|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 36
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer en die Romeinse kommandant
36 In die oggend vroeg was die herbergier die eerste op die been en reël alles vir die bereiding van `n goeie oggendmaal, waarna hy sy vrou, sy kinders en sy knegte en diensmaagde voluit aan die werk sit. Dadelik daarop staan ons ook op van ons russtoele en banke aan die tafel en gaan `n bietjie na buite; want vanuit hierdie stad het mens werklik `n pragtig uitsig oor `n groot deel van die mooi Jordaandal en oor die wye, breë en nog baie vrugbare hoogvlakte.
[2] Hierdie oggend verloop egter nie so rustig as die nag nie; want toe ons weer na die huis terugkeer vir die oggendmaal, tref ons voor die huis al baie van die volk aan, wat merendeels uit heidene bestaan. Die reeds genoemde kommandant, met nog enkele van sy ondergeskiktes, ontbreek nie en ewemin die ou rabbi.
[3] Almal doen naarstig navraag na die wonderbaarlike genesing van die seun wat aan jig gely het; hulle vertel dit soos wat dit gebeur het, waaroor almal hulle buitengewoon verbaas.
[4] Daarop sê die kommandant met `n ernstige gesig: “Sal ek julle eers iets sê?! Iemand wat in staat is om sulke dinge te doen, sonder enige hulp van uiterlike middele, is `n God en geen mens meer nie! Ek het al verskeie kere wonderwerke deur bepaalde towenaars gesien - maar ek het baie gou daaragter gekom hoe hulle hulle wonderwerke doen; maar wie kan hier agterkom hoe hierdie man die sieke genees het?”
[5] Sommiges vind wel dat Ek met ander magiërs iets in gemeen het en dat Ek ook deur `n groot geselskap begelei word, en dat mense ten slotte nie kon weet waaroor dit presies gaan nie.
[6] Maar die kommandant bly by sy bewering, laat hom nie van wysie af bring nie en sê: “Sy begeleiers sal nooit in staat wees om Sy Woord en Sy Wil te versterk nie; want as mens so `n sieke genees soos die seun van die Judese herbergier, kan daar nooit iets bereik word deur `n bepaalde afspraak of deur `n geheime samewerking nie. Ons sou hier alles saam kan afspreek om ons wil vas daarop te rig dat my oudste dogter, wat al drie jaar in die bed lê met `n ongeneeslike siekte, gesond sal word, so sal ons niks daarmee bewerkstellig nie; maar as die Man dit heeltemal alleen sou wil, sal my dogter sekerlik baie gou net so gesond word soos die seun van hierdie herbergier!”
[7] So praat die mense voor die huis van die herbergier oor My, terwyl Ek met die leerlinge reeds aan die oggendmaal sit; want ons het onopgemerk deur die volk weer die huis aan die agterkant binnegegaan, en die personeel en die kinders van die herbergier het van hulle die opdrag gekry om My aanwesigheid nie te verraai nie, behalwe wanneer iemand van Myself opdrag daarvoor kry. Ewemin mag hulle vir die volk niks sê oor die wonderbaarlike ontstaan van die wyn nie.
[8] Toe ons klaar was met die oggendmaal, sê Ek vir die herbergier: "Laat die kommandant nou met sy ondergeskiktes, die ou rabbi en die herbergier van die Griekse herberg binnekom, so sal Ek met hulle praat!”
[9] Daarop gaan die herbergier onmiddellik na buite om die boodskap aan die genoemdes oor te dra.
[10] Hulle gee dadelik gehoor aan die oproep, en toe hulle by ons in die kamer kom, vra die kommandant dadelik na My by die herbergier.
[11] Die herbergier bring hulle na My toe en sê: “Vir Hom wat op hierdie stoel sit, sal ek altyd my knieë buig!”
[12] Daarop sê die kommandant: “Ook ek, my vriend!”
[13] Hierop maak die kommandant `n diep buiging voor My en sê toe: “Groot Heer, `n ongehoorde wonder het U alleen in die huis verrig, en my daarmee `n getuienis gegee dat U geen mens is soos ons nie, maar na volle waarheid `n God moet wees! As U dit egter onmiskenbaar is, bewys ons die groot barmhartigheid en sê ons wat ons eintlik van ons verskillende geloofsake moet dink!
