Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die geestelike ooreenstemming van die vernuwing van die vervalle kasteel

58 (Die Heer:) “Maar sodat ook julle weet waarom Ek nou hierdie ou, vervalle kasteel, waarin konings vroeër gewoon het, weer opgerig en as te ware weer heeltemal opnuut opgebou het, moet julle let op wat Ek julle nog gaan sê:

[2] In die eerste plek kom die opnuut oprig van hierdie ou koningskasteel ooreen met die feit dat Ek die ou, geheel vervalle geloof in die een, enige ware God, nou weer oral opnuut tot lewe bring.

[3] Daar is van die ou kasteel van die geloof nog wel enkele verweerde, verbrokkelde en vervalle waarheidsreste aanwesig; maar dit deug nie meer as lewenswoning van My liefde en erbarming vir die siele van My kinders nie, soos wat julle ten tye van die koning van Salem was, maar dit deug nog slegs as woning vir hulle wie se gemoed geheel en al soos die van die ongediertes lyk wat hierdie kasteel al `n lang tyd herhaaldelik en in baie vorme bewoon het.

[4] Die kasteel was sodoende `n getroue beeld van hoe dit nou met die geloof in God en met die hou van Sy wette daar uitsien, en wel veral in en rondom Jerusalem.

[5] As daar geen volledige verbetering en ommekeer na My sal plaasvind nie, sal Ek die stad en iedereen wat aan haar kant staan nog erger besoek as wat Ek ten tye van Lot, Sodom en Gomorra besoek het; en daarmee wys Ek julle op die tweede rede waarom Ek hierdie kasteel nou opgerig het en weer heeltemal opnuut opgebou en van alles voorsien het!

[6] As My oordeel oor die goddeloses in Jerusalem en wye omgewing kom en My weinige getroues op die vlug sal slaan, sal hulle ook hierheen kom. Neem hulle ook op, en maak sodoende in julle nou die opnuut opgewekte geloof heeltemal lewend deur die werke van die liefde in My Naam!

[7] Die oordeel wat oor die stad Jerusalem toegelaat sal word, sal julle, ou liede van hierdie plek, in jul liggaam wel nie meer meemaak nie, maar die jongeres onder julle en hulle kinders sal dit meemaak. En as dit gebeur, dink aan wat Ek julle nou gesê het!”

[8] Nou sê die oudste met diep ontsag vir My: "O Heer, Heer! Groot en meer as heerlik is U Naam! Enkele maande gelede het ons snags `n uiters merkwaardige ligverskynsel aan die uitspansel waargeneem, waarvan die beelde ons met groot vrees en angs vervul het. Aanvanklik verskyn daar groot vuurpilare, wat skynbaar tot aan die sterre reik. Die pilare verenig hulle op wonderbaarlike wyse en styg op, en omdat ons niks meer daarvan kon sien nie, dink ons dat dit `n vuurverskynsel was, weliswaar seldsaam, maar tog van natuurlike aard was. Maar al gou daarna begin die hele hemel te gloei. Ons sien die stad van Salomo en groot leërs, wat die stad beleër en uiteindelik met tempel en al geheel verwoes.

[9] Later, al meer teen die oggend, was daar heeltemal in die weste nogmaals `n ligverskynsel te sien. Wat dit voorgestel het, kon niemand van ons ontraaisel nie. Maar die middelste verskynsel vertoon `n sterk ooreenkoms met wat U, o Heer, ons nou oor Jerusalem verkondig het. Dit het sekerlik betrekking op die voorspelling wat U nou maak?”

[10] Ek sê: “Ja wel, My vriend, maar nou sal ons nie verder daaroor praat nie! Sorg in plaas daarvan nou vir `n aandete; vir al die ander het Ek al gesorg!

[11] Die oudste sê vir My: “Heer, Heer! Miskien wil ons aardse gebieder, die wyse kommandant, ons iemand besorg wat die kookkuns magtig is; want ons het al baie jare niks meer gekook nie, het geen vuur en in hierdie omgewing ook geen brandhout vir die stoof nie. Daarom is dit vir ons in drieërlei opsig onmoontlik om vir U en hulle wat by U is, `n gekookte aandete te berei, hoewel alle groot en klein voorraadkamers deur U barmhartigheid meer as vol is met allerlei voorrade. Daar sal deur U barmhartigheid ook wel vir brandhout en vuur gesorg word; maar wat help dit, as geeneen van ons in staat is om te kook en `n ete voor te berei nie?”

[12] Ek sê: “Ou man, jou eerlikheid geval My, want wat julle kookkuns betref, het jy die volle waarheid gespreek. Maar die kommandant het sy dogter en twee van sy ondergeskiktes al opdrag gegee om met `n paar van jou mense in die groot kombuis, waar ook `n visbekken is, wat nou vol vis is, vir ons en julle almal `n goeie aandete voor te berei.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205