|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 62
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die rumoer voor die huis van die Judeërs
62 Terwyl ons almal nog aan tafel sit, ontstaan daar buite op straat `n rumoer. Verskeie arbeiders keer terug na die huis van hulle daaglikse werk, sien die huis goed verlig - wat anders by hierdie arm Judeërs byna nooit die geval was nie - en wil kyk wat daar in hierdie ruïne aan die gang was. Daarom roep hulle na die bekende Judeërs dat hulle na buite moes kom om hulle te vertel wat daar gebeur het, omdat die slegte vertrekke so helder en feestelik verlig was.
[2] Ek sê vir die kommandant: “Gaan jy nou na buite na die lawaaimakers! Hulle sal jou dadelik herken en hulle daardeur ook onmiddellik laat realiseer waarom die huis nou so verlig is; en sal hulle hulleself dadelik baie rustig gedra, hulle na hul huis begewe en nie meer vra waarom die huis by die Judeërs nou so verlig is nie.”
[3] Die kommandant doen dit, begelei deur een van sy ondergeskiktes.
[4] Toe hy by die lawaaimakers kom, sê hy hard en ernstig: “Wat wil julle van die arme Judeërs hê, terwyl ek met hulle besig is, asook `n nog baie groter Maghebber? Mag ek op die uur van die nag die huis van binne dalk nie vir my laat verlig ter wille van hulle nie?!”
[5] Toe die arbeiders, wat die kommandant dadelik herken het, dit hoor, verontskuldig hulle hulleself dat hulle dit nie geweet het nie, vra hom om vergewing en gaan toe baie rustig na hulle huise. Maar hulle vertel dadelik aan hulle familie wat hulle gesien en verneem het, en daarop word daar baie gedink en oor en weer gevra en gegis wat dit beteken dat die kommandant met `n nog hoëre maghebber sy intrek geneem het in die armsalige huis van die Judeërs. Maar niemand durf uit die stad na die huis van die Judeërs gaan om te kyk wat daar aan die gang was nie, en so het ons die hele nag rus gehad.
[6] Toe die kommandant weer met sy ondergeskiktes by ons kom, vertel hy hoe hy dit gedoen het, en dat dit goed gewerk het; hy was alleen bang dat hy in die oggend vroeg al deur die erg klaerige Grieke gepla sou word, en hy wens dat dit soveel moontlik voorkom sou kan word.
[7] Ek sê: “Wees nie daaroor besorg nie! Ook môre sal ons wel `n middel vind om die nuuskieriges ver van die huis te hou. Maar aangesien dit nou al taamlik ver in die nag geraak het, sal ons onsself nou ter ruste begewe! Ek bly hier aan die tafel rus; laat diegene wat egter `n bed wil hê, na die baie rusvertrekke gaan, en sal daar `n groot aantal rusbeddens aantref!”
[8] Almal wat aan My tafel sit, gee egter die voorkeur daaraan om net soos Ek tot die oggend aan tafel te bly; slegs die Judeërs bly nie aan die tafel nie, maar begewe hulle na hulle ou kamers, wat nou egter ook heeltemal verander was. Ons laat die lampe die hele nag deur brand en die vertrekke verlig, sodat enkele nuuskieriges, wat dit tog gewaag het, in die nag baie saggies naby die huis van die Judeërs gegaan het om van enige afstand af te luister wat daar in die huis gaande was, bang sou word. Maar toe hulle die ligte gewaar, durf hulle die huis nie nader nie, uit vrees om deur die kommandant self of deur een van sy dienare ontdek te word en daarna gestraf te word.
|
|
|
|
|