Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die twee vreemdelinge uit Nineve

149 Toe Ek dit aan die steeds verbaasder kykende herbergier gesê het, wou hy nog iets sê; maar daar kom juis twee vreemdelinge by die deur van die herberg, wat klop en binne gelaat wil word.

[2] Die herbergier vra My onmiddellik wat hy moes doen.

[3] Ek sê: “Vra jou hart na die grondbeginsels van die ware naasteliefde, dan sal sy jou onmiddellik sê wat jou te doen staan!”

[4] Die herbergier dink nou dadelik aan wat Ek hom in My lang betoog gesê het, en wat sy ou fout was; hy staan dadelik van tafel op en laat die twee vreemdelinge binne.

[5] Toe die twee by ons die kamer binnekom, vra die herbergier hulle waar hulle vandaan gekom het en wat hulle wens.

[6] Een van hulle, wat gebrekkig Hebreeus kan praat, sê: “O vriend, ons kom van baie ver! Miskien weet jy wel waar die buitengewoon groot en magtige vroeër Nineve gestaan het, en nog twee flink dagreise verby die stad woon ons in `n meer as ellendige toestand.

[7] Ons was ons tiran van `n koning enkele silwerstukke verskuldig aan uiters brutaal opgelegde belasting, en binne ons toegestane termyn van slegs sewe dae kon ons daardie bedrag nêrens bymekaarskraap nie. Ons het om barmhartigheid en geduld gevra, maar alles tevergeefs. Mens gee ons ten antwoord: as aan één mens die barmhartigheid verleen word, dan sal ten tyde dat die belasting betaal moet word weldra die hele volk voor die troon van die koning kom staan en om barmhartigheid smeek. Daarom geen barmhartigheid nie! En dadelik gryp mense alles wat ons besit en ontsien ook ons vrouens en kinders nie, maar neem hulle gevange. Na baie smeek gee mense ons eindelik `n termyn van drie maande om te bedel, om die verlangde silwerstukke bymekaar te kry en hulle na die kas van die koning te bring; as ons dit nie kan nie, sou ons vrouens en kinders aan Indiese slawehandelaars verkoop word en ons sal die land nie meer mag inkom nie.

[8] Kyk, gelukkige onderdaan van die wyse heersers van Rome, so gaan dit nou onder ons tiran, wat behalwe homself en sy groot hofhouding, niemand as `n mens beskou nie; en ons het hierdie verre reis onderneem om by julle, wat verseker beter medemense is, om ons silwerstukke te vra, sodat ons weer sonder probleme na ons land kan terugkeer en ons vrouens en kinders uit die harde gevangenskap kan bevry. Daarmee weet jy, gelukkige herbergier, nou heeltemal waar ons vandaan kom en wat ons wens en soek.”

[9] Die herbergier sê: “As daar verder niks tot julle diens is nie, kan julle vinnig uit die nood gehelp word! Maar nou het ek nog `n vraag, en dit is, of julle honger en dors het!”

[10] Die een sê: “Albei; want ons kom vandag van die gebied van die Eufraat en het onderweg niks te eet of te drink gekry nie. Ons waterflesse, wat ons baie vroeg in die oggend met water uit die Eufraat gevul het, het ons teen die middag leeg gemaak, en tot nou toe het ons nêrens meer water ontdek nie.”

[11] Die herbergier het baie te doen met die twee vreemdelinge, staan vinnig op, bring hulle sout, brood en wyn en sê aan die vreemdelinge dat hulle dadelik aan `n tafel kan gaan sit om hulle met brood en wyn te versterk.

[12] Met `n dankbare blik na bo gerig reik die twee onmiddellik na die brood en ook na die wyn, en laaf en versterk hulle.

[13] Die herbergier vra aan My watter godsdiens die twee eintlik bely.

[14] Ek sê aan hom: “Vriend, vir hierdie twee mense is dit op die oomblik nog nie die tyd dat Ek met hulle gaan praat nie! Praat jy nou dus maar alleen; Ek sal wel later daarby kom!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205