Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die oorsake van liggaamlike siektes

182 Ek sê: “Wat jou vraag van gister betref, naamlik oor die dikwels langdurige en swaar siek wees voorafgaande aan die dood van die liggaam en ook oor die meestal baie vroeë dood van kinders: Dit word maar net deur My ook toegelaat om die mense te verbeter, maar daarom is dit nog geen beskikking wat uit die almag van My wil voortkom nie.

[2] Kyk, die oermense, wat steeds in die orde en eenvoud gebly het, wat hulle deur My Gees getoon was, het heeltemal geen wete van `n siekte gehad wat die liggaamlike dood voorafgaan het nie; hulle het meestal `n baie hoë leeftyd bereik, het nooit siek geword nie en het ten slotte heel rustig ingeslaap, en daarby het hul siel geen pyn en geen doodsangs gevoel nie.

[3] Hulle voeding was ook steeds dieselfde, en nie vandag so en môre anders nie. Meestal het hulle van melk, brood en goeie, ryp boomvrugte gelewe; daardie gereg was gedurende hulle hele lewe hul liggaamlike voeding, en om hul dors te stil het vars bronwater gedien.

[4] Om die redes was hul liggaamsenuwees steeds gevoed deur dieselfde goeie, onskadelike sielesubstansies, en daar kan geen kwade, onreine en derhalwe skadelike sielesubstansie die liggaam binnesluip nie; daarom bly die mense steeds kragtig en gesond, sowel geestelik as liggaamlik.

[5] Maar gesien in hierdie tyd en ook in die veel vroeër tye eens die vele duisende soorte lekkernye waarmee die mense hul maag en hul buik vul, dan sal dit dadelik vir jou duidelik word wat `n ongelooflike groot hoeveelheid van allerlei ongegiste en derhalwe onreine, kwade en skadelike substansies by so `n geleentheid gereeld die hele menslike liggaam in besit neem en dit langsamerhand steeds meer begin te martel en te kwel! Want sulke uiteenlopende substansies raak dan in `n menslike liggaam in `n konstante geveg, wat dit slegs vir `n rukkie kan temper deur sy toevlug te neem tot allerlei, uit ervaring bekende kruie en wortels, en met behulp daarvan die neiging van die inwendige sielesubstansie tot revolusie te stil.

[6] Maar die gesondheid duur nooit lank nie, veral by `n ou mens, tensy hy vir `n langer tyd sy toevlug tot heel eenvoudige liggaamlike voeding sou neem, wat egter gewoonlik nie gebeur nie. Want as die mense, wat hul liggaam betref, deur `n gelukkig gekose medisyne weer draaglik gesonder word, kry die meeste van hulle baie gou weer sin in hul ou lekkernye, word daarna sieker as wat hulle voorheen was, begin te sukkel en kom gewoonlik smartlik aan hul einde.

[7] Kyk, daarom het Moses die Israeliete, wat uit die harde slawerny van Egipte verlos was, die spyskaart voorgeskryf! Hulle wat streng daarvolgens gelewe het, het gesond gebly tot op hoë leeftyd; maar vele verlang maar al te gou na hul Egiptiese vleispotte, en die gevolg was dat hulle spoedig daarna siek, swak en vermoeid geword het en met allerlei liggaamlike siektes hul aardse lewe moes beëindig.

[8] `n Nog groter droefnis in die opsig kom by kinders na vore.

[9] Ten eerste het die ouers vroeër al hier en daar gesondig, en hul liggaam daardeur gevul met `n groot aantal kwade en skadelike sielesubstansies, en die kind is dus deur `n sondige vader in die liggaam van `n nog sondiger moeder verwek. Vraag: Hoe moet daar uit so `n liggaam `n gesonde kind voortkom?

[10] Ten tweede is die moeder tydens haar swangerskap die meeste belus op allerlei lekkernye, en haar familielede kan haar geen beter diens bewys as om die verlange van die swanger vrou soveel moontlik tegemoet te kom.

[11] By die geleentheid kry die kind die tweede stoot teen sy gesondheid. Dit is nie voldoende dat dit al volkome siek uit die moederliggaam gekom het nie, maar dadelik daarna moet dit met `n nog slegter moedersmelk gevoed word. Dit is die tweede, nog veel harder stoot teen die grondveste van die gesondheid van `n kind.

