|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 117
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die burgers van Afek bewonder die nou vrugbare omgewing
117 Nadat ons in die herberg die welbereide middagmaal tot ons geneem het, waaraan ook die heidense priesters, wat in die herberg agtergebly het, deelneem, kom daar ook `n paar ander vooraanstaande burgers van hierdie stad na die herberg, wat nog niks oor My weet nie.
[2] En een van hulle (burger) sê vol verbasing vir die herbergier: “Weet julle nog nie dat die hele wye omgewing van ons stad groen geword het en in bloei staan nie? Sou dit `n gevolg van die aardbewing wees, of het die gode hulle oor hierdie streek ontferm, as gevolg van die gebede van ons priesters en die offers wat ons hulle gewillig gebring het? Dit is egter geen grap nie, maar volkome erns!”
[3] Die herbergier sê: “Jy vertel ons niks nuuts nie; want ons weet dit ook en is buitengewoon bly daaroor! Maar ons weet nog meer as julle. Gaan maar net na my heuwel, wat in die weste buite die mure van ons stad lê, en daar sal julle `n nuwe, baie ryklik stromende waterbron vind, waarmee ons hele groot stad meer as voldoende van uitstekende water voorsien kan word! Ons sal dan ook so spoedig as moontlik ons uiterste beste doen om die water na die stad te lei om daarmee ons reeds volkome droog geraakte kelderputte te vul; ons sal geen gebrek aan water hê nie en sal ook ons kuddes nie meer in die diep klowe en dale hulle skraal voer hoef te laat soek nie. Gaan nou maar na buite en oortuig julleself!”
[4] Toe die burgers dit van ons herbergier gehoor het, buig hulle voor die kommandant, wat hulle goed ken, en begewe hulle almal dadelik na die genoemde plek.
[5] Toe hulle die ryk bron aantref, kom daar geen einde aan hulle verbasing nie, en een van hulle, wat nog taamlike sterk in die heidense gode glo, sê: “Luister, nou moet ons vóór alles met die priesters oorleg pleeg dat daar so spoedig moontlik op hierdie heuwel `n tempel vir die God Neptunus gebou moet word, as dank vir so `n groot barmhartigheid en weldaad wat hy ons nou bewys het, en ook dat daar tot groter eer van die God `n eie Neptunuspriester deur ons onderhou moet word, vir wie ons in die omgewing van hierdie bron ook `n mooi groot woning wil en sal bou!”
[6] `n Ander sê: “Ons sal alles doen wat ons priesters ons opdra; want alleen hulle weet wat daar gedoen moet word. Ons weet dit nie; daarom sal ons volgens ons kragte doen wat hulle in die naam van die gode sal bepaal.”
[7] Daarmee was almal dit eens, hulle gaan die stad in en wys ook baie ander burgers daarop. Want nog geen mens in die hele stad het geweet van die wonder, ten eerste omdat dit nouliks enkele ure bestaan het, en ten tweede omdat die plek in die stad, vanweë sy genoemde onvrugbaarheid, maar selde besoek word.
[8] Toe die ander burgers ook van hierdie bron hoor, loop iedereen, jonk en oud, na die plek van die wonderwerk en bekyk dit tot byna teen die aand, en sodoende bly ons verskoon van al die opdringerige mense en kon gou na die middagmaal ongehinderd en maklik voorbereidings tref om verder te reis.
[9] Voordat Ek hierdie plek met My leerlinge verlaat het, vertel Ek die kommandant en ook die priesters wat die burgers by die bron met mekaar bespreek het, en dat die priesters nou goed sou weet wat hulle te doen staan, om te sorg dat die heidendom nie nog dieper sou gaan wortelskiet soos wat dit by hierdie heidene deur hierdie gebeurtenis tog al die geval was.
[10] Toe sê die kommandant: “Dit, o Heer en Majesteit, sal ons met U voortdurende hulp wel weet om te voorkom! In wêreldse opsig is ek hier die enigste gebieder en staan alleen onder die owerste Cornelius, wat teenswoordig in Kapernaum sy residensie het, en die goewerneur Cyrenius, wat dikwels in Tirus en by tyd en wyle ook in Sidon verblyf het.
[11] Aangesien hulle beide U, o Heer en Majesteit, ook baie goed ken en in die hoogste mate agter U heilige lewensaak ten behoewe van ons mense staan en dus die verbreiding van U leer nie sal belemmer nie, hoef ons nie bang te wees dat ons by ons werk vir die hoogste heil van die mense op weerstand sal stuit nie.”
[12] Ek sê: “Sonder weerstand sal die werk vir My ryk weliswaar nie aangaan nie; maar as julle op allerlei klein en af en toe ook groot weerstande stuit, verloor dan nie moed nie, vertrou en glo in My, dan sal julle nie tevergeefs gewerk het nie. Want - soos wat Ek al vir julle gesê het - in hierdie tyd, waarin die mag van die hel op hierdie aarde meer as groot geword het onder die mense, het My ryk geweld en groot inspanning nodig, en net hulle wat dit met geweld na hulle toe trek, sal dit as hulle eiendom besit.
[13] Daar sal derhalwe ook oor julle nog allerlei beproewinge en versoekinge kom; maar as dit kom, dink daaraan dat Ek dit al van tevore aan julle meegedeel het.
[14] Wees moedig en stry wys en steeds met alle liefde teen die aanstorming van die wêreld in julle en ook buite julle, dan sal julle met My voortdurende hulp in `n ryk mate goue vrugte oes vir julle werk vir die hemel, en julle vreugde daaroor sal groot en onverganklik wees.
[15] Elke flink arbeider is sy loon werd, en hoe swaarder en moeisamer die werk is, des te groter en `n beter loon is die arbeider ook werd - wat julle goed insien. Maar wie nie meer wil werk nie, omdat die moeite vir hulle te groot lyk, kan ook geen loon verwag nie en sal dan ook nie eet nie, maar honger ly.
[16] As liggaamlike honger al so `n kwelling is, dan sal die geestelike honger des te kwellender wees vir iedereen wat al eens van die brood uit die hemele geëet het, maar verder geen moeite gedoen het om `n groter voorraad van die brood deelagtig te word nie, sodat sy siel vir ewig van die voorraad kan lewe.
[17] Die ware brood en die ware drank uit die hemele is Ek, in die ewige waarheid van alles wat Ek julle geleer het.
[18] Julle het van die brood en hierdie wyn weliswaar `n groot voorraad ontvang; sorg egter nou self daarvoor dat dit nie by julle minder word nie! Om dit kragtig te voorkom, moet julle voortdurend in My Naam werksaam wees! Mog My Liefde julle versterk en My Wysheid julle lei!”
[19] Na die woorde van My staan ons almal op, en almal dank My met baie trane vir die onderrig en vir alle ander weldade wat Ek hulle bewys het.
|
|
|
|
|