Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer in die bergstad Pella

Die Heer by die herbergier in Pella

33 By hierdie herberg hou ons stil, en die herbergier kom ons tegemoet en verontskuldig hom dat hy ons nie kon opneem nie; want ten eerste was sy herberg veels te klein om ons plek te kan bied, en ten tweede het hy so min mondvoorraad dat dit nie vir ons voldoende sou wees nie. Maar midde in die stad is daar `n Griekse herberg, wat van alles voorsien was, en daar sou ons goed onderdak kon kry.

[2] Ek sê: “Dit weet Ek al lank voordat jy gebore was; maar Ek het nou nie ter wille van die heidene, maar slegs ter wille van die Judeërs hierheen gekom, en as jy My absoluut nie wil opneem nie, sal Ek weet wat My nog te doen staan. Laat ons dus die ruimte van jou herberg en jou sinagoge sien!”

[3] Daarop kyk die herbergier My verbaas aan en sê: “Vriend, wie is jy eintlik, dat jy ronduit gebiedend teenoor my spreek?”

[4] Ek sê: “As jy sou weet wie Ek is, sou jy vir My sê: “Heer, ek het `n seun wat aan jig ly, waarop al baie artse hulle kunste beproef het; daardeur het ek arm geword, en my seun ly elke dag erge pyn! Help my seun, want U kan alles doen!” Maar jy weet dit nie, daarom het Ek dit nou vir jou gesê.”

[5] Toe die herbergier dit uit My mond gehoor het, dink hy by homself: “Hoe weet hierdie vreemdeling, wat ons bergstad Pella nog nooit gesien het nie, dat my Seun aan jig ly en dat sy lyding van dag tot dag erger word?”

[6] Daarop wend hy (die herbergier) hom eers na My toe en sê: “Heer, dat U geen gewone mens is nie, dit het ek nou wel duidelik gemerk; en as U my seun kan genees, sal ek ook, ondanks my armoede, alles gee om my teenoor U en U metgeselle dankbaar te betoon!”

[7] Ek sê: “Bring My na jou seun, dan sal dit met hom beter gaan!”

[8] Toe bring die herbergier My na die vertrek van sy siek seun, waar sy moeder en sy susters rondom die jammerende en klaende sieke sit en treur en tot God bid of Hy nie die sieke tog eindelik eens van sy lyding wil bevry nie.

[10] Toe sê die herbergier vir syne: “Hou op met kla, want kyk, hier is `n vreemde arts wat my seun kan en sal help, en ek glo stellig dat slegs Hy dit kan doen!” Die treurendes sê: “As hierdie arts dit kan doen, dan het JaHWeH God ons verhoor!”

[11] Ek sê: “Ja, ja, Hy het julle verhoor, en nou sê Ek vanuit My eie mag, wat in My is: Jiglyer, Ek wil dat jy gesond word, en sondig in die vervolg nie meer nie; want deur jou geheime sonde het jy so geraak om te ly!”

[12] Met hierdie woorde van My word die seun oombliklik volkome gesond, en Ek sê dat hy sy bed moes verlaat en dat sy moeder vir hom iets te ete moes gereedmaak, maar vars en suiwer. Dit gebeur ook dadelik, en die herbergier en sy geneesde seun weet nie hoe hulle My op passende wyse kon bedank of selfs aanbid nie.

[13] Maar Ek sê: “Breek julle hoof en hart nie oor die manier waarop julle jul dankbaarheid teenoor My moet betoon nie; want Ek kyk net na die hart en weet nou wat daarin omgaan! Maar laat My nou jou herberg en die klein sinagoge sien!”

[14] Nou stribbel die herbergier nie meer teë om aan My wens te voldoen nie en bring My na die vertrekke van die herberg, wat uiteindelik tog genoeg ruimte vir ons bied.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205