Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vraag na die hel en haar geeste

176 Nou wend Ek My tot die opperstadsregter en sê: “Was dit die gees van jou vader of nie?”

[2] Die opperstadsregter sê: “Grote Majesteit en Heer, hy was die gees seker en beslis soos wat ek sy seun is, en hy kan geen fantoom van my eie fantasie wees nie; want so `n fantoom sou nie so wys met my kon gepraat het nie, en wel oor dinge wat vir my tot nou toe vreemd was, soos wat dit onder ons aarde is. Van nou af aan glo ek geheel en al aan `n onvernietigbare voortlewe van die siel na die afval van die liggaam!

[3] Slegs één ding vind ek merkwaardig, en dit was dat my vader, so lank hy daar gunter was, geen bose geeste van die heidene en nog minder een of ander duiwel van die Judeërs teëgekom het nie. Daar word tog oral gesê dat slegte mense ook aan die anderkant voortbestaan en in hul onblusbare woede voortdurend besig is om net maar kwaad te doen. Hoe sien die oorde van die bose geeste dan eintlik daaruit? En waarom het my vader daar aan die anderkant nog nie één te siene gekry nie?”

[4] Ek sê: “Maak jou maar nie soveel of heeltemal geen gedagtes daaroor nie! Die bose geeste, wat mens duiwels noem, keer uiteindelik ook in hulleself, maar daar vind hulle net uiters kwade dinge, wat hulle eintlike liefde is. Hieruit skep hulle vir hulleself oorde wat volkome gelykenis vertoon met hul innerlike karakter, en geleidelik aan sonder hulle hul af in bepaalde groepe - na gelang die mate van hul boosaardigheid - en probeer iedereen skade te doen. As hulle onder die mense op hierdie aarde soortgelyke karakters bespeur, vind hulle ook baie gou weë om hulle op byna dieselfde manier te benader as wat jou vader jou benader het, neem dan eers die vlees in besit en vervul dit met van alles wat mens maar sleg en boosaardig kan noem.

[5] In die begin tree hulle stilletjies op en probeer hulle die siel in die vlees te trek. As dit gebeur het, is die siel al so goed as verlore vir alles wat reg, rein, goed en waar is. En Ek het juis Self in die vlees in hierdie wêreld gekom om aan hierdie ou bose praktyke `n definitiewe einde te maak ten behoewe van al diegene wat in My glo en volgens My leer sal lewe en handel - want kyk, Ek alleen is die Heer oor alles in die wêreld en oor alles in die ryk van die geeste! Glo dit, dan sal jy lewe!”

[6] Daarop dank die opperstadsregter My vir die onderrig, maar stel as skerpsinnig verstandelike kritikus ten slotte nog die volgende vraag: “Maar, Majesteit en Heer, hoe kan U sulke bose praktyke eintlik aansien, sonder al baie lank gelede definitief `n einde daaraan te maak?”

[7] Ek sê: “Wat jy sou wil, het ook altyd deur My gebeur, en daar het nog nooit `n enigsins goeie mens verlore gegaan nie; maar vir dit wat nou gebeur, was die mensdom op hierdie aarde nog te jonk en is hulle ook nou nog lank nie ryp genoeg nie.

[8] Maar terwille van die weinige goeies het Ek My oor hierdie wêreld ontferm en wil Ekself vir hulle aan die anderkant `n ryk vestig, waar hulle ewig by My sal wees en saam met My sal heers.

[10] In die groot wêreld aan die anderkant is reeds tallose beter Judese en heidense geeste soos jou vader; wanneer Ek binnekort na My ewige oerwese sal terugkeer, sal ook aan al die beter heidene en Judeërs aan die anderkant die korrekte weg na die volmaakte, ewige lewe getoon word. Alle slegte siele sal egter ook altyd die vryheid hê om hulle lewe te verbeter en in die weg van die lig op te gaan of in hul kwaad te bly en hulle daardeur ewig te laat kwel; want in wat hulle wil, oorkom hulle geen onreg nie. En so sal aan die anderkant die loon van die goeie die goeie wees, maar die loon van die slegte die slegte; iedereen sal hulle na die aflê van sy liggaam in sy jongste dag bevind, en Ek sal iedereen opwek en hom die loon vanuit homself gee, soos hy was, goed of sleg.

[11] Daarmee is alle vrae wat jy aan My gestel het wel meer as voldoende beantwoord, en as Ek jou nog meer diepgaande sou wil antwoord, sou jy dit tog nie begryp nie; want julle is almal, wat julle siele betref, nog kinders en sou stewige, kos vir manne nog nie kan verdra nie. Daarom moet julle ook eers met melk gevoed word; maar wanneer julle eenmaal deur daardie voedsel voldoende kragtig geword het, sal julle ook in staat wees om kragtiger voedsel uit die hemel te verdra.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205