Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die geneesde Romeinse regter bekeer sy vriende

3 Daarop kom daar `n dienaar van Markus na ons toe, en wel met `n boodskap vir die Romein namens verskillende van sy vriende in die groot kuuroord (gesondheidspa), wat daar belangstellend na hom begin navraag doen, omdat hy, terwyl hy volgens hulle mening nog nie genees was nie, te lank buite die kuuroord gebly het.

[2] Hierop vra die Romein aan My wat hy nou moes doen; want hy wil My nie bekend maak aan die ander gaste in die kuuroord nie.

[3] Maar Ek sê vir hom: “Met jou vriende en bekendes kan jy wel in vertroue oor My praat en vertel hoe jy in liggaamlike opsig gesond geword het.

[4] As hulle glo, sal dit ook met hulle beter gaan; maar as hulle nie heeltemal glo nie, sal dit ook nie beter gaan met hulle nie. As hulle wens om My self om te sien en te spreek, probeer om hulle daarvan te laat afsien, waarin die dienaar van Markus jou wel sal steun. Wil hulle My ondanks dit alles nog steeds spreek, laat hulle dan hierheen kom; maar sê niks oor My waar die Jode, Fariseërs en ander priesters sal by wees nie!

[5] En nou kan jy wel met die dienaar na die kuuroord gaan, sodat jou lang afwesigheid die gaste nie te erg opval nie.”

[6] Na hierdie woorde van My staan die Romein op en gaan, vergesel van die dienaar, na die kuuroord.

[7] Daar aangekom, sien sy vriende en bekendes hom onmiddellik, storm op hom af en bestook hom met duisend vrae.

[8] Maar hy (die geneesde Romein) sê: “Gee my tog bietjie tyd, en kyk eers ietwat aandagtiger na my, en sê my hoe julle my vind!”

[9] Hierop kyk almal baie oplettend na hom, en `n Romein, ook uit Tirus afkomstig, sê: “Maar by Zeus, jy blyk wel kerngesond te wees! Hoe het jy daar buite so volkome gesond geword, terwyl jou gesondheidstoestand gister tog in geen enkele opsig aanleiding gegee het vir so `n spoedige en volkome genesing nie?

[10] Het jy in die huis van Markus dalk `n beter arts gevind as die drie artse in die kuuroord, of `n nuwe, miskien nog geheim gehoue geneeskragtige bron? Vertel ons dit uitvoerig, sodat ons ook na buite kan gaan en net soos jy ons heil vind!”

[11] Hierop vertel die Romein hulle alles wat hy gehoor, gesien en meegemaak het.

[12] Toe sy vriende dit alles hoor, haal hulle hulle skouers op. En een van hulle sê: “Vriend, dit is dinge wat byna nog moeiliker is om te glo as die dinge van ons mitiese afgode!

[13] Ek het uit die mond van betroubare getuies al baie gehoor oor die uitsonderlike dade en werke van jou nuwe God, wat egter tog net soos ons almal uit `n vrou gebore en `n mens van vlees en bloed is en ewegoed net soos ons almal sal sterwe; maar ek kon nie anders as om my ou oortuiging, wat ek uit die boeke oor al die baie groot, beroemde mense verkry het, ook by hierdie Godmens van jou weer opnuut bevestig te sien nie.

[14] Die vergoddeliking van `n groot, en op die een of ander vakgebied beroemde mens is al so oeroud, dat mense die oorsprong daarvan nie meer kan vasstel nie, en dit het by ons al van oudsher spreekwoordelik geword dat daar geen groot, beroemde man bestaan sonder goddelike inspirasie nie. En ook vir jou nuwe God, wat volgens wat die mense sê, `n Galileër is, geld vas en sekerlik presies dieselfde.

