Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer seën die woeste gebied van die roofsugtige herders

162 Die herbergier vra My of Ek nie nog enkele dae by hom wil bly nie.

[2] Maar Ek sê aan hom: “As jy in My glo, My voortdurend liefhet en volgens My leer leef en handel, sal Ek altyd in die gees by jou bly, maar met My liggaam sal Ek nie meer lank op hierdie aarde wees nie; want My tyd loop ten einde, en Ek het nog veel te doen in ander stede en dorpe; daarom sal Ek met My leerlinge dan ook onmiddellik verder na die suide reis.”

[3] Daarop bring die herbergier nog nuwe wyn en vars brood; ons neem iets daarvan tot ons, staan toe van tafel af op en maak ons gereed om verder te trek.

[4] Toe Ek die herbergier en sy hele huis geseën het, bedank almal My en die herbergier self vergesel ons nog ongeveer twee uur ver, by welke geleentheid Ek hom nog menige lewensgeheim onthul, waardeur hy baie getroos word.

[5] Daarna keer hy weer terug na sy huis en ons trek nog ruim `n halwe dagreis verder na die suide, en wel oor baie woeste en dorre grond; daar tref ons slegs enkele herders met hul maer kuddes aan, wat ons toeloop om óf `n aalmoes van ons te vra óf in die ergste geval af te dwing.

[6] My leerlinge, wat met mekaar `n aansienlike groep mense gevorm het, konfronteer hulle egter en sê dat hulle hul moes terugtrek, anders sou hulle iets ergs oorkom; op daardie dreigement sit die op hoop gelope herders, wat ongeveer dertig man was, ook nie sulke tevrede gesigte op nie, en hulle begin te skel en teen hulle tekere te gaan. Enkele leerlinge, wat die Arabiese taal magtig was, verstaan dit en - selfs My Johannes en die apostel Petrus - sê aan My (die leerlinge): “Heer, het U geen bliksems en geen vuur meer vir die ellendige gespuis nie? Laat tog netsoos oor die Sodomiete bliksem en vuur reën oor die boosaardige rowersgespuis!”

[7] Ek sê aan die leerlinge: “Altoran, dit beteken: o kinders van die donder en van die toorn! Moet Ek hierdie armes nog meer straf as wat hulle alreeds gestraf is? Doen hulle liewer goed in plaas van hulle erg te bedreig, dan sal hulle julle dadelik `n beter getuienis en beter woorde gee!”

[8] Daarop laat Ek die herders na My toe kom en sê aan hulle: ”Kyk net, arme gebruikers van die woeste gebied, goud en silwer het ons nie by ons nie, en Ek as die Heer wel die allerminste; en ook al sou goud en silwer ons julle skenk, dan sou julle dit in hierdie uitgestrekte woesteny van weinig nut wees! Maar Ek kan iets anders vir julle doen, wat vir julle van nut sal wees. Kyk, julle en julle kudde het weinig te eet en ook byna geen water nie! Ek het die mag om julle gebied te seën, en dan sal julle en ook julle kudde baie gou geen gebrek meer hoef te ly nie. As julle dit goedvind, sal Ek dit ook doen.”

[9] Alle herders sê: “Majesteit en Heer, as U dit kan - waaraan ons nie twyfel nie, omdat U dit het gesê het - sal dit vir ons onuitspreeklik veel beter wees as wanneer U al hierdie steenklompe in goud en silwer sou verander, terwyl ons te midde van die skatte saam met ons kudde aan die hongerdood prysgegee sou wees.”

[10] Na die woorde van die herders hef Ek My hande op, dank en seën die gebied, en onmiddellik het die hele streek voldoende gras en ook bronne, en die hutte van die herders word voorsien van brood en sout.

[11] Toe die herders dit sien, val hulle voor My neer, prys My uitbundig en sê dat Ek geen mens nie, maar `n god was; want nóg Moses, wie se naam hulle ken, nóg sy volgelinge sou ooit daartoe in staat gewees het.

[12] Daarop bring hulle ons melk en brood en ons neem almal `n bietjie daarvan, sit ons reis verder voort onder vele lofprysings van die herders en hoor nog ver weg die luide gejuig van hierdie gelukkige herders.

[13] Onderweg sê Ek aan My leerlinge: “Oordeel nou self wat die beste is: goed doen aan diegene wat jou kwaad wil doen, of kwaad met kwaad vergeld? Daarom moet julle in die toekoms julle vyande liefhê en seën, en goed doen aan diegene wat julle kwaad wil doen; so sal julle gloeiende kole op hulle hoofde stapel en daardeur vele vriende maak!

[14] Doen in alle dinge soos wat Ek doen, dan sal julle op julle reis in My Naam met weinig stene des aanstoot te make hê! Maar wee, as julle diegene wat dreigend op julle afkom ook dreigend tegemoet tree en dit hulle dadelik wil vergeld! Dan sal julle veel teënspoed op aarde te verduur kry! Liefde wek altyd weer liefde op - toorn en straf egter weer toorn en wraak!”

[15] Dit griffel die leerlinge in hulle hart en hulle belowe My dat hulle dit tot aan die einde van hul lewe in ag sou neem.

[16] En Ek sê aan hulle: “Die meeste van julle sal dit wel doen, maar Ek sien ook enkele onder julle wat hulle, ondanks hierdie raad van My, by vervelende geleenthede tog van bedreiging en straf sal bedien; maar daardeur sal hulle nooit `n goeie vrug tot volkome rypheid bring nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205