Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die noodsaak om versigtig te wees met onderrig

131 (Die Heer:) “Let egter altyd daarop dat daar geen vyande van die waarheid soos verskeurende wolwe in skaapskleding na julle toe kom en dergelike hulpmiddels van julle leen onder allerlei beloftes en dit dan nie teruggee nie, sodat dit wat julle die mense leer, nie te ver onder die mense kom en die waarsêery van die priesters dan niks meer sou oplewer nie!

[2] Want as julle geleer het dat Ek die egte Messias is, sal dit veral die Judeërs in Jerusalem en ook julle priesters nie veel steur nie; want hulle sal sê: “Die heidene mag glo wat hulle wil, maar ons in Jerusalem bly wat ons is en laat ons niks deur die heidene voorskryf nie!”

[3] En julle priesters sal sê: “Dit is vir ons nog baie bruikbare mense, wat nog werklik in die een of ander god glo; want daar het ons tog al `n hele leër van wêreldse wyses bo die hoof gegroei wat niks meer glo nie, en dus moet ons bly wees dat ons nog mense aantref wat in `n god glo, omdat ons hulle veel beter kon gebruik as al die hoogdrawende wêreldse wyses, wat ons geen offers meer wil gee nie.”

[4] Maar as julle die mense die ware gedaante van die aarde en ook alle verskynsels - naby, daarop en daarbuite, en netso die maan, die son, die planete en die oorblywende sterre op heel verstaanbare wyse aan die mense begin verklaar, en die verskillende priesters, wat nou merendeels van die waarsêery leef, dit te wete kom, sal julle probleme met hulle kry.

[5] Wees dus versigtig, en leer sulke dinge net aan die mense wat vooraf al baie sterk geword het in die geloof in My en die liefde vir My, en sê vir hulle dan dieselfde as wat Ek nou vir julle gesê het; dan sal diegene wat dit in ag neem, niks te vrese hê nie.

[6] Ek sê vir julle: voordat dit wat Ek nou oor die natuurlike dinge van hierdie wêreld bekend gemaak het, die groot massa van die mense sal bereik, sal daar meer as duisend aardse jare verstryk.

[7] Die ewige lewe van die mense is weliswaar nie van dit alles afhanklik nie, want dit sal hom ten deel val deur sy geloof in die een, enig ware God en deur die getroue vervulling van Sy wil - maar tog is dit vir die mens van groot nut, en wel vir sy siel en gees, as hy tewens van al die ou bygeloof gereinig word, God daardeur steeds helderder en duideliker herken en Hom sodoende steeds meer sal liefhê.”

[8] Op hierdie woorde van My sê almal: “Ons kan `n saak, hoe goed en na ons mening volkome korrek uiteensit - maar alleen U, o Majesteit en Heer, het ten slotte tog as Enige heeltemal in alles gelyk! Ons sien nou volkome in dat die uitbreiding van hierdie natuurlike leer heel twyfelagtig sal wees, omdat dit te diep ingryp in die aardse voordele van die priesters, en ons sal ons ook nie buitengewoon haas om dit aan die eerste en die beste op te dring nie; maar tog vra ons U om ons vir daardie doel van die nodige hulpmiddels te voorsien, omdat ons by `n goeie geleentheid ook op dié gebied U Naam hoog kan verheerlik.”

[9] Daarop sê Ek aan die herbergier: “Kyk, jy het hier in jou huis nou wel baie min geskikte ruimte waarin mens dergelike dinge doelmatig sou kon akkommodeer. Daar bly vir My na julle goeie vraag dan ook niks anders oor as om so `n ruimte aan jou huis toe te voeg nie, waarin die eerder genoemde hulpmiddels, waarmee jy alles kan uitlê, ordelik en doelmatig geakkommodeer en op die regte tyd ook in My Naam deur julle gebruik kan word.

[10] Ek het dit nou ook al ten uitvoer gebring; laat ons daarom nou deur die klein vertrek hier langsaan loop, dan sal ons van daaruit deur `n oop deur in die genoemde nuwe vertrek kom, waarin alles sal wees wat julle by die uitlê sal nodig hê!”

[11] Daarop staan almal op, jonk en oud, behalwe enkele van My ou leerlinge, wat al baie geslaap het, en gaan saam met My om dié nuwe wonder te bekyk en te bewonder.

[12] Toe ons die sogenoemde astronomiese en geologiese vertrek binnekom, wat wel vier keer so groot was as ons eetsaal, was die inwoners van die dorp heeltemal oorbluf. Ek toon en verklaar aan die herbergier die hulpmiddels, en hy begryp alles dadelik en vind alles in hoë mate doelmatig.

[13] Onder vele lofprysings van My mag, liefde en wysheid keer ons weer na ons kamer terug, en die herbergier vra My of hy vir die nag, wat nog `n paar uur sou duur, `n goeie rusplek vir My sou gereedmaak.

[14] Ek sê: “Laat dit maar; want Ek bly hier aan die tafel, asook al My leerlinge wat hier aan tafel rus! Die oggend begin trouens al skemer, en ons sal geen lang nagrus nodig hê nie.”

[15] Daarmee was die herbergier tevrede en hy gaan ook aan tafel sit; sy bure begeef hulle egter na hulle wonings en probeer om te slaap; maar hulle siele was nog baie opgewonde, en dus slaag dit nie so goed met die slaap nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205