[15] Hy is `n mens met ongetwyfeld uitsonderlike talente en vermoëns, wat hy in een of ander vanouds beroemde skool ontwikkel het, en nou doen hy fabelagtige dinge wat vir ons leke wonderbaarlik is, en daarvoor kom hom ook alle eer toe; maar dat hy hom daarom teenoor ons mense, net soos die wyses uit die ou oertyd, as `n God aanbied, dit gaan te ver, dit sal iemand met `n natuurlike gesonde verstand nooit heeltemal goedkeur nie. Ek sou my baie graag deur hom laat genees en hom daarvoor ook die gewenste beloning gee; maar dat ek hom vir die genesing dadelik as die een, enige ware God moet aanneem en vereer, dit gaan nie by my op nie, vriend, ondanks sy leer, wat werklik baie suiwer is.

[16] Wie dit wat jy ons hier oor hom vertel het as `n vasstaande waarheid kan glo, goed, laat hy dit glo en in die geloof van hom so gelukkig moontlik lewe en sterwe; wat my aangaan sal ek die geluk waarskynlik nooit met hom deel nie!”

[17] Die Romeinse regter sê: “Julle is tog almal net soos ek, wakker manne met baie ervaring, en sou vir die waarheid van alle waarhede dus wel ontvankliker kan wees as wat julle nou is!

[18] Oral glo die mense in één of ook in verskeie goddelike wesens; maar geen mens kan volgens volle waarheid beweer dat hy ooit so `n goddelike wese onder die mense aan die werk gesien het en daarby self op onbedrieglike wyse dit ervaar het wat ek hier meegemaak het nie.

[19] As julle nou nie van my kan glo dat `n mens, aan wie alle kragte en elemente gehoorsaam is en aan wie die engele uit die hemele Hom op wonderbaarlike wyse ten dienste staan, `n God is en dit ook onfeilbaar moet wees, so begryp ek nou eers goed hoe moeilik Sy suiwer goddelike leer by die mense van die aarde ingang sal vind.

[20] Het julle dalk ooit `n suiwerder God gesien, dat julle nou kan beoordeel of Hy, van wie ek tot in detail vertel het wat Hyself alles sê en doen, `n egte God is of nie? Kortom, julle kan nou glo wat julle wil - maar ek sal my lewe lank by my geloof bly en sal daarvoor die ewige lewe van my siel ontvang, en wel des te werkliker omdat ek dit nou diep in myself voel en in die toekoms nog duideliker in myself sal voel.

[21] Waar sal en kan daar voorheen `n ware God gewees het: `n Besingde God, waarvan ons daar helaas ontelbares het, wat almal dood is en van wie ons mense nog nooit wonderbaarlike werke ondergaan het nie, of `n lewende mens, voor wie se almagtige woord en wil alle kragte van die hemele en van hierdie aarde hulle totaal gehoorsaam buig?

[22] Ek dink dat so iemand die God is, van wie alle Judese en ons nie onbekende wyses voorspel het dat Hy in hierdie tyd in vlees en bloed as JaHWeH na die mense van hierdie aarde toe sal kom en hulle sal teruggee wat hulle deur hulle traagheid, liefde vir die wêreld en heerssug, verloor het.

[23] En nou is hierdie Godmens daar, en Hy leer en werk volkome in ooreenstemming met die ou beloftes. Waarom sou ek eintlik ter wille van julle nie aan die grootste heil van my lewe glo, wat julle om werklik oppervlakkige redes nie kan glo nie? Ek bekla werklik iedereen wie se geloofsoë nou nie te oop is nie.”

[24] Na hierdie woorde van die regter weet die ander nie wat hulle daarteen moes inbring nie; want hy was deur My in sy hart verlig en lê hulle steeds die mees gefundeerde bewyse voor.

[25] Eers die derde dag slaag hy om hulle gelowig te maak, waarna hy hulle ook in die middag na My toe bring, en Ek hulle ook genees. Daarop raak hulle vervul van geloof en prys die moeite wat die regter gedoen het, omdat hy hulle ook tot die grootste lewensheil gebring het. Hulle bly nog saam met die regter die hele vierde dag by My en laat hulle in alles onderrig, waarby ons RafaEl weer baie te doen gehad het.

[26] Die vyfde dag reis hulle die oggend na die oggendmaal vol dankbaarheid en geloof en met volkome gesonde liggame terug na hulle families; sommiges na Tirus en ander na Sidon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205