Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor spaarsaamheid

225 Hierop vra die herbergier aan My: “Majesteit en Heer, hoe werk dit eintlik met die veel geroemde deug van spaarsaamheid, wat ook tot die belangrike lewensbeginsels van die Romeine behoort? Want daar is `n gesegde: “Wie in sy jeug spaar, hoef in sy ouderdom geen armoede te ly nie!”, en daardie lewensbeginsel is ook by die Judeërs te vinde, byna nog meer as by die Romeine.”

[2] Daarop sê Ek: “By die Romeine bestaan egter ook nog `n ander lewensbeginsel, wat as volg lui: “In medio beati!” of te wel: “die goue middeweg!” Ek sê vir jou dat die regte spaarsaamheid `n deug is, solank dit nie te ver gaan en so lank daar nie `n medemens in die omgewing van `n te spaarsamige mens min of meer benadeel word nie; want as daardie laaste die geval by die spaarsaamheid is, hou dit op om `n deug te wees, gaan maklik oor in gierigheid en word sodoende `n ondeug.

[3] Daarom is menige mens wat baie oorvloedig, maar nie oordrewe nie, met sy besit omgaan, vir My beter as `n al te spaarsamige mens; want `n kwistige mens laat ook sy medemense daaraan deel hê, en die slegte aan hom is enkel die gereeld te onverstandige gebruik wat hy van sy aardse goedere maak; want daardeur rig hy meer kwaad aan as dat hy goed doen.

[4] `n Baie spaarsamige mens laat uiteindelik heeltemal niemand meer iets goeds toekom nie, skraap alles vir homself bymekaar onder die predikaat dat mens vir sy huis en gesin moet sorg. Maar Ek sê vir jou: Die vuur van jou liefde vir jou gesin mog soos `n lig wees wat mens in die nag aansteek; maar jou liefde vir die kinders van ander, arme ouers mog wees soos `n groot vuur, waardeur `n groot gebied in die wye omtrek verlig word!

[5] Wie dit wat Ek nou gesê het, by sy huishoudelike spaarsaamheid in ag neem, sal van My in alle opsigte geluk en seën in oorvloed kry, en daardie geluk en die seën sal voortaan ook by sy huis en sy gesin bly. Wie dié lewensbeginsel, wat Ek nou onder woorde gebring het, nie in ag neem nie, sal meemaak dat sy kinders en verwante, dit wat hy so moeisaam bymekaar gespaar het, maar al te gou en gereeld op die liederlikste wyse verspil en dan baie vinnig met allerlei nood en ellende te kampe kry. Doen jy dus alles verstandig en wys ooreenkomstig My leer, en dink by alles goed na oor die gevolge en die uiteindelike resultaat van jou handeling!”

[6] Daarop sê die herbergier: “O Majesteit en Heer, ek dank U uit die diepste grond van my hart vir hierdie baie wyse les, en ek is des te blyer daaroor, omdat dit al sedert my jeug gedeeltelik tot my lewensbeginsels behoort het en in die toekoms nog steeds meer sal behoort.”

[7] Hierop sê die opperstadsregter: “Majesteit en Heer, ook ek sal dit diep in my hart prent en ook in praktyk bring, dat my liefde vir my vrou en kinders tot `n ware lig moet word; maar met my liefde vir die kinders van ander, arme ouers, wil ek `n hele stad in vlamme sit, en die lig van die brand sal alles wyd en syd verlig! - Is dit so goed, Majesteit en Heer?”

[8] Ek sê: “Dit sal jy wel sien as jy handel volgens My Woord; handel dus, en lewe!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205