Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die doen van wonderwerke

220 (Die Heer:) “My evangelie moet weliswaar oor die hele aarde uitgebrei word, maar daarby lê Ek geen enkele ware leraar en profeet die verpligting op, dat alle mense deur die leer tot die volle lig van die waarheid uit My gebring moet word nie - dit is voldoende dat die suiwer leer aan die beter en al meer voleindigde mense gegee word, netsoos die reg om die leer soveel moontlik onder ander mense uit te brei. Heil diegene wat haar aanneem! Maar geen enkele nog so volmaakte leraar en profeet sal teweegbring dat druiwe aan dorings en vye aan distels sal groei nie.

[2] Ek is tog die Heer Self, en julle weet dat niks vir My onmoontlik is nie - maar so lank Ek die mense van hierdie aarde hulle volkome vrye wil moet laat, kan selfs Ek met al My liefde en My beste wil hulle nie tot in die sfeer van My ewige waarheidslig verhef nie. Maar wat Ekself nie kan nie, sal julle des te minder kan.

[3] Julle dink weliswaar dat so-iets deur `n fantastiese wonder vir My moontlik sou moet wees, en Ek sê julle dat julle daarin gedeeltelik gelyk het - maar in die algemeen bekyk, gladnie! Want `n wonderwerk werk wel plaaslik en goed, veral in die tyd waarin die wonder gedoen is - maar op ander plekke moet daaroor vertel word, en dan sal enkele wel daarin glo, maar ander sal sê: “As daar `n wonder gedoen is om geloof te wek, waarom dan nie by ons nie?” En in later opvolgende tye sal selfs die mees fantastiese wonder, netsoos elke ander ding wat gebeur het, des te minder geglo word, namate meer ophef daaroor gemaak word; dit gaan sodoende by die historiese sprokies en fabels hoort, en sal by die oorwegende liggelowigheid van die mense meer dien vir die bekragtiging van hul andersoortige bygeloof en dus nie vir die wek van die ware lig in die hart van die mens nie.

[4] Die mense onderskei absoluut nie `n werklik egte van `n vals wonderwerk nie, beskou beide as iets buitengewoon en laat hulle daardeur tot geloof dwing.

[5] Daarom moet julle ook so weinig moontlik wonderwerke doen, behalwe siek mense genees deur hulle die hande op te lê en die mense doop, wat vol geloof geword het, sodat hulle die Gees van die Waarheid in hulle sal opneem.

[6] Hou julle dus veral alleen aan die suiwer waarheid; want dit alleen maak die mens volkome vry. Al die ander laat in sy gemoed steeds `n meer of minder blywende dwang agter, wat hy nie maklik kwytraak nie. `n Afgedwonge geloof is meestal veel slegter as heeltemal geen geloof nie.

[7] Die Stoïsyne, wat grotendeels uit die leer van die Griek Diogenes voortkom, glo heeltemal in niks nie, en Ek sê vir julle dat hulle vir My as mense veel liewer is as die dom, blinde Judeërs, wat heden ten dage nog glo dat die mis uit die tempel hul akkers, tuine, weiding en wynkelder lewend en vrugbaar maak, en dat iemand God `n veel meer welgevallige diens bewys as hy sy geld as offer in die godskis in die tempel te Jerusalem lê, as wanneer hy daardie selfde geld aan `n ander, arm mens sou gee, wat geruime tyd daarmee geholpe sou wees. Verkondig dus veral net die waarheid en wees spaarsaam met die doen van wonderwerke!”

[8] Hierop sê My Johannes eindelik eers: “Majesteit en Heer, wat my betref sal ek my heel weinig besig hou met die doen van wonderwerke; want ek het nou duidelik ingesien dat die doen van tekens die mens nie soveel baat as alleen die woord nie.

[9] Wie nie deur die ware woord vry word nie, sal deur `n teken nog minder vry word. Weliswaar het tekens beslis iets goeds wanneer hulle deur U gedoen word, aangesien U as enige, die beste in staat is om te bepaal waar dit nodig is om `n teken te doen en van welke aard dit moet wees; maar ons, U leerlinge, sal dit nooit geheel en al kan nie, so lank ons siele met die vlees omhul is. Ek is daarom van mening dat dit beter is om net by die woord te bly, wat deur sy waarheidsgehalte vanself kragtig word en geen bykomende bekragtiging nodig het nie, as dit aan die hand van ons rekenkunde oorduidelik verstaanbaar gemaak kan word.

[10] Moet ek by iemand, aan wie ek uitgelê het dat twee en nog eers twee presies vier is, dalk ook nog `n teken doen wat die rekenkundige waarheid vir hom moet bekragtig? Ek dink dat dit nie nodig is nie; so is ook U uiters eenvoudige leer in sigself soos `n rekenkundige waarheid wat ieder mens, as hy ook maar `n vonkie goeie wil besit, moet insien, verstaan en begryp as hy haar één keer gehoor het.

[11] Want in ieder mens lê ten eerste reeds `n innerlike drang om die Een te soek wat die wêreld en alles wat daarop is, geskape het, omdat so iemand wel kan insien dat die Skepper van al die groot dinge uiters wys, uiters magtig en uiters goed moet wees, en dat `n mens wat Hom aldus herken, Hom wel bo alles moet ag en liefhê en dan ook sy medemens, wat vir hom `n netso wonderbare werk van God is, netso seer moet ag en liefhê as homself. Dit is twee wiskundige waarhede, waarteen niemand enige twyfel kan inbring nie. En dan kom ten tweede die feit dat die mens dit helder begryp dat God se mag en wysheid al die dinge geskape het, daarna ook moet insien dat God dergelike wonders nie tot bestaan geroep het om alleen van vandag of môre, as te ware as tydverdryf van die Skepper te bestaan nie, maar dat selfs die kleinste van Sy werke vir ewig `n steeds hoër bestemming in hulle dra.

[12] Ek glo dat die waarheid ook sonder die doen van tekens vir ieder mens verstaanbaar sal wees; dit kom maar net daarop neer hoe jy dit aan iemand vertel.

[13] Ja, byvoorbeeld die genees van siekes of om die een of ander besetene van sy kwelgeeste te bevry, om sodoende dus aan sy medemens goed te doen, dit is ook werke van liefde; maar dit moet nie gedoen word om daardeur die waarheid te bekragtig nie, maar uit liefde!

[14] Majesteit en Heer, het ek met hierdie eenvoudige woorde korrek of miskien ook nie heeltemal korrek gespreek nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205