|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 175
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Leiding in die wêreld aan die anderkant
175 (Die vader:) “Daarna loop ek weer my hut uit en tref alles nog presies so aan soos tevore. Toe dink ek by myself: “Alles goed en wel; maar tog is en bly ek alleen! As ek nou maar die vroeëre vriend by my sou kan wens om hom my dank te kan betuig vir die goeie raad wat hy my gegee het!” By hierdie wens kyk ek in die rigting van die verafgeleë dorp wat ek al vroeër genoem het, en sien hoe weldra vanuit die dorp verskeie mense in my rigting begin te beweeg.
[2] Hulle kom weldra naby, en onder hulle herken ek ook baie gou die vriend, wat my vroeër in die sandwoestyn die goeie raad gegee het, en hy sê aan my: “Wek nou in jouself `n opregte gevoel van liefde, medelye, erbarming en weldoen, dan sal daar weldra verskeie mense na jou toe kom met wie dit nou nog net so gaan soos wat dit met jou gegaan het! Deel dan jou lewensbrood en jou lewenswyn met hulle, dan sal hulle spoedig daarna gelukkiger word en jou bure word! Laat egter diegene, wat niks van jou wil aanneem nie, ooreenkomstig hul wil weer verder trek en `n plek en `n onderdak soek, dan sal dit verder met hulle net so gaan soos wat dit met jou by jou soeke gegaan het! Bly jy egter van nou af aan steeds groei in liefde, erbarming en in die lewende verlange om aan arme blindes soveel moontlik goed te doen; daardeur sal jy self steeds maar ryker en daardeur ook gelukkiger word!”
[3] Daarna keer die ene, wat my in my eensaamheid besoek het, weer terug, en opnuut volg ek die verdere raad van my nog onbekende vriend op. En kyk, weldra kom daar `n groot groep behoeftige siele na my toe, en ek vra hulle of hulle iets kan sien en waarneem.
[4] Hulle antwoord: “Tot nou toe nog maar net `n eindelose grasveld onder ons voete en `n grou newel bo ons!”
[5] Ek loop my hut in en bring vir hulle brood en wyn.
[6] Enkele van hulle sien die brood en die wyn onmiddellik, toe ek aan hulle sê: “Hier het julle brood en wyn; versterk julleself!”
[7] Vele ander merk dit egter nie op nie en dag dat ek opsetlik die spot met hulle wil dryf, en hulle trek verder.
[8] Diegene egter wat die brood en wyn aanneem, sien ook dadelik my hut en die hele mooi landskap, en hulle bly by my. Ek onderrig hulle op die manier soos wat ek self geleer was, en weldra word my voorheen, eensame hut omring deur `n groot aantal ander goed ingerigte hutte; sodoende kry ek my eerste dorp en my eerste geselskap en bly daar self so lank, totdat ek my innerlik deur die liefde vir my naaste steeds grootser en wyer gemaak het.
[9] Na die verwyding word die omgewing ook baie gou wyer, lewendiger en mooier, en ek word daar steeds gelukkiger en meer verlig; en namate die innerlike lig haar meer in my uitbrei en my dinge voor die gees roep, was dit ook baie vinnig daar.
[10] In die toestand begin ek ook te dink aan my verwante wat ek in die wêreld agtergelaat het en hul my gedagtes mee te deel, naamlik dat daar na die wegval van die liggaam `n onvernietigbare lewe van die siel bestaan.
[11] En kyk, spoedig daarna kom jou moeder en susters na my toe, en ek kan met hulle spreek, netsoos nou met jou! Hulle glo wat ek hulle vertel en het dit ook aan jou vertel; maar by jou vind dit tot nou toe geen geloof nie, omdat jy jou met jou hele denke, liefhê en wil te veel in die starre uiterlike wêreld begeef het.
[12] Tot slotte wil ek nog opmerk dat die goeie vriend, wat my as eerste in die woestyn die goeie raad gegee het, wat sy gelaatstrekke betref, baie gelyk het soos hierdie Heer waarlangs jy sit, en by die eerste aanblik van Hom voel ek in myself die vae idee opkom dat Hy die Heer van hierdie en ook van ons wêreld is. Ek spreek nou wel met jou - maar nie asof dit op `n ander plek is nie, maar enkel op die plek waar ek woon. Daaruit kan jy aflei dat dit vir my nie nodig is om my verblyfplek te verlaat om met iemand in hierdie wêreld om te gaan nie - maar waar ek is en spreek, daar is ook die plek waar ek woon.
[13] Origens vestig ek nog jou aandag daarop dat jy, wat jou siel betref, in die uiterlike wêreld nou ook op louter sand rondswerf en dat jy bo jou, dit wil sê in jou verstand, alleen maar `n donkergrys newel het.
[14] Hierdie aarde en wat jul daarop en daarbo sien is ook enkel `n deur die allerhoogste Gees geskape oord, presies soos my dorp in die kleine deur my geskape is.
[15] Die liefde van die groot Gees, Sy buitengewoon helder liggedagte, Sy almagtige wil en Sy groot barmhartigheid, is die oerelemente waaruit Hy sulke wonderbaarlike oorde vorm gee en ook in stand hou, so lank Hy wil. In hierdie wêreld sien jy dus niks anders as so `n oord, wat vanuit die groot Gees in `n bepaalde orde tot bestaan gebring was nie; vir jou siel bly dit egter alleen maar sigbaar as iets bestaande, so lank jou siel nog met materie omhul is.
[16] As die omhulsel van jou afgeneem word, dan is jy sonder plek, sonder enige vaste bodem en sonder `n bepaalde lig bo jou - behalwe wanneer jy reeds in hierdie wêreld die weg na jou innerlike gevind het. Dan gaan dit aan die anderkant natuurlik anders; want dan kom alles, die plek en wat vir jou nodig is, al met jou saam na die anderkant en hoef jy nie eers aan die anderkant deur `n vriend op hoogte gestel te word hoe mens by ons `n woonplek en geselskap verkry nie. - Onthou dit, my seun!”
[17] Nou wil die seun nog verder met sy vader spreek.
[18] Hy sê egter nog terwyl hy begin vertrek (die vader): “Vir al die oorblywende wat jy nog wil weet moet jy jou in jou hart wend tot die Een wat langs jou sit; want Hy ken alle dinge, op hierdie wêreld en in die van ons!”
[19] Na hierdie woorde verdwyn die gees.
|
|
|
|
|