|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 218
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die gelykenis van die onkruid tussen die koring
218 (Die Heer:) “Daar was eens `n huisheer wat baie wynkelders, weiding, tuine en akkers gehad het. Hy kry `n buitengewoon edel en suiwer soort koring van sy vader en sê toe aan sy knegte: “Gaan maak `n baie groot akker sorgvuldig skoon, sodat, as ek die suiwer en edel koring op die akker saai, daar geen onkruid daartussen sal opskiet nie!”
[2] Dit het die knegte gedoen, en die koring word ryklik op die skoongemaakte akker gesaai; dit kom vinnig op, en die meester van die akker was opreg bly dat hy geen onkruid sien tussen die koring wat opgekom het nie.
[3] Maar na `n tyd, toe die koring al so hoog staan dat hy are begin te vorm, kyk, toe kom die knegte skielik na die huisheer toe en sê: “Heer, ons het die akker skoongemaak en ooreenkomstig u wil die suiwer koring daarin gesaai; die kom ook suiwer op, waaroor u self baie bly was. Maar kyk nou net: Noudat die koring weldra are moet begin vorm, skiet daar ineens `n groot hoeveelheid onkruid tussen die koring op! As u wil, sal ons daarheen gaan om die onkruid tussenin uit te spit!”
[4] Daarop sê die meester van die akker: “Laat dit maar, sodat julle deur julle werk nie ook die reeds hoog opgegroeide edel koring beskadig nie; want ek weet goed dat `n vyand my dit aangedoen het! Laat dus alles maar ryp word, die koring saam met die onkruid! As die tyd aanbreek wanneer hy ryp is, sal ek die koring deur julle, my dienare, laat versamel en in my skuur bring - en daarna eers die vele onkruid in bondels laat bind, totdat dit verdroog; daarna sal ons dit aan die brand steek en verbrand om die akker verder te reinig!”
[5] Kyk, dit is die beeld waaruit julle moet leer wat julle met betrekking tot die onkruid op My lewensakker te doen staan!
[6] Die edel koring stel die mense voor, wat by My gastemaalstafel `n egte feesgewaad aanhet, maar die onkruid stel in sy geheel die gas voor, wat geen bruilofskleed aanhet nie. Hy bedien hom weliswaar ook net so lank van die op tafel gesette spyse, totdat die skerpsiende gasheer self die gastekamer binnekom - wat die rypword van die edel koring en van die onkruid beteken.
[7] Die feestelik getooide gaste sal behoue bly, en diegene wat nie feestelik gekleed is nie, sal buite in die toornvuur van die gasheer gegooi word, en hy sal dan deur sy verbranding die verontreinigde akker ten slotte self reinig.
[8] Julle sal op hierdie wêreld dus nog heel baie, nie feestelik geklede gaste teëkom, en heel baie onkruid tussen die suiwer koring sien opgroei; maak jou maar nie al te druk daaroor nie en laat alles rypword - en wag af, totdat die groot Gasheer Self kom! Dan sal saam met Hom ook die regte tyd van skeiding kom, en iedereen sal die loon ontvang waarna sy goeie of slegte liefde gestreef het. Want in My huis is weliswaar baie saligmakende wonings, maar daarnaas ook baie kerkers, en diegene wat aan My vele kerkers die voorkeur gee bo die saligmakende wonings en daarna strewe om dit te bewoon, sal ook kry wat hulle begeer; ons sal hulle nooit as te nimmer deur watter mag ookal, daar uittrek en ons suiwer hemelse wonings deur hulle laat verontreinig nie. As hulle egter iets beters vir hulleself bedink, dan sal daar aan hulle, wat dit betref, ook geen grense gestel word nie. - Begryp julle dit nou almal?”
|
|
|
|
|