Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die afgodsbeelde in die huis van die herbergier

177 Na hierdie woorde van My begin almal - ook selfs my apostels - My baie te loof, en hulle sê: “Nou, o Heer, het U weereens baie duidelik en verstaanbaar oor verborge dinge gespreek, en ons het `n egte lig gekry oor die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam en hoe dit daar is; alles wat op hierdie manier bestaan kan alleen deur U, o Heer, in `n helder lig geplaas word, en daarvoor sy aan U die innige dank van al ons harte luid en welgemeen uitgespreek!”

[2] Daarop sê Ek: “Eet en drink nou nog wat daar op tafel staan; daarna sal ons onsself ter ruste begeef en sien wat die dag van môre ons sal bring!”

[3] Daarop eet en drink almal en spreek baie met mekaar oor My. Ek eet en drink egter niks meer nie en rus in `n sekere sin uit van die vermoeienisse van die dag. Teen middernag begin ook die ander slaap te kry, en die opperstadsregter, die fariseërs en die Judeërs gaan na hul huise. Ek bly egter soos gewoonlik met My leerlinge die hele nag aan tafel sit.

[4] By die weggaan sê die opperstadsregter aan die herbergier, dat hy dit absoluut nie moes waag om enige betaling van ons te verlang nie; want hy sou die rekening self vir almal betaal.

[5] Die herbergier sê: “Heer opperstadsregter! Op die punt kan u my maklik bevele gee - want by hierdie rekening is ek die enigste skuldenaar, en alle gaste is my skuldeisers; want as hulle my in rekening sou wil bring wat hulle vir my gedoen het, dan sou ek `n flink bedrag aan hulle moet betaal. Wees dus nie besorg nie, want by hierdie geleentheid is ek geen herbergier nie, maar `n mens en netsoos jy `n egte vriend van al die goeie, ware en buitengewone. Môre sien ons mekaar weer!”

[6] Daarop neem hulle afskeid en ook ons herbergier begeef hom ter ruste, hoewel hy, voordat hy aan die slaap val, nog baie met sy vrou en kinders oor die verskyning van die afgelope aand spreek.

[7] Sy vrou en kinders was nog egte heidene in hart en niere, en hulle slaapkamer staan, waar daar maar `n plekkie te vinde was, heeltemal vol met Romeinse en Griekse beeldjies, sommige van hout, ander van klip en weer ander van metaal gemaak.

[8] Die herbergier sê aan haar: “Luister eers, brawe en troue vrou! Noudat ons die geluk gehad het om die werklike, een en enig ware God liggaamlik en persoonlik te leer ken, sal ons môre hierdie afgodsbeelde ter hand neem en hulle almal vernietig; want hulle was ons nog nooit van nut gewees nie en sal ons ook in die toekoms nog minder van nut wees.”

[9] Toe die herbergier dit aan sy vrou gesê het, wil hulle aanvanklik nie instem nie; maar sy oudste seun, wat `n vrydenker was, sê hardop: “Vader, dit het ek met jou toestemming al lankal wou doen, - die geloof van die vrouens hier is net so hardnekkig soos klip en daar is geen verstandige woord mee te praat nie, hoewel hulle sou moet insien dat al die afgode ten eerste niks anders as dooie materie is, en ten tweede so sleg en armsalig gemaak is, dat hulle die menslike kunssin reëlreg tot skande maak; want so `n Diana van Efese sien daar immers nie anders uit as `n verdroogde vis nie, en van die Jupiter kan mens maak wat mens wil!

[10] Ek laat my die figure nog welgeval as die werke van egte kunstenaars; maar hierdie figure, wat die slaapkamer van moeder versier, is merendeels werke van Griekse herders; langs die oppas van hul vee maak hulle dergelike figure van hout, leem, sagte klip of lood, laat hulle daarna deur die priesters wy, pak ten slotte groot kiste daarmee vol en gee hulle dan teen `n skandalige prys aan bepaalde beeldhandelaars om verder te verkoop. Die kom dan in ons streke, en ons vrouens het in hul domme piëteit geld genoeg om die armsalige rommel van die handelaars te koop. En die kombuis moet dan daaronder ly, want alles word suiniger en slegter op tafel gesit, en dan het vreemde gaste werklik geen redes om te bedank vir `n goeie en oorvloedige versorging nie. Daarom liewer meer vet en olie op tafel vir die gaste as soveel dwase en belaglike gode in die slaapkamer!

[11] In `n hoek van die gastekamer staan `n halwe lewensgroot Apollo, wat al so swart en vieslik is, dat `n eerlike mens daarvan moet walg om na so `n figuur te kyk. Ek het dit al lank in die oog, en môre sal ek die miserabele figuur vir altyd opruim!”

[12] Sy moeder skrik nogal vir die voornemens van haar seun, en sê: Ja, ja, maar pas op dat die priester van Apollo jou nie sien en jou dan as heiligskender bestraf nie!”

[13] Die seun sê: “Ek is gladnie meer bang vir hom nie! Want die Een wat ons op wonderbaarlike wyse van wyn en visse voorsien het en ook in staat was om teenoor die Judeërs en hul priesters, wat Hom wil verhinder om die stad binne te gaan, oombliklik veertien woeste leeus neer te sit, wat ek met eie oë gesien het, sal ook goed in staat wees om my teen die meer as domme Apollopriester in beskerming te neem, en des te meer omdat ons opperstadsregter geen vriend is van ons gode en hul priesters nie.

[14] Hierdie priester van ons is egter ook verstandelik ongelooflik dom en kan niks anders vertel as ou, al meer as duisend keer uitgekoude godefabels nie; daarby vreet hy soos `n wolf en suip hy soos `n os, veral as hy êrens wyn vandaan kan kry. Daaruit bestaan sy Apolliniese wysheid; en vir so iemand moet ek vrees en respek hê? Werklik, dan sou ek my moet skaam om selfs `n mens en dan ook nog `n Romein te wees!”

[15] Die herbergier, wat baie tevrede was oor sy seun, sê: “Wees nou maar kalm; môre sien ons wel wat daar alles gedoen kan word! Ons sal nou alles oorlaat aan Hom, wat vandag in ons huis uitrus! Hy sal alles wel in orde bring.”

[16] Daarop word dit in die slaapkamer van die herbergier rustig tot die oggend; die herbergier was een van die eerstes wat wakker geword het en hom dadelik na ons in die gastekamer begeef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205