberg?”
[3] Ek sê: “Ja, vriend, so is dit ook; daarom sal ook baie in die baie digte newel van hulle dwalinge en die daaruit voortkomende sonde van allerlei aard die dood vind. Maar laat ons nou dergelike beskouinge tersyde laat en ons oë na die opgang van die son wend; want daar sal vandag weer `n pragtige sonsopkoms te sien wees! Daarom sal ons nou almal bietjie rus en die sonsopkoms geniet!”
[4] Daarop word almal rustig en geniet die mooi, voortdurend wisselende taferele van die oggend; want in hierdie streek is die oggend altyd baie pragtiger vanweë die verre gesigseinder na die ooste; daar vind voor sonsopgang `n besonder baie seldsame meteoriete ontwikkeling plaas, waarvan die oorsaak in natuurlike opsig in die uitgestrekte vulkaniese bodem gesoek moet word. Die bygelowige heidene en volkere van die streke beskou dergelike verskynsels as die halfgoddelike begeleiers van die godin Aurora, wat steeds vir Apollo die weg berei* wat die koms van haar broer Helios aankondig- die songod. Later was hy egter gelykgestel aan Apollo, alhoewel Apollo meer die God van die lig is, en Helios meer die God van die son is.) *(in die Griekse mitologie is dit die godin Aurora dageraad)
[5] Dit was nou die oomblik om die dwase geloof van die heidene af te neem en hulle die ware oorsaak van dergelike verskynsels te toon en begryplik te verklaar; dit doen Ek hier asook by die kommandant en sy onderoffisiere, en hulle begin ook te begryp waarom Ek hulle eintlik vanoggend saamgenooi het om hierdie heuwel op te klim.
[6] Toe hulle in alles onderrig was en hulle My ook hartlik daarvoor bedank het, merk `n hoë onderoffisier van die kommandant op: “Dit sal uiteindelik tog baie moeilik wees om veral die gewone volk van sy bygeloof af te bring, want volgens die leer van die heidense priesters sit dit in elke wolk en elke newelige vorm, by die opstyg van die rook uit die kombuis, by die verbranding en die meer of minder geknetter van hout, alleen maar allerlei soorte geeste en gnome (elwe) en hulle verwag na gelang van die beweging daarvan geluk of ongeluk!
[7] Want uiteindelik lê daar aan al die baie verskynsels, wat dikwels baie seldsaam van aard is, iets geestelik ten grondslag, omdat daar geen enkele verskynsel tot uiterlike sigbare bestaan kan kom sonder `n diepste innerlike en derhalwe eerste ontstaansoorsaak nie. En om die vernaamste oorsaak vir die volk begryplik en aanskoulik te maak, het die ou wyses dit in `n ooreenkomstige beeld gepersonifieer - maar die beeld word nou natuurlik deur baie min begryp en hulle beskou in plaas daarvan die verskynsel self as die mees innerlike en eerste ontstaansoorsaak. Dit is dus moeilik om dergelike mense op oortuigende wyse duidelik te maak dat dit wat hulle sien, nie is wat hulle sien nie en waarvoor hulle dit beskou nie, maar - op hierdie of op `n ander wyse - `n noodsaaklike uiterlike verskyningsvorm is van `n mees innerlike, eerste en vir die liggaamlike oog nooit sigbare oorsaak nie.
[8] Nou doen hom nog `n ander vraag voor, en dit is, of dit uiteindelik nie beter is om dergelike mense hulle bygeloof op één slag te ontneem nie. Want daardeur raak hulle dit wat hulle gehad het wel kwyt, maar kan hulle dit wat hulle in die plek daarvan ontvang, nie so gou met volle, oortuigde duidelikheid eie maak nie; en daardeur kan hulle, soos wat reeds by baie Grieke en Romeine die geval was, maar al te maklik tot die allerdigste en uiters moeilik uit te roei materialisme oorgaan, waar die inwoners van hierdie stad tog al geen gebrek aan het nie. - Heer en Majesteit, wat dink U daarvan?”
|
|
|
|
|