Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die opstyg en neerdaal van engele

197 Nadat Ek dit gesê het, ledig iedereen sy beker wyn, waarna ons almal welgemoed opstaan en ons na die genoemde berg begeef, waarop - soos julle al weet - Moses, My eerste groot profeet, gesterf het.

[2] Binne `n kort halfuurtjie bevind ons onsself al op die berg, waar dit nou veel liefliker daar uitsien as in die oggend; want nou was dit ook in die hele weste helder en vry van newels, en mens kon die hele Jordaandal, benewens `n groot stuk van die Dooie See en die hele streek van die Libanongebergte, en natuurlik ook `n buitengewoon groot aantal stede, plekkies en dorpe, netsoos die ou Dawidstad Bethlehem, en verder na bo, Jerusalem besigtig.

[3] Ongeveer `n uur lank word daar veel oor die geskiedenis van die Beloofde Land gespreek, en dat dit verseker een van die mees geseënde lande van die hele aarde was.

[4] Ten slotte sê Ek: “Ja, julle het gelyk, maar binnekort sal dit daar in die land heel anders uitsien! Enkele van julle en julle kinders sal aan den lywe ervaar dat die aardse paradys van die Judeërs tot `n woestyn gemaak sal word; want omdat die volk die tyd van sy groot beproewing nie herken het en ook dit nie wou herken het nie, sal daar na die groot tyd van barmhartigheid weldra `n ander tyd van oordeel kom, en vele Judeërs sal verjaag en die hele wêreld in gedryf word, en vele sal ook na julle in hierdie sestig ou stede vlug.

[5] Hou diegene van wie julle sien dat hulle van goeie wil is, by julle en gee hulle onderdak; laat die eiesinnige egter verder trek! Hierdie streek van julle sal Ek daarvoor in die wye omtrek seën en vrugbaar maak, sodat julle groot kuddes sal kan hou en baie gars en ook koring kan verbou; ook wynstokke sal julle kan kweek en daar `n passende hoeveelheid goeie wyn van oes.”

[6] Daarop sê die fariseër Barnabas: “Afgaande op U woord, o Majesteit en Heer, sal die ou profeet inderdaad gelyk hê, toe hy gesê het: “Die gebied Hauran sal weliswaar deur heidene vertrap word; maar as die Heer van die heerlikheid dit met Sy voete sal betree, sal dit weer groen word en tot vrugbare land word.”

[7] Ek sê: “Ja, ja, dit sal hy ook, maar tog nog nie in die algemeen nie - want voordat die uitgestrekte Haurangebied in sy geheel weer vrugbare land sal word, sal daar nog wel `n baie lang tyd nodig wees; maar vir enkele honderde jare sal die hoogland in die wye omtrek vrugbaar wees op die plekke wat Ek besoek en waar Ek vrugbare menseharte aangetref het. Wanneer die harte van die mense egter weer hard en droog sal word, sal ook die gebied dieselfde aansien kry as die harte van die mense.”

[8] Hierop sê die fariseër Dismas: “O Majesteit en Heer, ek het ook in die Skrif gelees dat, wanneer U op aarde sal wees, die hemele sal oopstaan en U engele heen en neer sal swewe en U dien. Hoe moet ons dit opneem?”

[9] Ek sê: “Ek dink dat dit vir julle nou nie so onbegryplik hoef te wees nie, aangesien julle self vanmôre op hierdie plek Moses en `n engel aan sy sy gesien het. Origens het die teksgedeelte van die profeet ook `n ander betekenis, wat eintlik die enigste volkome ware is.

[10] Kyk, die hemelryk, wat die eintlike ryk van God is, bestaan vir die mense nie in uiterlike prag en praal nie, maar dit is inwendig in die mens. Die mense wat die ryk van God in hulle opgeneem het - die ryk wat Ekself na hulle toe gebring het - is in hulle hart, wat van liefde vir My en hulle naaste vervul is, ten eerste die hemel self, wat nou oopstaan, en ten tweede die engele self, wat tussen My en hulle opstyg en neerdaal en My in hulle liefde dien!

[11] Want wat julle hemel noem, is as sodanig geen hemel nie, maar deur en deur wêreld, en is deur My geskape vir die periode waarin die mense hul vryheidsproef moet deurstaan; maar wanneer julle jul eie wêreld saam met julle vlees afgelê het, sal hierdie uiterlike, nou sigbare wêreld so goed as nie meer vir julle daar wees nie. Dan sal julle bewoners van `n heel ander wêreld word, wat nie Ek vir julle vanuit My of vanuit julle self geskape het nie, maar wat vir julle vanuit julleself geskape sal wees, en wel vir iedereen na gelang van die soort liefde wat hy vir My en sy naaste het - soos jy, My beste vriend en opperstadsregter, gisteraand hier gehoor het uit die mond van jou reeds tien jaar gelede gestorwe vader, wat Ek aan jou laat verskyn het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205