Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die samestelling van die menslike siel

22 (Die Heer:) “Dat `n menslike siel en op ooreenkomstige wyse selfs na `n aanvanklike baie onbeholpe liggaam op die manier saamgevoeg is, sal `n dieper denkende en voelende mens uit baie verskynsels, wat hy by homself waarneem, in breë trekke kan vermoed.

[2] Neem die ontelbare aantal baie uiteenlopende begrippe en idees, wat `n siel met slegs enige ontwikkeling uit haar self kan ontwikkel en waarvan sy haar ook `n voorstelling van kan maak - waar of minder waar, dit is nog nie vir alles belangrik nie; as sy nie in `n sekere sin tot `n alomvattende geheel saamgestel sou gewees het nie, sou sy ewemin soos `n os of `n esel in staat gewees het om `n ontwerp vir die bou van `n koninklike kasteel te teken en die kasteel volgens die tekening te bou.

[3] As jy alle verskillende diere bekyk, die in die lug – sowel as insekte en voëls - asook die diere op die vaste aardbodem en die in die water, dan sal jy by die meeste, die vermoë om iets te bou, ontdek. Kyk maar na die bye en ander diertjies in die lug wat min of meer daarna lyk; bekyk die baie verskillende geboude neste van die voëls maar net; en die miere en nog ander insekte in die aarde, die spinnekop en die rusper, verder alle soorte muise, die bewer, wat `n egte hut bou, die jakkalse, wolwe, bere en nog `n groot aantal ander diere, en sien hoe hulle baie doelmatige woninge vir hulleself bou en inrig; kyk verder net na die verskillende diere in die see, veral die skaaldiere - dan sien jy by hulle so `n geweldige vermoë om te bou, dat selfs die beste argitek dikwels hoogs verbaas is daaroor!

[4] Wel nou, elke dier, van die kleinste tot die grootste, het natuurlik `n vermoë om te bou wat aansluit by die eenvoudige intelligensie van sy dieresiel; hy ken bowendien die boumateriaal en gebruik dit op sy eie manier, wat altyd dieselfde is. Maar in die menslike siel is daar ontelbare aantalle van al die dierlik-intelligente vermoëns tot bou aanwesig, en daaruit kan julle, as’t ware deur `n stilswyende bewuswording, ook `n ontelbare aantal voorstellinge en idees saamstel en so geheel nuwe en groot vorme skep.

[5] En so kan die mens dus, wanneer hy ook maar enigsins ontwikkel, allerlei woonhuise in `n baie groot verskeidenheid en tallose ander dinge uit homself uitvind en dit met sy wil, verstand en ywer ook ten uitvoer bring. Kon hy dit gedoen het, as in sy siel nie al die verskillende vermoëns op die getoonde wyse aanwesig sou gewees het nie? Verseker nie; want selfs die mees intelligente dier het, naas die mens, geen fantasie en derhalwe ook geen alomvattende gawe om aan dinge vorm te gee nie.

[6] Nou sê jy by jouself: “Ja, maar waarom moes `n mensesiel die vermoëns eintlik via so `n lang en moeisame weg verkry?”

[7] Ek sê vir jou: Die ewig beste en mees wyse Boumeester van alle dinge en wesens weet die allerbeste, waarom Hy op hierdie aarde juis die weg vir die ontwikkeling van `n volmaakte mensesiel ingerig het, en My woord moet vir jou hierin voldoende wees. As jy in jouself meer voleindig sal wees, sal jy ook die rede vir jou lang en moeisame weg insien.

[8] Julle Romeine, die Grieke en die Fenisiërs en ook die Egiptenare glo in sielsverhuising en glo heden ten dage nog net so daarin soos die Perse, Indiërs, die Chinese aan die ander kant van die hoë berge in die wye, groot en verre ooste en nog `n volk, wat nog verder na die ooste op groot eilande woon*, wat omspoel word deur die grootste see van hierdie aarde, en ook nog baie ander volkstamme op die wye aarde. Maar oral is die waarheid, wat die oervaders van die aarde baie goed ken, geheel vervorm en volkome verdraai deurdat hebsugtige mense met verloop van tyd opgestaan het, wat aanvanklik leraars van die volk en later priesters vol eersug en heerssug geword het - want die ware toedrag van die sielsverhuising sou vir hulle geen tribuut en offers opgelewer het nie, en daarom laat hulle die menslike siele weer terugverhuis in die diere in en in die diere lyding deurstaan, van welke lyding slegs die priesters hulle in ruil vir groot offers kon bevry.” *(Die Japanners)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205