Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die Egiptiese astrologie en ander dwalinge

130 Ek sê: “Vriend, die ou Egiptenare het die dinge vir die grootste deel geken, en ook Moses en vele ander wyses het dit geken, en Moses het `n groot boek daaroor geskryf, wat tot in die tyd van die konings bewaar gebly het. Maar vir die priesters, wat die aardse goedere nagejaag het, lewer die kennis veel te min op; daarom gryp hulle na die Egiptiese astrologie en voorspel aan die blinde mense daaruit allerlei goeie en slegte dinge en laat hulle so goed moontlik daarvoor betaal.

[2] Dat dit wat hulle die mense uit die sterre voorspel, meestal in vervulling gaan, het hulle geweet, deur met hulle geheime komplotte goed daarvoor te sorg. Diegene vir wie hulle iets goeds voorspel het, betaal vanself graag meer as wat hulle van hom vra - en diegene vir wie hulle iets slegs voorspel moes hulle daarna tot die priesters wend, omdat hy homself vir hom tot God sou wend en iets beter vir hom af te smeek. Daarvoor moes hy egter ook die verlangde offers bring, en so was die priesters nooit aan die kortste end nie, óf hulle iemand nou iets goeds óf dan wel iets slegs voorspel; die slegte kom egter veel gereelder te voorskyn as die goeie, omdat dit hulle meer wins oplewer as die goeie.

[3] Daaraan kan julle nou heel maklik sien, om welke redes die priesters met verloop van tyd meestal die natuurlike waarhede in valshede en leuens verander het. Want hulle het gedink dat dit daar nie so belangrik was of iemand die een of die ander oor die sterre sou glo nie, want om daarheen te gaan en hulleself daarvan te oortuig, of dit met die dinge so of anders gesteld was, sou immers tog nie moontlik wees nie.

[4] As hy volgens hulle, maar in `n God glo en Sy gebooie hou, doen hy genoeg; wat die gedaante van die aarde en die sterre van die hemel betref, was dit beter vir hom as hy geen gegronde en ware kennis daaroor besit het nie.

[5] Maar in hulle wêreldse blindheid bedink hulle nie dat `n klein dwaling die mens maar al te gou en maklik tot `n groter en van daaruit tot `n groot aantal dwalinge en onwaarhede van allerlei aard verlei.

[6] En dat dit nou by alle volkere die geval is, dit leer die goeie kennis julle wat julle van alle kante oor die toestand van blindheid van die mense besit.

[7] As die mense ooit oor alle sigbare dinge van hierdie wêreld waarheidsgetroue kennis sal hê, sal die op goud en skatte beluste priesters hulle nie meer hulle ou domhede as geloofwaardige waarhede kan voorhou nie en sal die ou, bose nag van die priesters tot `n einde kom.”

[8] Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, dit sien ek nou wel baie duidelik in; maar nie minder duidelik nie, sien ek ook die groot probleem, wat vanself sal optree, as ons die een of ander wat in die ou dwalinge gewortel is, heeltemal volgens waarheid in hierdie natuurlike dinge gaan onderrig. Want ten eerste sal ons dit baie moeilik en gebrekkig aanskoulik vir hom kan maak sonder die passende middele, wat U daar vanuit U goddelike mag sonder moeite kon byhaal, en ten tweede sal elke leek ons vra waar ons die kennis vandaan gekry het.

[9] Dan sal ons natuurlik nie nalaat om ons op U te beroep nie; maar daar sal nog baie dit moet voorafgaan, voordat so iemand sal begryp wie U is!

[10] Mettertyd sal daar natuurlik in U mees heilige Naam baie groot dinge tot stand gebring kan word; maar binne `n baie kort tyd sal daar nie besonder veel bereik kan word nie.

[11] Ons sal wel al die moontlike doen en die mense waarheidsgetrou meedeel wat hier alles gebeur het en wat ons gesien en gehoor het, en ons is ook al by voorbaat daarvan oortuig dat ons moeite nie verniet sal wees nie; maar tog sal daar vele by wees wat ons nie sal glo nie.

[12] Dit alles moet ons tog nie in die minste daarvan weerhou om U as die enige ware God, Heer en Skepper van hemel en aarde te verkondig aan die ander mense nie, waarvandaan hulle ook na ons toe mag kom.

[13] Maar nou nog één ding, Majesteit en Heer! Sou U nie vanuit U almag sulke blywende hulpmiddels vir ons wil skep nie, met behulp waarvan ons vir die ander mense makliker aanskoulik kon maak hoe dit in waarheid gestel is met al die groot kosmiese dinge, waaroor ons van U so `n heel duidelike uitleg gekry het?”

[14] Ek sê: “O ja, niks is makliker as dit nie - maar nie van die soort soos Ek dit vir julle gemaak het nie, maar as te ware van leem, om te bewaar, en natuurlik op `n kleiner skaal as die, welke Ek julle op heel natuurlike wyse laat sien het; die res moet julle verstand en julle wysheid dan daaraan toevoeg.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205