|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 169
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die materialistiese kritiek van die opperstadsregter op die ontwikkeling van die mens
169 Ek sê: “Van sulke gelowiges, soos wat jy een daarvan is, het Ek daar al baie bekeer, want hulle is vir My veel liewer as waangelowiges en bygelowiges - daarom sal Ek ook met jou geen probleme hê nie. Maar daar kom die visse! Na die aandete sal Ek verder met jou daaroor praat!”
[2] Toe Ek dit aan die opperstadsregter gesê het, word die visse, uitstekend voorberei, op verskeie groot klipbakke die gastekamer binnegebring, netsoos al die tafelgerei wat vir die eet van so `n aandete nodig is. Ons neem almal dadelik `n vis op ons borde en eet dit vinnig op, omdat hulle heeltemal op Judese wyse berei was, sodat mens tydens die eet geen las gehad het van die grate nie.
[3] Dit smaak vir die opperstadsregter so goed, dat hy nog `n vis op sy bord plaas. Toe hy die ook opgeëet het, sê hy (die opperstadsregter): “Grote Majesteit en Heer, die lewe het tog ook sy aangename kante, wat die dood vanselfsprekend nie kan hê nie, en die aangename bestaan uit die omstandigheid dat `n mens af en toe die geluk het om hom te midde van goeie en wyse vriende te bevind, en in die tweede plek dat mens hom met `n eetlustige maag versterk met `n goed smakende spys en daarna met `n beker goed smakende wyn.
[4] Ja, onder sulke omstandighede sou `n mens natuurlik liewer ewig bly voortlewe as om hom na `n kort lewe deur `n altyd ellendige en pynlike dood te laat vel; in daardie opsig kon ek dit nooit eens wees met die hele natuur en haar steeds eenders werkende kragte nie.
[5] Omdat die mens nou eenmaal moet sterf, sou hy tog ook op `n aangename wyse kan sterf, wat sy hele wese tot soete vervoering bring; maar nee, vir daardie bietjie, meestal baie kommervolle lewe, moet hy ten slotte nog onbarmhartig en smadelik gemartel word, totdat hy uiteindelik deur een of ander almagtige noodlot die hoë barmhartigheid waardig geag word om vir alle ewige tye op te hou om te bestaan.
[6] Hierdie inrigting van die origens so wondermooie natuur, is egter iets wat hom aan ieder regskape denkende mens in hoë mate weersinwekkend, veragtelik en verwerplik moet voordoen, selfs aan iemand wat op die een of ander manier nog met `n gekoesterde bygeloof in sy vlees glo aan `n ewigdurende lewe van sy arme siel; so iemand sou beslis ook liewer op `n aangenamer manier afskeid van hierdie jammerlike wêreld neem as op die manier waarop dit gewoonlik gebeur!”
[7] Ek sê: “Jy het dus skerp kritiek op die skepping, en is gladnie tevrede met die inrigting van alle bestaande lewensomstandighede op hierdie aarde nie nie? Wat meer klop daar nie, behalwe dit wat jy al bekritiseer het?”
[8] Die opperstadsregter sê: “O, groot Majesteit en Heer, as ek alles sou wil bekritiseer wat ek op die beste regsgronde by die inrigting van hierdie wêreld absoluut nie regverdig en billik kan vind nie, sou ek `n hele jaar nodig hê! Maar as vriend van die reg wil ek dit baie kort hou en slegs enkele hoofsake noem; die res kan `n mens dan wel self vir hulleself voorstel.
[9] Kyk net na die ellendige geboorte van die mens, wat in `n sekere sin bestaan as kroon op die skeppende eienskappe van die natuur! Waarom is sy geboorte en sy intrede in die wêreld nie in die minste soortgelyk aan die van die diere nie, en veral die voëls in die lug, wat reeds enkele dae na hul intrede in hierdie natuurlike wêreld die volledige gebruik van hul lewenskragte verkry en hulle tot hul einde daarin kan verheug?
[10] Maar nee, die mens moet armsaliger dan welke dier ookal in hierdie wêreld kom, naak, sonder krag, hulpeloos soos `n klip wat in die pad lê!
