|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 203
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die stralende klip van die son
203 Daarop sê RafaEl: “My beste vriend en broer, kyk net na die son, wat nou al `n hele ent in die weste staan! Hoe ver dink jy dat die ster hiervandaan is? Ek weet dat jy dit nie weet nie, en ook al sou ek jou die afstand in julle aardse maat van die veldweg aangee, sou jy die getal nie begryp nie, omdat jy die Arabiese getallestelsel nie ken nie, en `n so groot getal nie met julle Romeinse syfers uitgedruk kan word nie. Maar jy weet wel hoe vinnig `n pyl `n afstand van 50 tot 100 treë aflê; hy sal nie veel meer as vier oomblikke daarvoor nodig hê nie, en derhalwe is die vlug van `n pyl die snelste beweging op aarde wat jy ken. Kyk, `n pyl wat vanaf die aarde na die son afgeskiet word sou - as hy sover sou kan vlieg en die aantrekkingskrag van die aarde hom nie sou verhinder nie - vir so `n reis, naamlik van hier na die son, `n tyd van byna vyftig jaar nodig hê voordat hy op die son sou aankom!
[2] Dat `n mens met sy voete wel enkele honderde jare daarvoor nodig sou hê, spreek vanself. En hoeveel tyd dink jy het ek daarvoor nodig om van hier na die son en weer terug te kom?”
[3] Die opperstadsregter sê: “Ja, my beste hemelse vriend, soos ek dit nou sien sal jy vir die reis ook nie meer tyd nodig hê as van hier na Rome en terug nie.”
[4] RafaEl sê: “Dit het jy goed geantwoord - en kyk, terwyl ek nou met jou praat was ek al na die son gewees en weer terug! As bewys daarvan het ek ook `n klein aandenking van die son vir jou saamgebring.”
[5] Hierop gryp RafaEl met sy hand in die sak van sy mantel, haal daar `n klip uit wat byna net so straal soos die son en toon hom aan die opperstadsregter met die woorde: “Kyk, dergelike klippe is daar op aarde nie; maar op die groot liggaam van die son, veral in die middelste gordel daarvan, wat jy later ook van naderby sal leer ken, is daar buitengewoon baie sulke klippe van verskillende grootte!
[6] Die bewoners van daardie groot hemelliggaam gebruik dergelike klippe om hulle vertrekke wat van binne donker is, te verlig; want die eintlike sonneliggaam is in feite maar net donker. Die lig van die son wat jy sien, ontwikkel op die atmosferiese oppervlak daarvan; alleen na buite toe werk dit in sy volle krag, en na die eintlike vaste sonneliggaam toe nouliks sterker as wat jy die oppervlak van hierdie aarde verlig sien.
[7] Neem jy ook hierdie klip dus maar, dan sal jy daarmee tien jaar lank jou kamers in die nag goed kan verlig; maar na tien jaar sal die lig daarvan steeds minder word. As jy hom egter langer as verligting wil gebruik, stel hom dan elke dag bloot aan die sonstrale; hy sal hom dan daarmee versadig en jou in stede van `n goeie lamp die hele nag as verligting dien. Maar na `n honderd jaar, as hierdie klip te sterk deurdring sal wees van die suur van die aardse lug, sal hy heeltemal ongeskik word vir verligting.”
[8] Daarop neem die opperstadsregter die klip met diepe ontsag aan, bedank daarvoor, wikkel hom in `n skoon doek en stop hom in die sak van sy mantel.
[9] Dit sien natuurlik ook My leerlinge, wat die Romeine heimlik beny en by hulleself sê: “Ons is al so lank by Hom - maar vir ons het Hy nooit sulke wonders gedoen nie. So gou as wat Hy by Romeine kom, doen Hy steeds Sy grootste wonders, en ons kon dit eers by die heidene sien, aan wie Hy dit ook Self of deur die engel RafaEl laat verklaar! Maar toe die aan ons almal bekende vrome Nikodemus in die omgewing van Jerusalem Hom net gevra het hoe die ryk van God daaruit sien, gee Hy hom ten antwoord: “Solank jy nie in die gees wedergebore is nie, sal jy die dinge van die hemel nie kan begryp nie; want jy begryp die dinge van hierdie aarde nie, wat jy tog sien - hoe sal jy dan die hemelse dinge begryp, wat jy nie sien nie?” Waarom sê Hy dit ook nie aan die heidene nie, en waarom net aan die Judeërs?”
[10] En so brom die leerlinge heimlik onder mekaar, en Ek staan op, loop na hulle toe en sê: “Wat brom julle daar heimlik onder mekaar? Laat Ek julle nie getuie wees van alles wat Ek by die heidene doen nie, en het Ek julle nie eers twee dae gelede nog die redes genoem waarom Ek die heidene meer kan toon en verklaar as aan julle?
[11] Wat die kennis van die natuur betref, is julle allerminste op hoogte; die Romeine het egter veel deegliker kennis daarvan en kan die wetmatighede en die samehang van die dinge in die natuur baie goed onderskei. Dit alles ontbreek by julle Judeërs, en dit is al so sedert die tyd van die eerste Rigters, wat ook geweet het hoe alles in die natuur met mekaar te make het, en wel uit die twee boeke van Moses wat julle verwerp het en waarvoor in plek daarvan julle `n kabbala gemaak het, waarvan die inhoud slegter is as die inhoud van welke heidense filosoof ook. Maar Ek belet julle nie om dergelike hoër verklarings mede aan te hoor en dergelike dade mede te aanskou nie. Hoe lank sal Ek julle nog moet verdra, totdat julle die dinge begin te begryp?”
[12] Simon Juda sê: “O Majesteit en Heer, wees tog geduldig met ons; ons sien alweer in dat ons weereens teenoor U gesondig het!”
[13] Ek sê: “Dit is alweer goed; maar laat dergelike gebrom in die toekoms agterweë!”
[14] Dit griffel die leerlinge in hulle hart en word daarna by elke geleentheid veel meer beskeie en gelatener, en Ek keer van hulle af weer terug na die opperstadsregter en RafaEl.
|
|
|
|
|