[14] Ek het alles ondersoek: ons leer van die veelgodery, die opvattinge van die ou Egiptiese, Griekse en ons Romeinse filosofie. Verder het ek ook die Judese leer van die een God, al hulle profete en wyses noukeurig bestudeer; die laaste is egter moeilik en vir die grootste deel selfs heeltemal nie te begryp nie, omdat hulle `n al te fantastiese, dikwels onsamehangende taal gebruik en beelde gebruik wat hulself goed, maar behalwe hulle, baie min dit begryp. Ek het ook gepraat met baie uit die ver geleë môrelande oor bonatuurlike dinge, oor hulle godsbegrippe en oor die wyse waarop die menslike siel na die dood voortleef en dit het ek ook gedoen met die mense in die suidooste en noorde van Europa.
[15] Maar wat het ek daar gevind? Ek sê dit eerlik: Alles - behalwe dit wat ek soek, naamlik `n waarheid wat my oortuig en wat ek kan begryp.
[16] Die geloof in één of ook verskeie onsigbare goddelike wesens is oral goed aanwesig - maar hoe verskillend! Dit is nie nodig om hier die bykans eindelose doolhof weer te gee van al die bonatuurlike fantasieë van die mense met betrekking tot hulle godsbegrip en die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam nie, maar dit gaan hier alleen om die egte lewensvraag: Welke leer bevat die waarheid? Het al die mense wat op verskillende maniere in baie gode glo gelyk, of hulle wat in één God glo?
[17] As ons na die wette van ons Romeinse reg kyk, wat andersins goed is, en derhalwe die mees dienstig is vir die voortbestaan van die gemeenskappe van mense en selfs volkere, lyk ook ons veelgodeleer, wat natuurlik baie vervorm is, maar uiteindelik tog die grondslag gevorm het vir ons wyse en so regverdig moontlike staatswette, en nog altyd die leer te wees wat die mees geldigste is. Maar die Judese leer van één God, wat baie ooreenkomste vertoon met die oer-Egiptiese leer, lyk tog om baie nader aan die groot lewenswaarheid te staan, hoewel dit nou onder die Judeërs baie sterker vervorm is as die van ons; want mense hoef maar met `n enigsins skerp blik na die uiters goddelose en gewetenlose doen en late van die Judese priesters in Jerusalem te kyk, om te sien en te erken dat dit baie dommer en slegter is as die van ons veelsoortige en verskillende priesters.
[18] U, goddelike wonderdoener, sal my sekerlik in `n paar woorde die korrekte lig van die waarheid kan gee!”
[19] Ek sê: “My vriend Pellagius, kommandant oor hierdie stad en drie ander stede, Abila, Golan en Afek! Ek het hoofsaaklik ter wille van jou hierheen gekom, omdat Ek goed weet dat jy al sedert byna dertig jaar ywerig na die waarheid gesoek het, maar tog nie in staat was om haar te vind nie.
[20] Maar omdat jy die waarheid gesoek het, soos maar weiniges van jou volk en rang, het Ek, die ewige Oerwaarheid Self, na jou toe gekom; in My het jy dan ook al die volle, heldere en suiwer waarheid gevind en My lig sal jou só deur en deur verlig, dat jyself nog `n lig vir baie ander sal word.
[21] Maar jou oudste dogter Veronica is siek, en geen arts kan haar help nie; as jy dit glo en wens, sal dit met haar beter gaan!”
[22] Heeltemal oorweldig van blydskap sê die kommandant: “Ja, Heer en Majesteit vol goddelike krag, ek glo dit, soos wat miskien maar sommiges in die hele Judese ryk, en wens ook as haar vader die genesing van my dogter uit alle krag; maar ek is nie waardig dat U, Heilige, onder my heidense dak kom om daar, my dogter wat al naby die dood staan, te genees nie.
[23] En dat ek die volste geloof skenk aan U woorde, bewys reeds die feit dat ek my nie verwonder het toe U, wat `n vreemdeling is en hierdie streek nog nooit besoek het nie, my naam ken, wat ek as bewys van eer van hierdie stad gekry en weet van my gesag oor die drie stede wat U ook nog noem en nou ook die naam van my siek dogter; want my gemoed sê my immers dat U `n God is en dat alles vir U moontlik is. Ek glo ook dat my dogter vas en verseker gesond sal word, as U ook maar één woord oor haar sal uitspreek!”
[24] Ek sê: “Waarlik, so `n geloof het Ek nog nie in die volk Israel aangetref nie! Dit geskied vir jou ook volgens jou geloof! Stuur nou iemand na jou huis en laat jou dogter, wat nou reeds gesond is, hierheen bring, sodat julle haar kan versterk met hierdie wyn en brood!”
|
|
|
|
|