[11] As sy ouers nie deur `n soort instinkmatige liefde gedwing was om die nuwe wêreldburger so lank te versorg tot hy die geluk het om `n soort halwe mens te word, sou dit met die lewe en voortbestaan van elke mens wat in hierdie wêreld gebore is, goed afgelope wees - hy sou na sy geboorte geen twee dae lank in lewe kon gebly het nie.
[12] Met die versorging van `n pasgebore kind deur sy ouers gedurende één, twee of drie jaar sou ek nog genoeë kan neem, maar gereeld meer as twaalf, ja soms meer as twintig jaar, totdat die kind deur alle sorg van sy ouers sover gebring is dat hy ten slotte self in die wêreld vooruit kan kom, is egter te veel en ook te dom, en dit doen die skeppende eienskap van die werksame natuurkragte absoluut geen eer aan nie, maar in alle opsigte die teendeel.
[13] As dit die mense geen beter manier van ontstaan kan skenk nie, kan hulle die voortbring daarvan wel vir ewig agterweë laat; want daardeur het hulle vir hulleself by die ontwikkelde mensdom op die wêreld weinig lof verwerf. Maar ek wil op hierdie ellendige gang van sake in die skeppende natuur nou nie al te veel aanmerk nie.
[14] As die natuur in die gestalte van `n mens nou eenmaal ten alle koste `n denkende en van homself bewuste wese op hierdie aarde wil hê, met die bedoeling dat die wese sy Skepper sou leer ken, Hom loof en die eer gee; dan sou hulle, of die Skepper, vir die mens die voorsiening moet tref, dat die mens dit minstens in sy denke sover sou gebring hê soos ek; hy sou dan `n onverwoesbare standvastigheid moes aangeneem het en daarin selfs wys, sterk en gesond moet voortbestaan soos die aarde in al haar vernaamste dele weinig veranderd voortbestaan, netsoos die maan, die son en die oorblywende sterre.
[15] Maar nee, die mens bereik weliswaar na ongeveer dertig of hoogstens veertig jaar wel `n daarop lykende standpunt, as sy oorspronklike lewenskragte tenminste daarop ingestel is - wat egter tot die seldsaamhede behoort, omdat bykans die meeste mense gelukkig reeds as kind weer daarheen terugkeer waar hulle vandaan gekom het. Die mens, wat in alle opsigte sterk geword het, begin egter spoedig na daardie hoogste punt van sy lewe min of meer sieklik te word, en as hy die geluk het om stellig sewentig, tagtig of negentig jaar oud te word, dan is hy daarom nie te beny nie; want so `n ouderdom is geen lewe meer nie, maar net `n steeds gekompliseerde siekte, wat hom netsoos ieder ander mens langsamerhand na die dood en die nie-bestaan voer.
[16] Waarvoor is dit nodig? Hoe kan `n skeppende, wyse Krag dit goed, regverdig en doelmatig vind, terwyl ieder slegs enigsins gewekte menslike verstand dit as onwys en ondoelmatig moet verwerp en as kwaad, sleg en in stryd met die regverdigheid moet verdoem?
[17] My beste groot Majesteit en Heer, dit is die vernaamste argument, op grond waarvan ek alle ander redes van die skeppende natuur om te skep en voort te bring in gelyke mate verwerplik en volslae onwys moet verklaar, en uiteindelik moet ek nog die mense loof, wat hulle in `n baie duister bygeloof aan die slaap laat sus het; want daarin vind hulle salige redes vir vergelding van al die bittere lyding, wat hulle op hierdie wêreld deurstaan het.
[18] Maar selfs die saligheid, wat na die liggaamlike dood verwag mag word, staan onder sulke duimskroewe van dwang en bedrog, dat `n eerlike mens hoor en sien laat vergaan oor die voorwaardes om tot die saligheid te kom; want die moontlikheid dat mens die saligheid nie bereik nie, vorm `n buitengewoon breë weg, terwyl die moontlikheid om die saligheid te bereik in `n so steil, smal en doringrige pad geplaas is, dat `n mens uiteindelik liewer gladnie salig sou wil word nie as hulle die lewenslange omhoogklim onder alle martelings en folterings hulle moet laat welgeval.
[19] En nou, Majesteit en Heer, is ek uitgesproke op my egte Romeinse en stadsregterlike manier; wees nou so goed om my iets beter te sê as wat ek U kon vertel het!”
|
|
|
|
|