[12] As `n kind nog so gelukkig moontlik, en so gesê heelhuids hierdie twee gesondheidstote deurstaan het, kom daar nog `n derde gesondheidstoot. Die kind word natuurlik groter, guitiger en beminnenswaardiger vir sy omgewing. Dan word hy baie gou bomate vertroetel en van allerlei snoepgoed voorsien; want sulke dom ouers kan hul oogappel niks verbied nie. Maar wat is die gevolg daarvan? Dat die kind al vroegtydig sy maag en die noodsaaklike verteringsorgane sodanig bederf en verswak, dat hy dan al vroeg allerlei liggaamlike siektes kry en ook spoedig sterf.

[13] Vele kinders sterf al in die liggaam van hul moeder, `n veel groter aantal spoedig na die geboorte binne twee tot drie jaar, maar die meeste tussen vier en twaalf jaar. Die kinders wat dan nog `n ryper leeftyd bereik, moet ten eerste verstandige ouers hê, `n kuis en gesonde, eenvoudige lewe lei en hul nie kwaad maak en vererg nie. So kan hulle nog `n baie goeie en draaglike gesondheid bereik en ook sestig, sewentig, tagtig jaar en ouer word; maar dan is hul hoë leeftyd self al so goed as `n siekte, wat nog altyd `n gevolg is van die moederliggaam en vir die merendeel ook afkomstig is van die jeugsonde.

[14] Uit hierdie kort uiteensetting sien jy dat Ek absoluut nooit die veroorsaker van die menslike liggaamlike siektes was nie, maar die mense self, en wel vanaf die tydstip dat hulle ligsinnig en moedswillig My gebooie en reëls, wat Ek hulle altyd gegee het, steeds meer begin te verlaat en hulle verstand en hulle wil volg, wat steeds meer verduister en verward raak deur die kwade geeste wat hulle in die lug, die aarde en die water ophou.

[15] Die oues wis heel goed dat die nag buite geen vriend van die mense is nie; maar tog trag hulle om in die nag hul groot winsgewende planne ten uitvoer te bring. Al sulke dergelik oormatig spekulasie is egter dieselfde as diefstal of moord, wat - soos jy wel weet - meestal in die nag bedryf word.

[16] Die aarde is groot genoeg om nog duisend maal soveel mense te voed as daar nou mense op die aarde lewe; maar die hebsug, die gretigheid en die sug om hulle te verryk, het die landerye afgegrens en gemerk, en diegene wat die rykste, gierigste en magtigste is, het gereeld die grootste en beste stukke land tot hul eiendom gemaak en iedereen vervolg wat hul daarteen wou verset. En so het dit gekom dat menige mens honderdduisend maal meer uitstekende land besit as wat hy nodig het vir die lewensonderhoud vir homself en sy gesinslede.

[17] Daarteen moes dan weer vele honderdduisende na die kuste van die see gaan en daar hul slegte en ongesonde voeding uithaal. Daardeur word die skeepsvaart uitgevind, en die mense vaar wyd en syd langs die oewers van die see en jag stoutmoedig op die skatte en rykdomme wat die see in haar verberg; en so lewe daar hede ten dae baie groot volkere by en van die see, wat gladnie by die eerste mense op aarde die geval was nie.

[18] Maar as dit so is - soos die ervaring leer - hoe kan `n enigsins verstandige mens ook maar in die verte dink dat die volkere, wat in hierdie tyd buitengewoon ver buite die vroeëre orde getree het, netso gesond sou wees en bly soos die eerste mense op aarde, wat reeds nooit vanaf die moederliggaam buite die orde getree het nie?

[19] Die siekword wat teenswoordig die liggaamlike dood van die mense voorafgaan, is derhalwe niks anders as die gevolg van die byna geheel verlaat van die aloue orde, maar is tegelyk ook `n beskermer van in menige mens nog gesonde siel; want dit sorg daarvoor dat die siel haar geleidelik aan uit haar slegte vlees terugtrek, haar daardeur losmaak uit die boeie van die kwade sielesubstansies van haar liggaam en, as die te erg begin huis te hou, haar met behulp van haar beter gees van die anderkant nog betyds vir altyd uit haar liggaam verwyder. Daarna het sy vir ewig nooit meer ook maar die geringste wens om haar ooit weer in `n liggaam te begeef nie - behalwe as sy al geheel en al boosaardig uit haar liggaam getree het en dan, om haar bitter op die vlees te kan wreek, probeer binne te dring in die vlees van `n mens wat nog op aarde lewe om hom op die mees wrede en onbarmhartige wyse te martel, wat julle al dikwels gesien en meegemaak by mense wat deur bose geeste besete was.

[20] En daarmee, My vriend, het Ek jou vraag van gister seker meer as voldoende duidelik beantwoord. Ons sal nou die gasellejag van vandag en meer van daardie soort dinge ietwat van naderby in oënskou neem!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205