|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 215
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die korrekte toepassing van die gebod van die naasteliefde
215 Toe sê Simon Juda: “Ja, Majesteit en Heer, daar is nog wel die een en ander wat in my begrip nie heeltemal die regte vorm wil kry nie; maar ek dink by myself: Omdat nou dit wat my die meeste krom toeskyn, so maklik reguit geword het, sal mettertyd die minder krom lyne van my verstand vanself ook wel heeltemal reguit word.”
[2] Ek sê: “Bring nou maar na vore wat nog vir jou enigsins krom voorkom!”
[3] Simon Juda sê: “Heer, dit wil ek wel doen, maar nie so graag nie, omdat ek daarmee teenoor die ander leerlinge sal laat blyk dat ek in vele opsigte miskien onnoseler is as hulle; maar omdat U dit wens, sal ek ook spreek en myself teenoor al my metgeselle verdeemoedig!
[4] Kyk, per geleentheid toe U ons en die volk onderrig het oor die liefde tot God en tot die naaste, het U ook aangegee dat jy selfs jou aartsvyande moet liefhê, en dat jy diegene moet seën wat jou vervloek, goed doen aan diegene wat jou kwaad doen en aan iemand wat jou `n oorveeg gee, nog jou ander wang moet toekeer, in plaas van om hom `n oorveeg terug te gee.
[5] Ek sien goed in dat die daadwerklike beoefening van die aanbevole naasteliefde, in die handelswyse wat deur U geleer is, die ware, hemelse vorm sal kry. Want as ons mense dit almal moet doen - naamlik wat ons wens en wil dat hulle in `n soortgelyke geval ook aan ons sou doen - dan is dit daardeur natuurlik ook volkome billik dat jy selfs jou vyande moet liefhê, bid vir wie jou vervloek en doen goed aan wie kwaad teenoor jou doen; maar tog vind ek `n paar dinge nog krom, en wel omdat, die geval die selfverdediging heeltemal na die kant toe geskuif is. Jy kan dit wel in ag neem teenoor mense wat in hul boosaardigheid teenoor ander mense nie te ver gaan nie, maar ten opsigte van mense wat hardnekkig ware aartsduiwels geword het teenoor hulle medemense, sou daar in U goddelike leer `n klein uitsondering gemaak moet word.
[6] Ek wil dit nie oor die oorveeg hê nie, en dit sou egter niks vir my wees om, as iemand my per een of ander geleentheid `n nie al te harde oorveeg gegee het en sou hy sin daarin hê om my nog een te gee, ook die ander wang te draai nie, sodat daar dan vrede en eendrag tussen ons kan ontstaan; maar wat, as my teenstander my met sy eerste oorveeg al byna halfdood geslaan het? Moet ek in daardie geval nie liewer myself verdedig nie, as ek dit op een of ander manier sou kan doen, as om my deur so `n woedende reus van `n Simson heeltemal te laat doodslaan nie?
[7] Ek dink, o Majesteit en Heer, dat daar in hierdie leer wat U oor die naasteliefde opgestel het - natuurlik slegs volgens die oordeel van my wêreldse verstand - nog heelwat krom dinge sit, wat deur die reglynige maag van ons gemoed nie so maklik te verteer kan word nie. Ek weet nie of ek verstandig of onverstandig gespreek het nie; maar omdat ek tog glo dat my wêreldse verstand wel redelik is, omdat ek U andersins waarskynlik nooit as die Majesteit en Heer sou herken het nie, is ek dus ook van mening dat juis die redelikheid van my verstand ook dergelike krom dinge herken.”
[8] Ek sê: “Jy het `n baie goeie en korrekte vraag gestel; maar Ek moet altyd weer teenoor jou opmerk dat jy weliswaar `n baie skerp verstand het, maar daarenteen - wat deur jou gevorderde leeftyd kom - `n minder goeie geheue; jy herinner jou daarom veel dinge nie meer wat Ek by verskillende geleenthede as verklaring oor die ware naasteliefde aan die mense gegee het nie.
[9] Dit is op sigself baie duidelik dat mens `n deur en deur slegte mens deur `n te vriendskaplike houding nie nog meer geleentheid moet bied om sy boosaardigheid te laat groei en steeds slegter te word as wat hy voorheen was nie.
[10] In daardie geval sou die volhou van `n toegeeflike houding niks anders wees as `n ware ondersteuning van die te sterk groeiende boosaardigheid van die vyand nie; maar daarvoor het Ek in hierdie wêreld te alle tye streng regters aangestel en hulle die reg verleen om die mense wat te sleg en boosaardig geword het, te tugtig en te straf na gelang hulle dit verdien het, en Ek het julle daarom ook die gebod gegee, dat julle onderwerp moet wees aan die wêreldse owerheid, of dit nou sagmoedig of streng is.
[11] Wie dus so `n erge vyand het, moet na `n wêreldse regter gaan en die by hom aangee, dan sal hy diegene wat deur en deur sleg geword het, se boosaardigheid uitdryf.
