Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

`n Beeld van die geestelike ontwikkeling van die mens

196 Die opperstadsregter sê: “Majesteit en Heer, dit lyk asof alles in my ruimer begin te word, en ek sien die groot waarheid van U les netsoos die voorwerpe van hierdie aarde in `n skemerige oggendlig; maar daar hang nog baie newels in die laer streke, en ek sal nog moet wag voordat die son van die gees in my sal opkom. Dat daar in U `n oneindige grootheid aanwesig moet wees, selfs in die kleinste van U skepsele, dit bewys U onderrig meer as voldoende; want die fantasie en verbeeldingskrag van geen enkele mens sou ooit so hoog en so laag kan reik om ons mense sulke beelde voor oë te stel nie, wat slegs hulle oorsprong kan hê in die eindelose wysheid en volheid van mag van die een en enig ware Skepper van alle dinge.”

[2] Hierop sê alle aanwesiges: “Majesteit en Heer, ons voel ons byna heeltemal vernietig teenoor U grootheid, wat U ons deur U woorde slegs `n bietjie en vir U waarskynlik met die grootste gemak getoon het! Wat sal daar uit ons groei, as ons U in die toekoms steeds meer volmaak sal leer ken?!”

[3] Ek sê: “Uit julle sal dit groei, wat daar uit `n mosterdsaadjie groei, wat `n baie klein saadjie is wanneer dit in vrugbare en tot lewe brengende aarde gelê word. Die sal weldra uitgroei tot die grootte van `n egte boom, en onder die takke daarvan sal selfs die voëls van die hemel woon. En die mosterdsaadjie sal dan in staat wees om hom in sy vrug geleidelik tot in die oneindige te vermeerder, `n eienskap wat nie alleen eie is aan `n mosterdsaadjie nie, maar ook aan alle ander sade.

[4] Nou is julle weliswaar ook nog baie eenvoudige saadkorrels. My leer, wat aan julle gerig word, is die goed bemeste aarde waarin Ek julle self saai, en as julle die lewenskrag van hierdie leer gretig in julle opneem, sal julle ook in My ryk eindeloos oorvloedig vrug dra; want geen oog het ooit gesien, geen oor gehoor en geen sintuig gevoel wat diegene in My ryk te wagte staan nie, wat in My glo, My liefhê en My verstaanbare gebooie hou.

[5] Maar dit het nou al midde van die dag geword, en ons liggame het ook hulle versterking nodig. Sorg dus daarvoor, My beste herbergier, dat ons `n aansienlike hoeveelheid wyn en brood en ook vis te ete kry; want na die middagmaal sal Ek julle weer met My leerlinge verlaat en verder reis!”

[6] Nadat Ek dit gesê het, was alles wat Ek gevra het, weldra daar, en welgemoed hou ons `n goeie middagmaal.

[7] Na die middagmaal, wat ongeveer `n uur duur, vra die herbergier en die opperstadsregter, netsoos die drie Apollopriesters, die twee fariseërs en die oorblywende Judeërs wat hier aanwesig was, of Ek nog tot die volgende oggend by hulle wou bly.

[8] Ek vra dit aan My leerlinge en sê: “As julle wil, kan ons wel hier tot môre bly!”

[9] Die leerlinge sê: “O Heer, U weet tog goed dat ons alles goedvind wat U goedvind; laat ons daarom hier bly ooreenkomstig die wens van U nuwe lieflike vriende, want dit is tog al ruim `n uur na die middag, en ons sou waarskynlik van hier verder na die suide geen plek meer kan bereik nie.”

[10] Daarop sê die opperstadsregter: “O Majesteit en Heer, wat dit betref, het U leerlinge die waarheid gespreek, want van hier tot die volgende stad, wat van hieruit heeltemal in die suidooste lê by die bronne van die spruit, die Arnon, is dit meer as `n dagreis ver, en langs die weg van hier na daar staan daar slegs af en toe `n uiters agterlike herdershut.”

[11] Ek sê: “Wat die afstand betref, sou dit vir My wel moontlik wees om die stad saam met My leerlinge te bereik; maar omdat julle in jul harte wens om My nog tot môre by julle te hê, sal Ek ook die wens tegemoet kom; Ek bly daarom tot môre by julle.

[12] Hierdie namiddag is egter baie mooi en suiwer; laat ons daarom hierdie tyd van die dag buite deurbring, en wel nogmaals op die berg Nebo! Ons sal dan ook dadelik daarheen gaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205