Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die herbergier onderrig die gaste oor die veranderde land

136 Toe die herbergier dit van My gehoor het, gaan hy onmiddellik met sy bure na sy huis en verwelkom die drie aankomelinge.

[2] Hulle oorval hom onmiddellik met `n groot aantal vrae oor die oorsaak van die so verbasingwekkende verandering van die dorp, en hoe dit in so `n kort tydjie tot so `n bloeiende gekultiveerde toestand gebring was.

[3] Die herbergier sê: “As net ek vir julle sou sê dat die dorp deur `n ware Godswonder tot so `n gekultiveerde toestand gebring is, sou julle my waarskynlik nie glo nie; maar daar staan al my bure en daar my kinders en my vrou, en hulle kan almal as getuies daarvoor instaan! So-iets sal op hierdie aarde onder die mense buitengewoon selde en op hierdie manier waarskynlik nog nooit plaasgevind het nie; maar daar was op aarde ook nog nooit `n tyd soos nou nie, waarin die beloofde Messias werklik as mens van vlees en bloed Self na ons mense toe gekom het nie.

[4] Die groot belofte is weliswaar net aan die Judeërs, maar daarnaas ook aan alle mense op die hele aarde gegee, en derhalwe ook aan ons heidene, wat nou tog al geruime tyd dieselfde geloof het as julle Judeërs.

[5] Kyk en luister: Hierdie Messias, wat nou vanuit die hoogste hemele na hierdie wêreld afgedaal het, wat werklik God en mens tegelyk is, het ook na ons toe gekom en het Hom oor ons geestelike en daarnaas ook oor ons liggaamlike armoede ontferm; Hy het ons woestyn geseën en het dit deur Sy almagtige wil in `n vrugbare landjie verander.

[6] Ook het Hy ons ryklik voorsien van alles wat `n mens nodig het om sy liggaam te voed en te versterk; ook het Hy ons op aanskoulike en heel verstaanbare wyse vertroud gemaak met die wese van ons aarde en die verskynsels daarin en die op die oppervlak daarvan en in die omringende lug, en ook met die hele sterrehemel. En op dié wyse het Hy ons van al die ou, duistere bygeloof van die heidene en die Judeërs verlos.

[7] Maar daaroor kan ons nou nog nie verder met julle praat nie, omdat daar ook in julle Judeërs nog te veel ou bygeloof sit; maar by `n volgende geleentheid sal ons nog wel met julle daaroor praat.

[8] Daarmee het ek julle nou volkome ooreenkomstig die waarheid meegedeel op welke wyse die klein gebied van ons plotseling so bloeiend ryk geword het, en hier voor julle staan voldoende getuies; as julle dit vir hulle wil vra, sal hulle julle dieselfde sê!”

[9] Een van die Judeërs, wat `n oudste en skrifgeleerde in Betsaida was en al verskillende kere met ons herbergier gespreek het, sê: “Ja, ons moet van julle glo dat julle dorp en stukkie land inderdaad so in bewerking gebring is soos wat jy ons so pas meegedeel het, omdat dit by die onvrugbaarheid van die grond op `n natuurlike manier ondenkbaar sou wees. Want waar sou julle die vrugbare grond vandaan gehaal het om daarmee die vir die grootste deel kaal, klipperige landjie te bedek, dat - wat julle deel aanbetref - tog meer as duisend morge* sal meet, en waar sou julle daardie groot aantal vrugtebome van allerlei soorte vandaan gehaal het en hoe sou julle dit hier so geplant het, dat hulle nou so groot en vol vrugte daarby staan asof hulle al dertig jaar gelede hier geplant was? *(Ou oppervlaktemaat, per landstreek sterk verskillend van 0,25 tot 1,2 hektaar. Van oorsprong soveel grond as wat `n span perde in één oggend kan ploeg of `n man in één oggend kan maai. Die Oostenrykse morg lê waarskynlik in die omgewing van 0,25 hektaar.)

[10] Dit is dus `n volmaakte Godswonder, waaroor geen twyfel kan bestaan nie, en ons wil dan ook glo dat die Man wat die ongehoorde wonderwerk hier vir julle gedoen het, ferm en seker die beloofde Messias Self, of op sy minste `n groot profeet is; maar wanneer was Hy dan by julle, en hoe lank het Hy daarvoor nodig gehad om die landjie van julle so te seën, en waarheen het Hy vanaf julle gegaan?”

[11] Die herbergier sê: “Vriende, gister teen die aand het Hy hier saam met Sy leerlinge aangekom! Die meeste van Sy leerlinge het Hy vooruit gestuur om Sy leer te verkondig; Hyself verblyf nog hier met drie van Sy leerlinge en Hy sal nog sewe dae hier bly. Daarmee het ek julle nog meer vertel as wat julle van my wou geweet het.

[12] Hy sal direk Self verskyn, en dan kan julle met Homself al die oorblywende bespreek en bepraat!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205