[12] As dit nie geluk met alleenlik liggaamlike tugtiging nie, dan sal dit ten slotte wel geluk met die swaard. En so is dit ook met die oorveeg. As jy dit kry van `n minder boosaardige mens, wat daartoe verlei word deur `n plotselinge opwelling van sy gemoed, verweer jou dan nie, omdat hy milder gestem word deur die feit dat jy hom geen oorveeg teruggee het nie, dan sal julle daarna maklik weer,sonder `n wêreldse regter, goeie vriende word.
[13] As iemand in volle woede met `n moorddadige oorveeg op jou afkom, dan het jy ook die volste reg om jou te verweer; kyk, as dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het dat julle ook die stof van julle voete moet afskud oor die mense in `n plek, wat julle nie net, nie wil opneem nie, maar julle nog bespot en met allerlei vervolging bedreig.
[14] O, wees seker daarvan dat Ek met My prediking oor die naasteliefde, die mag en die gesag van die swaard nie in die minste opgehef het nie, maar wel versag het, so lank die vyandigheid onder die mense nie die graad bereik wat mens met die volste reg hels kan noem nie!
[15] By die oues wat volgens die wet van Moses gelewe het en die meeste ou Rigters was gesê: “Lewe vir `n lewe, oog om `noog, tand om `n tand!”, maar dit moet by julle nie so wees dat julle dergelike wette al te letterlik opneem nie, en dat jy jou vyande nie gereelder as sewe keer moet vergewe nie - waaroor Ek julle al herhaalde male `n verklaring gegee het, wat julle ook goed begryp het!
[16] Maar, soos gesê, daarmee het Ek die wet van Moses, die Rigters en die profete nie opgehef nie, maar alleen versag; want hulle het die wet al te letterlik geneem en het met dieselfde strengheid ook diegene gestraf, wat gereeld meer toevallig, as wat dit as gevolg van sy kwade wil was, sy medemens een of ander skade berokken het.
[17] Deurdat die Rigters te streng aan die wet vasgehou het, gebeur dit dan ook dat die volk in die tyd van Samuel, die laaste Rigter van Israel, van My `n koning verlang, omdat die volk onder die koning op `n milder handhawing van die wette gehoop het as onder die Rigters. Weliswaar het die volk hulleself vergis, veral in koning Saul, wat die volk nog veel erger getugtig het as die vroeëre Rigters; maar onder Dawid en ook onder Salomo het dit toe wel mensliker gegaan as onder die Rigters.
[18] Maar onder die latere konings, veral toe die ryk onder meer konings verdeel was, het dit nog veel erger daaraan toegegaan as onder die Rigters. En toe dit uiteindelik al te sleg begin te gaan het, het daar ook niks anders oorgebly as om alle Judeërs en ook vele naburige volkere, met wie die Judeërs voortdurend in rusie gelewe het, aan die verenigde mag van Rome oor te gee nie, omdat Rome in wêreldse opsig die beste, mees wyse en doelmatigste wette gehad het. En kyk, toe kom daar onder die Judeërs, asook onder hul naburige volkere dadelik volkome rus en orde!
[19] Maar as die Judeërs nou geleidelik aan steeds opstandiger sal word en die priesters van die Judeërs die wette van Rome steeds meer as godslasterlik gaan aandui en die beter Judeërs verdoem omdat hulle vriende van die Romeine is, dan sal die Romeine weer opstaan en die ryk met groot mag binnedring en dit soseer verwoes, dat daar geen klip ongebroke op die ander sal bly nie. Daarna sal die Judeërs self oor die hele wêreld uiteen gedryf word, en dan sal ook gebeur wat Ek julle al vantevore gesê het, naamlik dat die Judeërs moet bid dat die tyd van hulle vlug nie in die winter, en ook nie op `n Sabbat sal plaasvind nie; want dan sou dit nog slegter met hulle gaan as in `n ander jaargety of op `n werkdag. Besonder swaar sal die vlug vir die swanger vrouens word.
[20] In die tyd sal ook twee Judeërs in één bed slaap; die een, wat `n bekende vriend van die Romeine is, sal behoue bly en die hardnekkige Judeër sal verwerp word. So sal daar ook twee ander by één meule maal; ook daar sal om dieselfde redes die een behou, die ander verwerp word. Wie op die veld werk, laat hy nie weer na sy huis terugkeer om sy mantel te haal nie, en wie die dak op sy huis repareer, moet nie van die dak sy huis ingaan om iets te haal nie, maar laat hy liewer van die dak op die grond spring en deur te vlug probeer om sy lewe te red! Want as hy in sy huis afdaal, sal hy sy lewe sekerlik verloor; as hy egter van die dak spring, kan hy in die gunstigste geval nog sy lewe behou en homself deur die vlug red.
[21] Kyk, My beste Simon Juda, die dinge het Ek julle al herhaaldelik gesê, netsoos aan vele ander Judeërs en fariseërs, en Ek dink dat jy geen krom lyne in al die dinge sal ontdek nie!”
|
|
|
|
|