Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 216

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die ontroue rentmeester

216 Simon Juda sê: “O Majesteit en Heer, wat dit betref, absoluut nie meer nie; maar daar is nog twee ander dinge wat vir my nog nie heeltemal duidelik is nie; maar ek hoop dat, deur U liefde en barmhartigheid, ook die twee kleinighede in `n sekere sin vanself opgelos sal word!”

[2] Ek sê: “Noem vir My die op sy minste twee kleinighede!”

[3] Simon Juda sê: “Ag, Majesteit en Heer, dit loon die moeite eintlik nie, maar omdat U dit wil: Dit gaan om U lof oor die ontroue rentmeester en die wegstuur van die gas aan die maaltyd, omdat hy geen feeskleed aangehad het nie! Want daarin kom twee onbegryplike dinge voor: Ten eerste hoe en waar die gaste, wat deur die dienare van die gasheer, wat by hekke en stegies opgevang en na binne gedu word om aan die gasmaaltyd deel te neem, van die vereiste feestelike kleding voorsien is, en ten tweede waarom die een arme duiwel, wat ook deur die dienare van die gasheer na die gasmaaltyd gestuur word, daaruit gegooi moes word, omdat hy geen feeskleding aangehad het nie. Kyk, o Majesteit en Heer, die man wat daar uitgegooi word en U lof oor die onregverdige rentmeester is vir my nog twee krom lyne, wat ek nog nie reggekry het nie!”

[4] Ek sê: “Het Ek destyds nie aan julle gesê nie: “Doen julle netsoos die onregverdige rentmeester, en vergaar vriende deur die onregverdige Mammon, dan sal hulle julle later, as julle nog geen woning sou hê nie, in hul hemelse wonings opneem!”?

[5] Maar omdat jy, Simon Juda, dit goed begryp, moet jy na My luister, met beide ore tegelyk, sodat dit nie weer via die een oor uitgaan wat die ander opgeneem het nie, en dit sodoende in jou hart bly hang nie! Kyk, elke aardse ryk mens wat veel meer goedere en geld besit as wat hy nodig het vir sy aardse lewensonderhoud, is ten opsigte van My steeds min of meer `n onregverdige rentmeester, omdat Ek die enige ware eienaar van die goedere is, en die goedere wat hy syne noem, is alles bymekaar geneem, `n onregverdige Mammon.

[6] As hy dan met sy onregverdige rykdomme tenminste die armes ryklik bedink het, wanneer die aard van sy siektes, wat My bodes is, baie duidelik vir hom sê: “Die Heer van hierdie goedere het veel teen jou ten aansien van jou onregverdige handelswyse, en jy sal voortaan geen rentmeester meer wees nie!”, dan sal hy vriende maak deur die baie armes wat hy baie gegee het, en as hy dan spoedig daarna naak en verlate in My ryk na hulle toe kom, sal hulle hul oor hom ontferm en hom sy goeie werk aan hulle ryklik vergeld.

[7] Want kyk, toe Ek die aarde geskep het, het Ek geen grense vasgestel nie, die aarde nie met meetlint uitgemeet nie en dus ook nie gesê: “Kyk, dié gedeelte behoort aan hom, dié ander aan `n ander!”, maar Ek het die hele aarde as `n gemeenskaplike besit vir alle mense gemaak. Eers met verloop van tyd het die begeerte, hebsug en heerssug van die mense die aarde begin te meet en met geweld vas te stel: “Die groot stuk grond behoort aan my, en wie my wil dien en vir my wil werk, sal `n klein stukkie land in sekere sin in pag kry; maar desondanks bly ek die meester oor die hele groot stuk grond!”

[8] En kyk, dit was die eerste sogenaamde patriargale wetgewing onder die mense - en hoe onregverdig dit op sigself ookal was, tog was dit die beste en mees regverdige; want as die patriarg, soos gewoonlik `n goeie en godvresende man was, dan was sy onderdane of klein pagters wat aan sy sy was, eweneens goed, want hy het gesorg vir die algemene welsyn van die groot stuk land.

[9] Hy het weliswaar vir sy persoon en sy huis vele duisende male meer besit as wat hy nodig gehad het, en was sodoende ook `n onregverdige rentmeester - maar hy gebruik sy onregverdige Mammon vir louter goeie en doeleindes wat aan My welgevallig is en maak daardeur onder sy onderdane `n groot aantal vriende, ooreenkomstig My wil en welbehae, en Ek moes hom eweneens My welbehae en My lof skenk.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205